praag.co.za

Polisie en myners in skietgevegte

Written by

in

Twee onwettige myners is dood, 4 beseer en 113 gearresteer in ‘n operasie om hulle te verwyder uit ‘n ou mynskag in die Vrystaat Goudvelde.

Superintendent Motantsi Makhele het Dinsdag gesê dat onwettige myners tuisgemaakte ploftoestelle na die polisie gegooi het en mynskagte met lokvalle toegerus het in hulle pogings om te ontsnap. Polisie het teruggeskiet.

Een van die myners is dood en vier is hospitaal toe geneem met koeëlwonde, het hy gesê.

“Die ander myner is dood na hy probeer wegkruip het vir die polisie, en daar word vermoed dat hy versmoor het vanweë die hitte ondergronds.

Makhele het gesê Operasie Zama-Zama het op 16 Januarie begin in die ou skagte in Henneman, Odendaalsrus, Virginia en Welkom.

22 Ondergrondse mynwerkers is ookgearresteer, insluitend 3 kontrakwerkers.

Die wat gearresteer is, sal ‘n totaal van 514 klagtes in die gesig staar wat wissel van poging tot moord tot oortredings op die plofstofwet, diefstal van myneiendom, besit van gouddraende materiaal en betreding.

Gedurende die ondergrondse operasie het die polisie beslag gelê op geïmproviseerde ploftoestelle, geïmproviseerde ontstekers, knaldoppies, lonte met knaldoppies, lontkoord, kompakte gevormde ladings, elektriese ontstekers en rotsbreek ladings.

Hulle het ook 2042 kilogram gouddraende materiaal ter waarde van R1,2 miljoen gekonfiskeer, amalgaamballe ter waarde van R152,38, R40, 060 in kontant en voedsel.

Dit word vermoed dat die kontant gebruik is vir betalings wat ondergronds gemaak is, soos om kos en plofstowwe te koop, het Makhele gesê.

Daar sal nog soortgelyke operasies in die toekoms wees, het provinsiale polisiekommissaris Amon Mashego gesê.

“Ons ondersoeke toon dat die plofstowwe wat ons gekonfiskeer het, dieselfde is wat gebruik word in die opblaas van OTM’s, dus het die operasie nie net ‘n duik gemaak in die onwettige myners se operasies nie, maar ook in die sirkulasie van die plofstowwe,” het hy gesê.

Verlede week het Mpumalanga se polisie gewaarsku dat “die maag van die aarde” die onwettige myners sal insluk wat probeer om op onwettige manier ryk te word in die “ingewande” van die goudmyne in Barberton.

Dit was nadat die liggame van 19 onwettige myners, ook bekend as Zama-Zamas gevind is in die Consortmyn. Ten minste nog een liggaam moet nog uitgehaal word, het kaptein Leonard Hlathi gesê.

Hulle is dood van rookinaseming na ‘n vuur ondergronds uitgebreek het op 21 Februarie.

Polisie het 86 onwettige myners gearresteer in die naburige Shebamyn.

“Daar is vasgestel dat sommige van die mense wat onwettige myners is by die myne die land onwettig ingekom het, en dit gaan moeilik wees om hulle lande van oorsprong vas te stel,” het Hlathi gesê.

хамам что этоФильчаков Александр Васильевич

Comments

Leave a Reply