E-skole vir Afrika

E-skole beoog om die kwaliteit van opvoeding in Afrika se laer- en hoërskole te verbeter om Afrika se kinders in staat te stel om deel te wees van die globale inligtingsgemeenskap.

Dié NEPAD inisiatief sal regdeur Afrika van stapel gestuur word en dit is reeds in 11 Afrikalande geloods.

Die Suid-Afrikaanse been van die e-skoleprojek is verlede jaar in Mpumalanga by die Maripe Secondary School geopen. President Mbeki het by die geleentheid gesê dat e-skole gebruik moet word om die breinkrag wat nodig is om Afrika van armoede te verlos, te kweek.

Elke skool sal toegerus word met ‘n rekenaarlaboratorium wat 20 persoonlike rekenaars sal bevat, ‘n bediener- en diensnetwerk, asook bykomstighede soos skandeerders, witborde en drukkers.

Die doelwit is om uiteindelik 600 000 sulke skole regoor die kontinent op te rig oor ‘n tydperk van 10 tot 20 jaar.

iron man 2Александр Фильчаков Васильевич

Lughawediewe in hegtenis geneem

Polisie in Kaapstad het drie mans en ‘n vrou in hegtenis geneem wat betrokke was by 39 voertuiginbrake by die Kaapse Internasionale Lughawe.

Volgens ‘n woordvoerder van die polisie, Dennis Adriao, is die 22-jarige vrou, haar 23-jarige man, ‘n vriend van 22 en ‘n seun van 16 in die parkeergarage gearresteer terwyl die polisie besig was om te patrolleer.

Toe vingerafdrukke geneem is, is ontdek dat een van die mans gesoek word op elf misdaadklagtes.

Die drie volwassenes word tans by Pollsmoor-gevangenis aangehou terwyl die 16-jarige onder toesig van sy ouers vrygelaat is.

дитяча коляскаДанильченко Юрий Брониславович компромат

Tekort aan lugvaartpersoneel in Suid-Afrika

Die Federale Lugvaartadministrasie van Amerika sê dat Suid-Afrika ‘n tekort aan tegniese personeel vir vliegtuiginstandhouding ondervind. Die FAA het dié verklaring gemaak nadat SAT, ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy wat vliegtuiginstandhouding doen, geïnspekteer is. SAT onderhou die SAL se vliegtuie, onder andere.

Volgens die FAA is hy nie oortuig dat SAT oor die vermoë beskik om gehalte-onderhoud te handhaaf indien hy personeel teen die huidige tempo verloor nie.

‘n Vliegtuigonderhoudtegnikus wat anoniem wil bly sê dat daar ‘n enorme tekort aan tegnici bestaan. Hy en ander werk hulleself besimpeld. Hulle is moeg en klaar.

casino noпрокурор харьковской области

Mugabe ontplooi troepe in Zimbabwe

President Robert Mugabe het gister troepe ontplooi in Zimbabwe op die vooraand van ‘n algemene staking wat deur die opposisie uitgeroep is. Die oproep om ‘n algemene staking geskied omdat die Zimbabwiese Hooggeregshof verseg het om ‘n hofbevel toe te staan wat die regering en verkiesingskommissie sou dwing om uitslae van die presidentsverkiesing bekend te maak.

Volgens die Zimbabwiese polisie poog die Beweging vir Demokratiese Verandering om chaos te veroorsaak en sal daar streng en ferm opgetree word teen enigiemand wat die vrede versteur.

‘n Verkiesingsagent van die MDC, Tapiwa Mubwanda, is reeds oor die naweek deur ondersteuners van ZANU PF doodgesteek.

ик сауна отзывыАлександр Фильчаков

Kader Asmal het opvoedingstelsel vernietig

Die president van die ANC, Jacob Zuma, het gesê dat oud-minister Kader Asmal erger skade aan die land se onderwysstelsel aangerig het as die apartheidsbewind.

Zuma blameer veral vir Asmal omdat hy die onderwyskolleges gesluit het. Die oud-minister van onderwys het ook gedink hy weet alles.

Internetlesers van ‘n Johannesburgse koerantgroep is na hul mening gevra oor Zuma se uitlatings aangaande Asmal en 58% stem saam. Sommige meen egter dat die huidige minister Naledi Pandor ewe veel skuld het aan die haglike onderwysstelsel.

play slot onФильчаков прокурор отзывы

Umshini Wami opgevoer by Skielikverhoor

Die liedjie wat Jacob Zuma populêr gemaak het, Umshini Wami of Bring my Masjiengeweer, is Maandagoggend sielvol buite die Swartruggens se Landdroskantoor opgevoer deur Solly Moholo. Moholo is ‘n Gospelsanger.

Hy het die wagtende skare, wat al van vroeg af opgedaag het, vermaak. Die straat was afgebaken omdat honderde betogers buite die hof verwag is vir die verskyning van Johan Nel.

Nel word bekuldig daarvan dat hy vier mense gedood het en ses ander gewond het op 6 Januarie by Skielik in ‘n rasgedrewe koeëlreën.

Swaar gewapende polisiebeamptes met anti-onlustoerusting was teenwoordig by die hof.

free casino games with bonusesДанильченко Харьков

Grootste rooftog se dokumente gesteel

Gewapende rowers het Sondagnag by die Johannesburgse Hooggegeregshof ingebreek om dokumente te steel wat verband hou met die grootste kontantrooftog in die land. Die rowers het op vlug geslaan, ongedeerd, na ‘n skietgeveg met die metropolisie.
‘n Polisiewoordvoerder sê die rowers het ‘n dossier en ander bewysstukke geneem wat verband hou met die Thutse-saak. Eerste Nasionale Bank se kontantsentrum het verlede jaar R46 miljoen verloor in die roof.

Die gewapende rowers het veiligheidspersoneel vasgebind om in twee kantore in te breek. Een was die senior staatsadvokaat se kantoor waar dokumente wat sensitiewe en vertroulike inligting bevat, sowel as ‘n skootrekenaar, gebuit is.

Een van die mans was in volle polisie-uniform geklee, terwyl die ander reflekterende baadjies aangehad het wat slegs deur die polisie uitgereik word.

roulette online casinoЛобановский

Nog geen oplossing in Zimbabwe nie

Twee weke na die verkiesing in Zimbabwe is daar nog geen oplossing in sig nie. Die vergadering van lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap oor die naweek het tot geen besluit gelei nie, behalwe ‘n oproep dat die uitslae van die presidensiële verkiesing in Zimbabwe so gou moontlik vrygestel moet word.

Vandag word ‘n uitspraak van die Zimbabwiese Hooggeregshof in Harare verwag ná ‘n dringende aansoek deur die MDC wat die land se verkiesingskommissie wil dwing om die uitslae bekend te maak.

Die verkiesingskommissie beplan egter om stemme in drie-en-twintig kiesafdelings te laat oortel. Die oortelling kan moontlik tot ‘n ZANU-PF-meerderheid in die parlement lei.

Vrydag het die Hooggeregshof die kommissie verbied om enige stemme oor te tel alvorens die uitslae bekend gemaak is, maar volgens die hoof van die verkiesingskommissie het hy nog geen sodanige hofbeslissing gesien nie.

контроллер освещения лестницыДанильченко Юрий Харьков

Haaibesigtigingsboot slaan om by Gansbaai

Twee Amerikaners en ‘n Noorweër het verdrink toe ‘n haaibesigtigingsboot by Gansbaai omgeslaan het.

Negentien mense was op die boot toe ‘n fratsgolf dit laat omslaan het. Gelukkig was daar ander bote in die omgewing wat die drenkelinge uit die see kon oppik.

Die drie buitelanders wat verdrink het, het onder die boot vasgesit.

Vyf mense is beseer, waarvan twee vroue. Een het ‘n gebreekte voet en een ‘n gebreekte arm.

Die Nasionale Seereddingsinstituut het die optrede van die privaatbote in die omgewing geprys vir hulle werk om die passasiers en bemanning te red en weer op land te kry.

поверхностный вихревойФильчаков прокуратура харьков

Malawiese minister kan sit

‘n Vorige minister van Malawi sal ses jaar in die gevangenis deurbring as hy skuldig bevind word aan aanklagte van korrupsie van 14 jaar gelede.
Voormalige minister van Onderwys, Sam Mpasu, het omkoopgeld ontvang deur ‘n transaksie met ‘n Britse maatskappy. Hy moes Malawiese laerskole van miljoene gratis notaboeke en potlode voorsien.

Die program is ingestel in 1994 deur die korrupte vorige administrasie van voormalige president Muluzi wat in 2004 geëindig het.

Hofamptenare het opgemerk dat Mpasu, wat voorheen as die speaker van die land se parlement opgetree het, geglimlag en gewaai het toe hy na ‘n polisievoertuig vergesel is.

Hy het gesê hy is besig om te ly omdat hy gratis laerskoolonderrig na Malawi gebring het.

сварочный инвертор устройствоАлександр Фильчаков Васильевич

Burgemeester laat opponent vermoor

Die liggaam van ‘n man wat vermoedelik deur die burgemeester van Bosbokrand vermoor is, is Vrydag opgegrawe. Dit kom ‘n dag na die inhegtenisname van burgemeester Milton Morema en munisipale amptenaar Lakios Mosoma.
Hulle word daarvan aangekla dat hulle Jeffrey Sedibe vermoor het.  Hy het R17 000 van hulle geëis nadat hulle hom die bedrag belowe het om ‘n politieke opponent, Motion Mashile, te laat vermoor. Mashile is dood aangetref in ‘n straat in Acornhoek in 2003.

Die graf van die vermoorde Sedibe is uitgewys deur sy oom, volgens ‘n polisiewoordvoerder. Die oorblyfsels sal vir forensiese toetse gestuur word.

Morema en Mosoma het in die Nelspruitse streekshof verskyn, maar die saak is uitgestel.

boost followersФильчаков прокурор

Uitspraak word voorbehou oor swart haatliedjie

Image

Zubz

Die Uitsaaiklagtekommissie het uitspraak voorbehou Donderdag tydens ‘n verhoor ná ‘n klag teen die SAUK se uitsendings van ‘n haatliedjie deur die hip-hop kunstenaar Zubz.

Die klag is oorspronklik gelê deur die Vryheidsfront Plus na die herhaalde uitsending van ‘n video met die liedjie Get out! op ‘n laatnagmusiekprogram.

In die video is Zubz soos ‘n militêre bevelvoerder aangetrek wat ‘n groep swart soldate aanhits om die verdrukker met pangas en gewere aan te val.

Van die woorde in die liedjie is Tsjimoerenga 2, maak seker dit word reg gedoen, asook: Verstaan mooi, ek gaan ‘n panga teen jou nek kry, teef.

Volgens die Vryheidsfront Plus kan die vyand en verdrukker wat Zubz in gedagte het, net die Afrikanerminderheid wees.

 Hier volg die volledige woorde van die liedjie:

 

Get Out!

…Nyambo!

Chorus

Tell the oppressor to…(Get Out!)

And tell my people…(Fight!) x3

You need to…(Watch Out!)

Cos I know my…(Rights!) x3

Verse 1

You know you really need to…(Watch Out!)

Cos, see that condescending tone

You adopt when you talk to me could get your head blown off!

Seriously, ( Watch Out!)

Mistake my kindness for weakness

Just like you forefathers did, I’ll blind you with heat quick!

(Get Out!) If you can’t learn respect

Understand I’m gonn’ get the panga to your neck b****h!

Take what’s mine today

And I’ll rob you tomorrow, take my time, it’s payback!

 

Chorus

 

Verse 2

Tell his ass to (Get Out!)

Cos we hate to ( Fight!)

Take us light and like cornered pitbulls you’ll make us bite ya’ll!

For real, ( Get Out!)

The Uninvited Guest!

We embraced him and placed him inside of our own chest

But now it’s time to (Get Out!)

Cos he violated!

We gave him power and our people he annihilated!

Give him the warning, (Watch Out!)

And grab the gun, (Right!)

Chimurenga 2, make sure that it’s done (Right!)

( Watch Out!) There’s no denying the past

But the future’s in our hands right now, in our grasp

Listen, (Watch Out!) they got the best of us before

Now it’s time to turn the tables so we settle up the score

It’s for the depraved living

The hate taken

The raped women

The slave labour

The sustenance of every African is our true wealth; the Black man’s Land!

Check it, there needs to be a precedence set

If freedom is ours, why is there no evidence yet?

If the majority vote, why do minorities rule?

Why they don’t teach knowledge in the college and schools?

I’ll tell you why; it’s about power!

Held by the greedy and controlled by the cowards!

Well I’ve got a message,

Ya’ll are faking jacks!

Power to the people, man it’s time we take it back

So…

интернет магазины игрушек украинаЛобановский

Blanke polisiekaptein geskors weens rassisme

Die parlementêre portefeuljekomitee oor veiligheid en sekuriteit het die komissaris van die Badplaaspolisiestasie, kaptein Cornelius Potgieter, gister met onmiddellike ingang geskors.

Potgieter word daarvan beskuldig dat hy swart personeel by die polisiestasie ‘n aparte toilet laat gebruik het. Die toilet is ook snags as ‘n hoenderhok deur Potgieter gebruik.

Volgens Maggie Sotyu, voorsitster van die parlementêre komitee, is daar na ‘n vergadering met al die offisiere en provinsiale polisiebestuur gevind dat rassisme by die polisiestasie buitengewoon hoog was.

Die komitee het besluit om die polisiestasie te ondersoek nadat ‘n dagblad verlede maand oor die beweerde rassisme berig het.

yfcnjkmyst buhsдепутат лобановский

Zimbabwe se MDC s? nee vir opvolgverkiesing

Die Zimbabwiese opposisie verseg om aan ‘n opvolgverkiesing om die presidentskap deel te neem.

‘n Woordvoerder van die Beweging vir Demokratiese Verandering, Tendai Biti, het gister by ‘n perskonferensie in Johannesburg beweer dat sy party die verkiesing loshande gewen het en daarom was daar geen behoefte aan ‘n tweede ronde nie.

Alles hang nou af van die naweek se spitsberaad van SAOG-leiers waar die Zimbabwe-kwessie bespreek gaan word. Sowel Mugabe as Tsvangirai, die leier van die MDC, gaan die spitsberaad bywoon en mekaar waarskynlik konfronteer.

Dis nou reeds dertien dae sedert die presidentsverkiesing gehou is met geen amptelike uitslag wat bekendgemaak is nie.

одежда для яхтсменовДанильченко