Haaibesigtigingsboot slaan om by Gansbaai

Twee Amerikaners en ‘n Noorweër het verdrink toe ‘n haaibesigtigingsboot by Gansbaai omgeslaan het.

Negentien mense was op die boot toe ‘n fratsgolf dit laat omslaan het. Gelukkig was daar ander bote in die omgewing wat die drenkelinge uit die see kon oppik.

Die drie buitelanders wat verdrink het, het onder die boot vasgesit.

Vyf mense is beseer, waarvan twee vroue. Een het ‘n gebreekte voet en een ‘n gebreekte arm.

Die Nasionale Seereddingsinstituut het die optrede van die privaatbote in die omgewing geprys vir hulle werk om die passasiers en bemanning te red en weer op land te kry.

поверхностный вихревойФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae