Opposisiewetgewers het uit protes uit die Kamer gestorm voor die stemmery, volgens wat Reuters berig.
Biya se tweede termyn verstryk onder die huidige grondwet in 2011, maar hy het dit reeds duidelik gemaak dat hy beplan om aan te bly. Sy party beskik oor ‘n groot meerderheid.
Lede van Kameroen se snelreaksiemag het strate in die hoofstad na afloop van die stemmery patrolleer.
Dit is maar die jongste terugslag vir demokrasie in Afrika. Pogings om termynbeperkinge in Nigerië, Zambië en Malawi in te stel, is ook die afgelope tyd gefnuik.
