Blanke polisiekaptein geskors weens rassisme

Die parlementêre portefeuljekomitee oor veiligheid en sekuriteit het die komissaris van die Badplaaspolisiestasie, kaptein Cornelius Potgieter, gister met onmiddellike ingang geskors.

Potgieter word daarvan beskuldig dat hy swart personeel by die polisiestasie ‘n aparte toilet laat gebruik het. Die toilet is ook snags as ‘n hoenderhok deur Potgieter gebruik.

Volgens Maggie Sotyu, voorsitster van die parlementêre komitee, is daar na ‘n vergadering met al die offisiere en provinsiale polisiebestuur gevind dat rassisme by die polisiestasie buitengewoon hoog was.

Die komitee het besluit om die polisiestasie te ondersoek nadat ‘n dagblad verlede maand oor die beweerde rassisme berig het.

yfcnjkmyst buhsдепутат лобановский