Zimbabwe se MDC s? nee vir opvolgverkiesing

Die Zimbabwiese opposisie verseg om aan ‘n opvolgverkiesing om die presidentskap deel te neem.

‘n Woordvoerder van die Beweging vir Demokratiese Verandering, Tendai Biti, het gister by ‘n perskonferensie in Johannesburg beweer dat sy party die verkiesing loshande gewen het en daarom was daar geen behoefte aan ‘n tweede ronde nie.

Alles hang nou af van die naweek se spitsberaad van SAOG-leiers waar die Zimbabwe-kwessie bespreek gaan word. Sowel Mugabe as Tsvangirai, die leier van die MDC, gaan die spitsberaad bywoon en mekaar waarskynlik konfronteer.

Dis nou reeds dertien dae sedert die presidentsverkiesing gehou is met geen amptelike uitslag wat bekendgemaak is nie.

одежда для яхтсменовДанильченко

Maak 'n opvolg-bydrae