Van die swak ministers is uit maar sommiges is na belangrike portefeuljes geskuif, het sy gesê. Die bykomende adjunkposte is daarop gemik om interne probleme in die ANC op te los eerder as om dienslewering te verbeter volgens Zille.
Sy het bygevoeg dat 'n beplanningskommissie binne die presidensie asook die verdeling van sekere portefeuljes nie noodwendig 'n positiewe uitwerking op dienslewering sal hê nie.
Die kabinet het aansienlik groter geword, met 34 ministers, wat bykomende kostes en 'n administratiewe las verteenwoordig.
Die DA het die aanstellings van Trevor Manuel as die hoof van die beplanningskommissie verwelkom, maar gemaan dat die party alles sal doen om te keer dat die "nuutopgerigte ministerie van Regeringsamewerking die aanvaarde grondwetlike outonomie van die drie sfere van regering ondermyn".
"Ons sal ook twee kritieke nuwe aanstellings fyn dophou, naamlik dié van Ebrahim Patel as hoof van die nuutopgerigte ministerie van Ekonomiese Ontwikkeling en dié van Pravin Gordhan as die minister van Finansies."
Die DA het die hoop uitgespreek dat hierdie aanstellings nie sal beteken dat daar afgewyk gaan word van makro-ekonomiese beleidmaking en implementering nie, of dat daar radikale aanpassings in ekonomiese beleid sal wees slegs om Cosatu en die SAKP tevrede te hou nie.
"President Zuma is swaar in die skuld by hierdie twee organisasies vir sy politieke heropstanding. Die kabinet is duidelik só gestruktureer om dié skuld te vereffen."
Zille het verder gesê dat indien die departement van Finansies net vir die begroting verantwoordelik gaan wees en die departement van Ekonomiese Ontwikkeling voortaan beleid hanteer, dit werklike kommer sal wek.
Zille het ook haar kommer uitgespreek oor die aanstelling van Angie Motshekga as minister van Basiese Onderwys en Blade Nzimande as minister van Hoër Onderwys.
"Angie Motshekga is bekend vir haar ongelukkige uitspraak ter verdediging van Julius Malema, dat onderwys die 'n noodsaaklike vereiste vir leierskap is nie."
Sy het gesê Blade Nzimande is 'n Marxistiese ideoloog en sy aanstelling is kommerwekkend gesien die toekoms van hoër onderwys in 'n globale kennisekonomie.
Zille het Nosiviwe Mapisa-Nqakula as minister van Korrektiewe Dienste en Susan Shabangu as minister
of Mynwese se aanstellings uitgesonder as jammer.
Mynwese is krities belangrik vir Suid-Afrika se langtermyn groei, het sy gesê.

Inwoners van die Pholalokasie in Witbank het munisipale kantore afgebrand gedurende oproer wat uitgebreek het omdat daar nie lopende water beskikbaar is nie.
Ngobela Magwaza onthou hoe hulle in lendeklede beeste opgepas het, hase gejag het en voëls met tuisgemaakte ketties geskiet het. Soms het hulle met stokke baklei en ook gedans. Dit was een ding waarin Jacob Zuma destyds soos vandag uitgeblink het, tradisionele Zoeloedans.
'n Vrou in Suid-Afrika is ses keer meer aan die dood blootgestel as op enige ander plek ter wêreld, danksy geweld deur 'n persoon waarmee sy 'n intieme verhouding het.