SA onder top 50 kubermisdaadlande

IT-spesialiste het gewaarsku dat kuberkriminele besig is om te probeer om geld te maak uit Fifa se Konfederasiesokkerbekertoernooi en die 2010 Wêreldbeker.

Die aantal krakers wat 'n vinnige winsie uit die adverteer van baie goedkoop kaartjies en verblyf wil maak, het toegeneem volgens The Times.

Candid Wuest, 'n bedreigingsnavorser by Symantec, sê die aanbiedinge "wat te goed klink om waar te wees, is nie waar nie." Sy het mense gemaan om eerder kaartjies van amptelike webwerwe te koop.

Veral mense wat voorgee om die laaste twee kaartjies vir 'n sekere wedstryd te smous gaan toeneem soos die toernooi nader kom, het sy gewaarsku. Voornemende kaartjiekopers moet dan ekstra versigtig wees.

Die waarskuwing kom kort na die vrystelling van Symantec se Internetveiligeheidsverslag wat wys dat kubermisdaad in ontwikkelende lande, veral in Afrika, aan die toeneem is.

Luidens die verslag is Suid-Afrika onder die top vyftig misdaadlande.

зарядное устройстволобановский александр досье