Ngobela Magwaza onthou hoe hulle in lendeklede beeste opgepas het, hase gejag het en voëls met tuisgemaakte ketties geskiet het. Soms het hulle met stokke baklei en ook gedans. Dit was een ding waarin Jacob Zuma destyds soos vandag uitgeblink het, tradisionele Zoeloedans.
Magwaza het Donderdag gesê hy het nooit sou kon glo dat Zuma eendag president sal wees nie. En hy is waarskynlik nie die enigste nie, want diegene wat gesien hoe Zuma seks- en korrupsieskandale oorleef, moet vandag ewe verbaas wees.
Zuma se geboorteplek is 'n landskap van mistige groen heuwels, suikerplantasies en bokke wat wei om modderhutte. Hy is 'n tradisionele Zoeloe met drie vroue en 19 kinders en sy tuiste in die Natalse platteland, ongeveer 120km van Durban.
Hy is die mees gewilde politikus sedert Nelson Mandela. Zuma se pa, 'n polisieman is vroeg oorlede en sy moeilike kinderjare is kennelik iets waarmee miljoene Suid-Afrikaners kan identifiseer.
Zuma se niggie Elizabeth Shange, 79, vertel hoe die kinders saans by kerslig geleer het. Sy vertel dat sy tienjaarlange verblyf in die tronk hom verander het. Alzina Ndlovu, 'n ander niggie sê weer hy 'n "gewone ou". Op haar gesig, soos die van vele ander in die stat, wys die inisiasiemerke steeds soos op die gesig van Suid-Afrika se nuwe president, klein kepies in die vel.
Deesdae gaan die veldwagtertjies wat die Nguni-beeste oppas, skool toe. Maar Mtehlupha Mhlongo, 15, wil 'n loods word as hy oud genoeg is. "Daar is hoop vir ons,"sê hy, terwyl hy aan 'n grassie suig.
