Inwoners van die Pholalokasie in Witbank het munisipale kantore afgebrand gedurende oproer wat uitgebreek het omdat daar nie lopende water beskikbaar is nie.
Mpumalanga polisie het gesê twee raadslede se huise is ook bekadig. Vier van die verskeie watertenks wat deur die plaaslike raad voorsien is, is ook vernietig. Woedende inwoners het padbokkades opgerig, volgens Superintendent Abie Khoabane.
Die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak om ontstoke inwoners uitmekaar te jaag, nadat hulle klippe na verbygaande motoriste geslinger het.
"Die toestand is nou onder beheer en dity lyk asof munisipale amptenare met die inwoners begin onderhandel het."
Geen arrestasies en beserings is aangemeld nie. Die polisie is steeds ontplooi in die gebied.
