Man in Kaapstad getoets vir varkgriep

Dokters in Kaapstad wag vir die uitslae van toetse om vas te stel of 'n man van Kaapstad varkgriep, A(H1N1), onder lede het. Die uitslae sal Donderdag bekend gemaak word.

Dr Stefan Smuts, nasionale bestuurder van die Kaapstadse Medi-Clinic se nooddienste, sê smere en bloedmonsters is van die man geneem.

Die pasiënt word sedert Maandag in afsondering in die hospitaal gehou. Hy het onlangs teruggekeer uit Argentinië met griepsimptome.

"Dit sluit 'n koors van hoër as 38 grade, hoes en 'n loopneus in sowel as die feit dat hy na 'n land gereis het wat 'n hoofprobleem verteenwoordig… Ons hou hom vir observasie," het Smuts gesê.

Die man se identiteit kon nie bekend gemaak word nie.

Daar is reeds 1884 gevalle van varkgriep wêreldwyd aangemeld. Suid-Afrika het nog geen geval aangemeld nie.

палатки киевлобановский александр досье