Angloplat-werkers moet Engels leer

Image

Platinummynwerkers

Die wêreld se grootse platinummyngroep, Anglo-Platinum, gaan aan mynwerkers Engels leer, en gaan van Engelse werkers verwag om die plaaslike tale soos Sepedi en Setswana te leer. Dit is volgens 'n verslag wat Maandag in die Financial Times gepubliseer is.

"Suid-Afrika se etniese diversiteit bring uitdagings wat in die verlede deur maatskappye vermy is. Taal is 'n hoofarea waarin Anglo-Platinum probeer om sy kultuur te verander," het die maatskappy gesê.

Vir jare is Fanagalo, 'n mengsel van Afrikaans, Engels en Zoeloe gebruik as die voertaal by myne in die Suid-Afrikaanse nywerheid.

"Dié pidgintaal was eie aan al die tale en inheems aan geen spesifieke taal nie en gevolglik was kommunikasie tussen die taalgroepe beperk," het die koerant gesê.

"Dit was 'n baie basiese vorm van kommunikasie, wat goed is om instruksies mee te gee," het Anglo-Plats se senior opleidingsbeampte vir vaardighede ontwikkeling, Manie van Jaarsveldt, gesê.

In tweewekekursusse wat geïmplementeer word in samewerking met die vakbonde gaan taalinstrukteurs van die universiteit van die Witwatersrand en buite-opleidingsmaatskappy Media Works, saam met Anglo-Plats werk om aan nie-Engelssprekende werkers Engels te leer, terwyl Engelssprekende werkers die inheemse taal van die gebied moet aanleer.

"Dit sal lei tot groter veiligheid," het Van Jaarsveldt gesê.

"Indien mens nie met 'n persoon kan praat in 'n taal wat beide verstaan nie, hoe gaan mense behoorlik ondergronds, of in enige werksomstandighede vir daardie doel kan kommunikeer?"

как сшить рубашку для девочкитопкарго отзывы

Suid-Korea gaan buitelandse selfone toelaat

ImageIn 'n land wat bekend is as die veiligste hawe vir plaaslik vervaardigde selfone, het Suid-Koreaanse selfoonhandelaars gesê dat hulle regstaan om buitelandse fone van Apple, RIM en Nokia aan te hou.

Handelaars is in die laaste stadium om nie-Koreaanse fone in die plaaslike mark beskikbaar te stel vir verbruikers wat angstig wag vir nuwe modeselfone soos Apple se iPhone, nadat regulerende liggame 'n verbod opgehef het wat vereis dat handstelle plaaslike programmatuur moet bevat, wat die mark effektief gesluit het vir buitelandse vervaardigers.

Suid-Koreaanse reguleerders het verlede week aangekondig dat die verpligte draadlose internetprotokol vir  wedersydse aanpasbaarheid vanaf 1 April gestaak gaan word.

"Ons is gereed om binnekort Apple se iPhone in die binnelandse mark te kry," het Oh Young-Ho, 'n senior bestuurder by LG Electronics se selfoon ontwerpdivisie, gesê.

Die Suid-Koreaanse selfoonmaatskappy KTF het ook met Apple gepraat om die iPhone bekend te stel.

'n Woordvoerder by KTF het gesê die maatskappy was ook besig om met die wêreldmarkleier, Nokia, wat in Finland gestasioneer is, te praat om intreevlakfone in te bring as die verbod op oorsese produkte eers opgehef is.

потолочные точечные светильникиДанильченко Харьков

Olieprys styg in Asi? in aanloop tot OPUL-produksievermindering

Wêreldoliepryse het Maandag in handel op die Asiese markte weer gestyg in afwagting dat OPUL die produksie van olie gaan verminder by 'n vergadering vandeesweek, het handelaars gesê.

Pryse het ook gestyg ná tekens dat die Withuis tot die redding van die beleërde Amerikaanse motorsektor kan kom, het hulle gesê.

New York se kontrak vir ligte ru-olie vir Januarie het $1,07 gestyg tot $47,35 per vaatjie nadat dit Vrydag $1,70 laer gesluit het op $46,28.

Brent Noordsee-ru-olie vir Januarie het 76 sent gestyg tot $47,17 per vaatjie. Die kontrakprys het Vrydag 98 sent laer gesluit op $46,41.

Ontleders sê dat OPUL waarskynlik planne sal aankondig wanneer die kartel Woensdag in Algerië ontmoet om produksie te verminder ten einde pryse te ondersteun.

Ru-oliepryse het amper 70% gedaal vanaf die rekordvlakke van meer as 147 dollar per vat wat dit in Julie behaal het. Sleutel-OPUL-lande het reeds openbare versoeke gerig dat die kartel produksievlakke verlaag.

запчасти комплектующие кАлександр Фильчаков

Bush meen w?reld moet ‘ferm en geduldig’ wees met Noord-Korea

Image

George W. Bush

Die Amerikaanse president George W. Bush het Maandag gesê dat hy hoop Washington se vennote in die Noord-Korea-ontwapeningsonderhandelinge sal "ferm en geduldig" wees met die geheimsinnige regering.

Nuwe onderhandelinge verlede week het nie daarin geslaag om 'n formele meganisme op telwer om te verseker dat  Noord-Korea die waarheid praat omtrent sy kernprogram nie, nadat die kommunistiese staat geweier het om 'n Sjinees opgestelde voorstel te teken.

"Die belangrikste is om ferm en geduldig te wees met 'n struktuur wat dalk kan toelaat dat die volgende president, of die een daarna die probleem diplomaties kan oplos," het Bush aan verslaggewers aan boord van sy "Airforce One"-vliegtuig gesê.

Hy het gepraat tussen verrassingsbesoeke aan Irak en Afghanistan, die laaste voordat hy volgende maand die Withuis verlaat. 

море в хорватиилобановский александр игоревич класс

Kan Suid-Afrika ‘n ANC-regering nog bekostig?

ImagePolitici beweer dikwels dat geregtigheid slegs deur wetgewing verseker kan word. Daardie paternalistiese houding help hulle om die steun van die proletariaat te verseker. 'n Paternalistiese regering wil alles met wetgewing bestuur om hul idee van die utopie te verwesenlik. Hierdie en ander begrippe is deur die Franse skrywer, vryemarkekonoom en wetgewer Frédéric Bastiat in sy boek "Die wet" (1850) opgeteken. Daarin beweer hy dat die staat nie die utopie moet probeer skep nie, maar moet slegs verseker dat ongeregtigheid nie sal seëvier nie en dat dit die staat se plig is om die vryheid en veiligheid van sy burgers te verseker. Sy boek werp ook lig op verskeie vraagstukke waarmee ons vandag in hierdie land worstel.

Die vertrekpunt van 'n paternalistiese regering is dat die staat 'n vaderlike plig teenoor sy burgers aanvaar wat streng toesig oor hul sosiale en sakebelange vereis. So 'n inmengende staat se onderliggende teorie is dat burgers nie oor die vermoë beskik om na hulself om te sien nie.  Die staat doen byvoorbeeld ons skoolkurrikulering vir ons. Ons weet kwansuis nie wat goed is vir ons eie kinders nie. Die staat se volksvreemde amptenare weet en hulle het die mag om te besluit wat ons kinders moet leer en wat hulle nie mag leer nie. Die geskiedenis van die Boerevolk is byvoorbeeld heeltemal taboe vir die onderwysdepartemente van vandag.

Bastiat sê verder dat, al sou politici reg wees dat dit hul plig is om die utopie te skep, spreek dit nie vanself dat hul goedbedoelde paternalisme die burgers vryer maak nie. Staatsinmenging mag sommige mense meer welvarend maak, maar dit sal altyd ten koste van ander landsburgers se outonomie of eiendom wees. Ek wil beweer dat ongeveer 35 miljoen van Suid-Afrika se inwoners 'n paternalistiese regering verkies, maar dat minder as 5 miljoen inwoners 'n nie-inmengende regering wil hê.

Daar bestaan baie bewyse in die literatuur waar staatspaternalisme landsburgers se vryheid verminder, want die staat neem van sommige om weer aan ander te gee. Suid-Afrika is egter ook paternalisties teenoor misdadigers en waarborg hul regte, al kontrakteer hulle uit die grondwet met hul geweldsmisdade. Ons paternalistiese regering is derhalwe nie in staat om sy vredeliewende burgers se vryheid te verseker nie; ook nie hul reg op eiendom en lewe nie. Die huidige regering kan dus nie verseker dat ongeregtigheid nooit sal seëvier nie. Die verkeerde regering met 'n verkeerde beleidsingesteldheid is dus aan die bewind in Suid-Afrika.

En hiervoor besit die staat die alleenreg op geweld, wat moet verseker dat die wil van die politici afgedwing word. Die staat se magsagent, die howe, word in staat gestel om die bevolking se wil met die politici se wil te vervang. In 'n veelvolkige staat wat deur die demokratiese stelsel van meerderheidsregering aan bewind kom, word die wil van die populistiese meerderheid aan die minderheid teen hul sin opgedwing.

Is dit dus verbasend dat die minderheid hulself van die politieke prosesse onttrek het? Is dit ook verbasend dat lede van die minderheidsgroepe wat pro-aktief deur 'n paternalistiese regering van die ekonomie uitgesluit word, voel dat hul kundigheid, opleiding, kwalifikasies of intelligensie oorbodig vir hierdie land geword het en liewer ander weivelde moet gaan soek?

Waarnemers beweer dat die emigrasie van jongmense te wyte is aan geweld en regstellende aksie. Is die werklike rede nie dat die beskawingsbotsing tussen 'n Afrikaregering en ons Westerse tradisies dit byna onmoontlik vir Afrikaners gemaak het om saam met Afrikavolke onder een vlag te woon nie? Ons leer ons kinders om die gevolge van hul eie dade te aanvaar, om hul eie besluite te neem, om verantwoordelik op te tree. Ons leer hulle 'n pligsbesef, werksetiek, deeglikheid en arbeidstrots, maar die oeboentoebenadering leer hulle van kollektiewe belange, asook die waarde van toenemende konsensus wat tot kollektiewe besluitneming moet lei.

Daagliks sien ons dat vergrype of pligsversuim van regeringsamptenare en politici oorgesien word in 'n ekonomie waar deursigtigheid en verantwoordelikheid vir jou eie dade kritiek belangrik is vir 'n lewensvatbare beskawing. Dit is egter duidelik nie 'n kwessie van werks- of maatskaplike etiek nie, maar 'n ingesteldheid dat niemand aanspreeklikheid vir die gevolge van sy dade hoef te aanvaar ni, en dat die gemeenskap maar die gevolge moet verdra. Hoe lank gaan die stomme Zimbabwiërs nog met Mugabe sit? Goddank dat Mbeki so doeltreffend verwyder is. Daar is altyd 'n uitsondering om die reël te staaf.  

As ons aanvaar dat individue selfgemotiveerd is en 'n vrye wil het, beteken dit egter nie dat kollektivisme as sulks verwerp moet word nie. Afrikaners, as 'n kultuurgemeenskap, glo self in 'n mate aan kollektivisme, hou graag vergadering en bespreek graag vraagstukke. Maar hulle doen dit as mense van 'n heel ander beskawingsgroep, met heel ander waardestelsels en tradisies. Ons unieke sin vir geregtigheid, eerlikheid en vryheid het nie sommer net oornag ontstaan nie, maar het 'n baie lang sosiale en sielkundige aanloop wat nie plotseling in 1994 aan sy einde gekom het nie. Daardie vryheid word nou bedreig deurdat ons volkserfenis en kultuurgoedere, wat die basis van ons kollektiewe identiteit vorm, stelselmatig voor ons oë vervreem of vernietig word.

In Suid-Afrika het ons vandag 'n geval waar arbeid deur regulasies bestuur word. Die howe dwing die regulasies af en tronkstraf kan aan oortreders opgelê word. Is Suid-Afrikaners van alle rasse dus vry om hule regte uit te oefen? Is Afrikaners nog vry in hierdie land? Die staat kan eiendom in belang van die breër gemeenskap onteien en kan bedenklke grondeise toestaan. Is dit nie 'n inbreuk op eiendomsreg nie? As mens hierdie teenstellings nie volgens die gees van die grondwet kan verdedig nie, moet jy tot die gevolgtrekking kom dat die staat nie sy beleid ten opsigte van arbeid, landbou en die nywerheid kan implementeer sonder om sy toevlug tot ongeregtigheid te neem nie.

Gedurende die afgelope veertien jaar het die regering selfs nog verder gegaan en in direkte botsing met sy eie bestaansreg gekom. Die landswette is gebruik om regte en belange te vernietig wat die staat veronderstel is om in stand te hou. Die mag van die staat word aangewend om die belange van 'n paar gewetenloses te dien. Hierdie mense gebruik staatsmag om bates sonder enige persoonlike risiko vir hulself in te palm. Om dit te wettig, is plundery in 'n histories verwerfde reg vir swartmense omskep wat ondersteun word deur drastiese maatreëls soos boetes en die weerhouding van staatskontrakte aan weerbarstiges.

Om plundery te beskerm word toegang tot die howe beperk. Om jou eiendom fisies teen onwettige besetting te beskerm, word as 'n kriminele oortreding beskou.  Die begronding van die plundermaatreëls kom uit twee uiteenlopende invalshoeke: die verwerplike hebsug van 'n paar opportuniste en die vals humanisme van oorywerige liberaliste.

Maar mense het ook 'n ander neiging, naamlik om 'n bestaan te wil maak ten koste van ander mense. Die geskiedenis van Afrika is genoeg bewys van mense wat mekaar se besittings plunder, soos die ewige oorloë in Afrika en aan die oosgrens wat tot die Groot Trek aanleiding gegee het. Hierdie neiging is waarneembaar in die geskiedenis van elke land op aarde en word veroorsaak deur die mens se basiese instink om sy behoeftes met die minste moontlike pyn te bevredig, hetsy deur sy eie arbeid, hetsy om die vrugte van ander se arbeid te plunder. Selfs in vredestyd gaan die plundery van huishoudings nagteliks voort in Suid-Afrika. Dink aan die bloeiende seerowery aan die Somaliese kus. Dit is nou maar in die Afrikamense se aard om te plunder.

Die regstelsel se doel is om geregtigheid in stand te hou, in so 'n mate dat die meeste mense glo dat enigiets wat wettig is ook moreel aanvaarbaar is. Dan glo hulle sommer dat iets geregverdig is, want die wet maak dit aanvaarbaar. Om plundery regverdig en aanvaarbaar vir almal se gewete te maak, moet dit deur wetgewing gesaniteer word en presto, ons gewetens is skoon.

Bestaan daar 'n groter euwel in enige land as om die regstelsel as plunderinstrument te gebruik met die doel om die verskil tussen reg en geregtigheid uit almal se gewetens uit te wis?

Sou ongeletterde aansoekers byvoorbeeld fondse vir hul projekte benodig, is dit nie ongewoon dat hulle deur die betrokke staatsamptenaar bygestaan word nie. Benewens die hantering van aansoeke vir staatshulp tree amptenare terselfdertyd ook op as "professionele" raadgewers by die toekenning van skenkings, lenings, aandele of ander finansiële bystand. Ongeletterde ontvangers betaal daardie duur professionele fooi met graagte uit die fondse wat op hierdie manier vir hulle gewerf word. Die amptenaar verdubbel sy salaris op hierdie manier en geen wet is oortree nie. Só gaan die plundery voort, maar kring elke dag wyer en meer subtiel uit omdat slegs die wet en nie die gewete die beperkende faktor geword het.

Ons almal wil die landswette eerbiedig en in stand hou, maar, wanneer daardie wette in botsing kom met jou moraliteit en mekaar weerspreek, verloor mens die respek vir die land se wette, want ons beskou gewoonlik ons moraliteit op 'n hoër vlak. Nogtans raak mens afgestomp en bevind jou naderhand in die situasie waar jy bereid is om 'n geregsdienaar R100 omkoopgeld aan te bied om jou die ongerief van sy wetstoepassing te spaar.

Dit is dus duidelik dat die land die ANC nie langer kan bekostig nie. Dit sou fataal wees vir Afrikaners, gesien teen die agtergrond dat die ANC 'n beleidsverskuiwing na links wil maak en nog verder van die Westerse beskawingskomponent van die land wil wegbeweeg. Die ANC wil nog meer paternalisties word. Sosialistiese staatspaternalisme wek meer korrupsie, konfiskering van eiendom, beperkings op persoonlike vryheid, verhoogde belastings en verswakking van die beskermingsdienste. Daar bestaan 'n ydel hoop dat die Afrikaners ook baat kan vind by die ANC se paternalistiese benadering deur 'n krieseltjie vryheid aan Afrikaners toe te staan in ruil vir hul onderdanigheid. In die geheel word Suid-Afrika egter 'n swakker plek om in te woon.

Hoe lank sal Afrikaners nog stilsit en toesien hoe hul vryheid en volksidentiteit weggekalwe word? Is dit nie nou tyd dat die min beskikbare magshefbome tot hul beskikking deur Afrikaners gebruik word nie? Moet persoonlike en korporatiewe ego's nie onderdanig gemaak word aan die belang van 'n eens trotse volk nie?

форма справки 086-утопкарго отзыв

Amerikaanse ambassadeur vaar uit teen Mugabe

Die Amerikaanse ambassadeur in Zimbabwe, James McGee, het Sondag erge kritiek uitgespreek teen Robert Mugabe omdat hy die land se skaars hulpbronne vermors terwyl miljoene mense in erge armoede te midde van 'n cholera-epidemie verkeer.

McGee het in Suid-Afrika se Sunday Times geskryf dat Zimbabwe se regering misluk het om die mees basiese pligte na te kom en vir sy mense te sorg terwyl die internasionale gemeenskap die land met hulp moet staande hou.

"Wat doen die Mugabe-regering? Hulle gaan en koop honderde motors, sodat elke minister en goewerneur meer as een voertuig kan hê en hulle koop plasmatelevisiestelle vir die regters."

"Pleks daarvan dat hulle skaars hulpbronne gebruik om watersuiweringschemikalieë te koop om die cholera te keer, manipuleer hulle die geldeenheid om persoonlike wins te maak," het hy geskryf.

Amper 750 mense is dood in die cholera-epidemie wat die mees onlangse krisis is wat dié Afrikaland getref het, waar die laaste skatting in Julie inflasie op 231 miljoen persent geplaas het.

Na raming sal sowat 5 miljoen mense voedselhulp nodig hê in die komende maande.

Internasionale versoeke dat Mugabe moet uittree, neem toe ná 'n maandelange politieke skaakmat ná die Maartverkiesings, en die mislukking van strydende politieke partye om konsensus oor 'n regering van nasionale eenheid te bereik.

Volgens McGee het Amerika sowat 70% van die voedselhulp wat in Zimbabwe versprei is voorsien en meer as 218 miljoen dollar aan humanitêre hulp oor die laaste jaar voorsien.

Die internasionale gemeenskap word gedwing om die leiding te gee as gevolg van Mugabe se kriminele nalatigheid, het hy gesê.

"Die Mugaberegering behoort die boeke oop te maak en aan die wêreld te wys hoeveel geld bestee word op die mense van Zimbabwe en hoeveel op luuksevoertuie," het hy bygevoeg.   

лосины девочка 7 летлобановский класс

Lekota probeer Afrikaners lok met ‘Suikerbossie’

Image

Terror Lekota

Die voorsitter van die KVP het Sondag 'n beroep gedoen op die nuwe party om 'n nie-rassige kultuur te kweek en self die voorbeeld gestel deur die Afrikaanse volksliedjie "Suikerbossie" te begin sing.

"Ons moet mekaar almal kan waardeer," het Lekota in Afrikaans gesê nadat hy die openingsreël van die liedjie op prerfekte noot gesing het.

"Ons moet elemente van ander kulture inbring. So ons kan nie net in Sesotho sing nie, somtyds moet ons in Afrikaans ook sing."

Hy het ook aan die KVP-lede gevra om die verse van "Die Stem" wat in die nuwe volkslied ingesluit is te sing.

"Dit is 'n mooi land. Wanneer ons sing 'waar die kranse antwoord gee' kan ons dit voel, en dit motiveer ons," het hy gesê.

Neels Flatten, 'n prominente KVP-lid van die Weskaap het gesê dat die party se begin kan help om Suid-Afrika werklik 'n nie-rassige demokrasie te maak.

"Indien dit werk, sal ons iets goeds vir die land doen, wat die ras uit Suid-Afrikaanse politiek sal neem." 

хороший стоматологФільчаков Олександр Васильович прокурор

KVP kies leierskap

Image

Sam Shilowa

Die nuutgestigte KVP (Kongres van die Proletariaat) sal Maandag die leiers kies wat hulle deur die 2009-algemene verkiesing moet lei.

Die meer as 4000 afgevaardigdes wat die KVP se kongres in Bloemfontein bywoon, gaan agter geslote deure ontmoet vir wat die party 'n leierskap/verkiesingsgesprek noem.

Alhoewel die tussentydse leierskap hoop dat die finale lys deur konsensus bereik sal kan word, is daar wel noodplanne vir 'n stemming. 'n Onafhanklike stemmingsorganisasie, Accord, gaan teenwoordig wees om 'n verkiesing te hanteer indien dit nodig sou wees.

Sondag, die eerste dag van die konferensie, het mnr. Terror Lekota 'n toespraak tenoor deelnemers gelewer voordat 'n geslote  sessie vir die organisatoriese verslag aangekondig is.

Lekota, wat aan die voorpunt van die stigting van die KVP was, tesame met Mluleki George, die voormalige adjunkminister van verdediging, en Mbhazima Shilowa, voorheen die Gautengpremier, word beskou as die mees waarskynlike kandidaat vir die permanente pos.

'n Senior lid van die KVP het aan SAPA gesê dat die provinsiale strukture hoop om die huidige leierskap in hulle poste te behou om kontinuïteit te behou.

Die kongres sluit af met 'n saamtrek op Dinsdag, terwyl die ANC ook 'n saamtrek hou wat deur partypresident, Jacob Zuma, toegespreek gaan word op die 47ste herdenking van die stigting van Umkhonto we Sizwe.

 

потолочные люстры длятопкарго

NAVO-patrollie dood drie Afghaanse burgerlikes

Image

NAVO-soldate in Afghanistan

NAVO alliansietroepe het drie burgerlikes gedood en verskeie ander in die suidweste van Afghanistan gewond nadat die bus waarin hulle gery het, nie ag geslaan het op waarskuwingskote nie, sê die alliansie.

Die patrollie het gevuur toe die minibus aangehou het om in hulle rigting te snel na waarskuwingskote, aldus 'n persverklaring.

Amerikaanse en NAVO-geleide magte dra waarskuwingstekens op hulle voertuie om Afghaanse bestuurders te waarsku om hulle afstande te hou, in vrees vir selfmoordkarbomaanvalle.

“Drie Afghane is vandag dood in die Sajed Abad Distrik van Wardak provinsie tydens 'n ‘verhoging van magstoepassing,’” sê die verklaring.

Die patrollie het aanvanklik waarskuwingskote geskiet en het toe in die busenjin gevuur toe die bestuurder nie wou stop nie, sê dit voorts.

“Ten spyte hiervan het die bus aangehou in die rigting van die patrollie. Derhalwe was die patrollie gedwing om uit selfverdediging op die bus te vuur.”

Die patrollie het die gewondes op die toneel behandel en koalisievliegtuie het later die gewondes na internasionale militêre hospitale ontruim.

'n Segsman vir die magte sê hulle weet nie presies hoeveel burgerlikes in die voorval beseer is nie.

Die patrollie het gevuur toe die minibus aangehou het om in hulle rigting te snel na waarskuwingskote, aldus 'n persverklaring.

Amerikaanse en NAVO-geleide magte dra waarskuwingstekens op hulle voertuie om Afghaanse bestuurders te waarsku om hulle afstande te hou, in vrees vir selfmoordkarbomaanvalle.

“Drie Afghane is vandag dood in die Sajed Abad Distrik van Wardak provinsie tydens 'n ‘verhoging van magstoepassing,’” sê die verklaring.

Die patrollie het aanvanklik waarskuwingskote geskiet en het toe in die busenjin gevuur toe die bestuurder nie wou stop nie, sê dit voorts.

“Ten spyte hiervan het die bus aangehou in die rigting van die patrollie. Derhalwe was die patrollie gedwing om uit selfverdediging op die bus te vuur.”

Die patrollie het die gewondes op die toneel behandel en koalisievliegtuie het later die gewondes na internasionale militêre hospitale ontruim.

'n Segsman vir die magte sê hulle weet nie presies hoeveel burgerlikes in die voorval beseer is nie.

купить воронеж ароматизаторыпрокурор Фильчаков

Sowetohoofstrate kry nuwe name

Image

Soweto

Soweto se twee oudste oorblywende hoofpaaie gaan volgende week na leiers in die anti-apartheidstryd vernoem word, sê die Stad van Johannesburg.

Segsman Nthatise Modingoane sê die Ou Potchpad en Roodeportweg gaan na die ontslape ANK staatmakers Chris Hani en Elias Motsoaledi – albei MK-bevelvoerders – vernoem word.

Hy sê van Dinsdag af sal die Ou Potchpad, wat van Diepkloof tot Protea-Suid strek, as die Chris Hani-pad bekend staan.

Die Roodepoortpad, wat in Rockville by die ou Potchpad aansluit, sal herdoop word na die Elias Motsoaledi-pad.

Johannesburg se burgemeester, Amos Masondo, sal Dinsdag 'n amptelike hernoemingseremonie by die Regina Mundi-Katoliekekerk in Rockville aanbied. 

casino demo playлобановский александр отзывы

Spar in Fourways vanm?re beroof

ImageRowers het weggekom met 'n onbekende bedrag geld nadat hulle Vrydagoggend ingebreek het by 'n Sparsupermark in Fourways, het die Johannesburgse polisie gesê.

Kaptein Douglas Trollip het gesê drie mans, waarvan twee met pistole gewapen was, het die veiligheidswagte aangehou by die Spar in Kingfisherstraat en hulle vasgebind met skoenveters en maskeerband.

"Een van die rowers het die wagte buite opgepas terwyl die ander twee verdagtes deur die dak in die supermark ingebreek het en die kluis met 'n snymasjien oopgemaak het."

Hulle het die geld geneem en van die toneel af gevlug. Sover is niemand nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek die saak.

mobile casino free cash no depositДанильченко Юрий Харьков

Australiese polisie skiet ‘n 15-jarige dood

Image

Australiese polisie aan die werk

Polisie in Melbourne, Australië, het 'n 15-jarige seun doodgeskiet in 'n skaatspark nadat beamptes gesê het dat hy hulle met messe gedreig het.

Polisie het gesê die tiener, Tyler Cassidy van Melbourne, het aangehou om hulle te dreig, selfs nadat hulle waarskuwingskote geskiet het en hom met pepersproei bespuit het. Verskeie beamptes het gevuur en hy is in die bors getref. Hy is op die toneel dood.

Die skietvoorval het gevolg minder as 'n week nadat polisie in Athene, Griekeland, 'n 15-jarige seun gedood het, wat tot groot oproer gelei het.

Cassidy se dood het nie onmiddellike oproer onder Australiërs veroorsaak nie, maar die seun se familie het die polisie veroordeel vir die skietvoorval en die Victoria-polisievakbond het weer sy versoeke herhaal dat polisie met Tazer-skokpistole bewapen word.

"Die hele gesin en vriende van Tyler Cassidy is geskok deur die optrede van die Victoria-polisie gisteraand," het die seun se familie in 'n verklaring gesê. "Hulle hardhandige optrede en gebrek aan onderhandelingsvaardighede op die toneel van die skietery het bygedra tot die ontydige dood van ons pragtige 15-jarige seun."  

no deposit win real moneyФильчаков прокурор

Pretoriase hof lewer vandag uitspraak oor KVP se naam

Die Pretoriase hof sal na verwagting vandag uitspraak lewer of voormalige ANC voorsitter Terror Lekota se nuwe party homself KVP mag noem, het die SAUK berig.

Uitspraak word teen 11:30 verwag.

Die regerende ANC het die naam van die wegbreek party teengestaan in die hof voor 'n volle regbank wat ook regterpresident Bernard Ngoepe ingesluit het.

Die ANC redeneer dat geen persoon of party eksklusiewe reg het om die naam "Kongres van die Proletariaat" te gebruik nie, dit was 'n gebeurtenis in 1955 toe die vryheidsverklaring opgestel is.

Die KVP se regslui het aan die hof gesê dat die ANC net bang is vir die nuwe party en het ontken dat die KVP se naam die kiesers sal deurmekaarmaak.

Lekota is geskeduleer om saam met voormalige Gauteng premier Mbhazima Shilowa die nuwe party volgende week in Bloemfontein bekend te stel.

play casino gamesпрокурор Фильчаков

Amerikaanse motorreddingsplan sneuwel in Senaat

Senaatwetgewers het gisteraand nie kon ooreenstem oor 'n hulppakket vir die sukkelende Amerikaanse motorvervaardigers nie, iets wat die Demokrate gewaarsku het miljoene mense se werk in gevaar kan stel.

Gesprekke oor die $14-miljard pakket wat gesteun word deur Demokrate en die Withuis het 'n dooiepunt bereik nadat die senaat se Republikeine vasgestaan het by hulle eis dat die Amerikaanse salarisse vinnig in lyn gebring word met dít wat deur buitelandse motorvervaardigers betaal word.

"Ek sidder as ek na Wallstraat moet kyk môre. Dit gaan nie 'n mooi prentjie wees nie," het Demokratiese senaatleier Harry Reid gesê nadat Wallstraataandele gedaal het in afwagting van die nuus.

Demokratiese senatore, wat bekommerd is oor nog verminderings van poste het voorberei om die Withuis te versoek om geld van die $700 miljard-Wallstraathulppakket los te maak vir die motorvervaardigers.

"Miljoene Amerikaners, nie net motorvervaardigers nie, maar ook mense wat motors verkoop en dié wat aan motors werk, gaan nou direk geraak word," het Reid gesê.

"Ek hoop dat die president wat so goed met ons saamgewerk het die laaste paar weke aan die wetgewing nou sal ooorweeg om die noodfondsgeld te gebruik om die motornywerheid en die werkers van die land te help."

Reid het verwys na die geld in die $700-miljardhulppakket vir finansiële instellings waarop vroeër vanjaar besluit is.

Die Demokrate wil deel van die fondse hê om die motornywerheid by te staan en president Bush se administrasie het geweier.

Die Withuis, wat die Demokrate se voorstel vir korttermynlenings aan die motornywerheid ondersteun het en die weergawe van die voorstel wat Woensdag deur die huis van verteenwoordigers bespreek is, het gesê hulle is teleurgesteld dat die gesprekke 'n dooiepunt bereik het.

 

водяные насосыАлександр Фильчаков