Die Amerikaanse president George W. Bush het Maandag gesê dat hy hoop Washington se vennote in die Noord-Korea-ontwapeningsonderhandelinge sal "ferm en geduldig" wees met die geheimsinnige regering.
Nuwe onderhandelinge verlede week het nie daarin geslaag om 'n formele meganisme op telwer om te verseker dat Noord-Korea die waarheid praat omtrent sy kernprogram nie, nadat die kommunistiese staat geweier het om 'n Sjinees opgestelde voorstel te teken.
"Die belangrikste is om ferm en geduldig te wees met 'n struktuur wat dalk kan toelaat dat die volgende president, of die een daarna die probleem diplomaties kan oplos," het Bush aan verslaggewers aan boord van sy "Airforce One"-vliegtuig gesê.
Hy het gepraat tussen verrassingsbesoeke aan Irak en Afghanistan, die laaste voordat hy volgende maand die Withuis verlaat.
