Sowetohoofstrate kry nuwe name

Image

Soweto

Soweto se twee oudste oorblywende hoofpaaie gaan volgende week na leiers in die anti-apartheidstryd vernoem word, sê die Stad van Johannesburg.

Segsman Nthatise Modingoane sê die Ou Potchpad en Roodeportweg gaan na die ontslape ANK staatmakers Chris Hani en Elias Motsoaledi – albei MK-bevelvoerders – vernoem word.

Hy sê van Dinsdag af sal die Ou Potchpad, wat van Diepkloof tot Protea-Suid strek, as die Chris Hani-pad bekend staan.

Die Roodepoortpad, wat in Rockville by die ou Potchpad aansluit, sal herdoop word na die Elias Motsoaledi-pad.

Johannesburg se burgemeester, Amos Masondo, sal Dinsdag 'n amptelike hernoemingseremonie by die Regina Mundi-Katoliekekerk in Rockville aanbied. 

casino demo playлобановский александр отзывы