Angloplat-werkers moet Engels leer

Image

Platinummynwerkers

Die wêreld se grootse platinummyngroep, Anglo-Platinum, gaan aan mynwerkers Engels leer, en gaan van Engelse werkers verwag om die plaaslike tale soos Sepedi en Setswana te leer. Dit is volgens 'n verslag wat Maandag in die Financial Times gepubliseer is.

"Suid-Afrika se etniese diversiteit bring uitdagings wat in die verlede deur maatskappye vermy is. Taal is 'n hoofarea waarin Anglo-Platinum probeer om sy kultuur te verander," het die maatskappy gesê.

Vir jare is Fanagalo, 'n mengsel van Afrikaans, Engels en Zoeloe gebruik as die voertaal by myne in die Suid-Afrikaanse nywerheid.

"Dié pidgintaal was eie aan al die tale en inheems aan geen spesifieke taal nie en gevolglik was kommunikasie tussen die taalgroepe beperk," het die koerant gesê.

"Dit was 'n baie basiese vorm van kommunikasie, wat goed is om instruksies mee te gee," het Anglo-Plats se senior opleidingsbeampte vir vaardighede ontwikkeling, Manie van Jaarsveldt, gesê.

In tweewekekursusse wat geïmplementeer word in samewerking met die vakbonde gaan taalinstrukteurs van die universiteit van die Witwatersrand en buite-opleidingsmaatskappy Media Works, saam met Anglo-Plats werk om aan nie-Engelssprekende werkers Engels te leer, terwyl Engelssprekende werkers die inheemse taal van die gebied moet aanleer.

"Dit sal lei tot groter veiligheid," het Van Jaarsveldt gesê.

"Indien mens nie met 'n persoon kan praat in 'n taal wat beide verstaan nie, hoe gaan mense behoorlik ondergronds, of in enige werksomstandighede vir daardie doel kan kommunikeer?"

как сшить рубашку для девочкитопкарго отзывы