Gaan die Sjinese voor in die ry staan vir bemagtiging wanneer konsessies vir perlemoenontginning uitgedeel word?
Gaan die Sjinese voor in die ry staan vir bemagtiging wanneer konsessies vir perlemoenontginning uitgedeel word?
Toe Margaret Thatcher as eerste minister in Brittanje oorgeneem het in 1979, was Brittanje bekend as Europa se "Siek Man". Daar was legio redes vir die Britse ekonomie se sklerose wat sedert die Tweede Wêreldoorlog geteister is deur hoë werkloosheid, relatiewe armoede, en selfs sosiale onrus. Die Eerste Wêreldoorlog het ‘n dramatiese negatiewe effek op die Britse ekonomie gehad, en die Depressie van 1933 het veral groot sosiale en ekonomiese probleme geskep. Die Tweede Wêreldoorlog het ook die nodige ekonomiese en militêre steun vanuit die VSA en ander voormalige kolonies (ook vanuit Suid-Afrika) verseker, en Brittanje is bankrotskap gespaar. Haar ekonomie het egter enorme rykdom in die oorloë afgestaan, en die Gemenebes het gedurende die Tweede Wêreldoorlog hulle ekonomieë (gebaseer op die Pond) oopgegooi vir handel met die VSA om Brittanje se ekonomie te red.
In die na-oorlogse jare het die Britse regering se vooroorlogse flirtasie met sosialisme in ‘n obsessie verander. Sosialistiese instinkte in veral die Arbeiderspartyregering van 1945-51 het uiting gekry in kollektiewe beleidsrigtings en in die nasionalisering van verskeie industrieë. Selfs die Britse Konserwatiewe Party het verskeie van die sosialistiese impulse ondersteun. Maar onderliggend aan Brittanje se sosialisme was die ondergang van Brittanje se eens voortreflike stoom-tegnologiese ekonomie van die 18de eeu. Verouderde arbeidsbeleid, tesame met verouderde tegnologie in beide die ontginnings- and vervaardigingsektore, het Brittanje se kanse geknou, en armoede in die werkersklas het eindelik uitgeloop op stakings en ander arbeidsonrus.
Gedurende the 1950s het Brittanje se ekonomie sodanig verswak dat haar leiers die einde van die Gemenebes voorsien het (dit sien mens byvoorbeeld in Harold MacMillan se “Winds of Change” toespraak in Kaapstand in 1960). Britse leiers het rigting verander, weg van die Gemenebes, om ‘n ekonomiese toekoms in die Europese Unie te soek. Die 1960s was weereens ‘n moeilike dekade, en arbeidsonrus en stakings het toegeneem in ‘n algemene ekonomiese afname in Brittanje tot en met Margaret Thatcher se oorname in 1979.
Thatcher het ‘n Nuwe Brittanje belowe, en het in alle oënskyn haar belofte nagekom. Onder haar en haar ideologiese opvolger, Tony Blair, het Brittanje haar posisie in die wêreld tot ‘n mate herstel. Die oorlog in die Falklande, en Blair se entoesiastiese toetrede tot die oorlog in Irak was ‘n teken van ‘n meer welvarende en self-versekerde Brittanje, en die verval van die na-oorlogse jare was skynbaar omgekeer.
Die belangrikste ekonomiese nuus uit Brittanje in die 1970s, te midde van stakings, onrus, die “Winter of Discontent” en die val van Edward Heath and Jim Callaghan se regerings, is die ontdekking van Noordsee-olie naby Brittanje se kus. Die ekonomiese manifestasie van die ontdekkings het eers gedurende Thatcher se regering gekom, omdat dit baie tyd en baie kapitaal geverg het om die Noordsee-olievelde te ontwikkel.
Uiteindelike sou die inkomste en ekonomiese groei in die olievelde beide Brittanje en Noorweë se ekonomieë baie baat (gedurende die 1980s), tot so ‘n mate dat Brittanje se ekonomiese uitsig van siek tot robuust en gesond onder Thatcher sou verander, wat ook op haar eie manier besig was om die invloed van arbeidersunies in Brittanje te breek.
Met Thatcher en Noordsee-olie word Brittanje weer ryk: Haar oorsese bates en investering neem toe van 12 biljoen pond in 1979 tot 110 biljoen in 1986 – ‘n mate van groei wat histories net deur die Japanese ekonomie ge-ewenaar word. Dit is die effek van ‘n olie-bonus op ‘n Westerse ekonomie – van ‘n siek man tot voortreflike groei en rykdom. Brittanje se ekonomiese opbloei duur steeds in ‘n mate voort, en fantastiese hoeveelhede rykdom is geskep en uitgegee in London, met olie-sjeiks en mynmagnate wat oorsee investeer en rykdom terugbring na London. Die Londonse Beurs is een van die belangrikste beurse ter wêreld, en groot hoeveelhede geld word daagliks daar gewissel in terme van investering, handel en ander transaksies.
In 'n grafiek op BP se statistieke webwerf word olie-produksie uit die Britse deel van die Noordsee teen jaartal voorgestel, tot en met 2006. Brittanje het bykans geen olie tot in 1975 geproduseer nie. In 1976 styg produsie vinnig met die Noordsee-ontwikkeling, om ‘n kruin in 1984 te bereik.
Thatcher word eerste minister in 1979 en pluk dus die vrugte van investering in die ontwikkeling van die olievelde. Teen dié tyd was Brittanje ook al ‘n netto-uitvoerder van olie en olie-produkte (plastiek, kunsmis, ens). Daar was teen 1988 ‘n afname in die olieproduksie, maar nuwe tegnologie (byvoorbeeld om sywaarts te boor) keer die afname om, en die produksie bereik ‘n nuwe hoogte in 1999. Die velde word egter toenemend uitgeput en dit begin moeiliker word om olie te produseer. ‘n Dramatiese afname in die produksie van olie, tussen 5% en 10% per jaar, word tans ervaar en in 2006 het die produksie reeds met 46% afgeneem gemeet teen die spits in 1999.
In 2008 is Brittanje weer ‘n netto invoerder van ru-olie, en geen nuwe tegnologie gaan hierdie feit omkeer nie. Die Noordsee-meevaller is uitgeput, en die enkele belangrikste rede vir Brittanje se ekonomiese opbloei in die Thatcher-jare geld nie meer nie.
Dit beteken nie dat Brittanje skielike ekomiese ondergang gaan ervaar nie. Inteendeel, die investering in ander sektore van die ekonomie gedurende 1975-2005 is steeds ‘n belangrike deel van die ekonomie wat rykdom in ander sektore genereer. Daar is egter nie meer goedkoop en maklike energie nie en Brittanje moet nou saam met ander lande ru-olie uit die Midde-Ooste invoer.
Noordsee-olie, tesame met Meksiko se reuse Canterell-veld, het die olieskokke van die 1970s omgekeer, en was onderliggend aan die wêreld se uitstekende ekonomiese toestande gedurende die 1980s en 1990s. Die afname in produksie in hierdie velde veroorsaak tekorte op die oliemark vandag, en veral met toename in aanvraag uit Sjina en die Ooste, stoot dit die prys op, tot oor die $130 per vat, vergeleke met ‘n prys van onder $90 per vat sedert my laaste bydrae oor olie. Die onderliggende rede aan die olie-prys se dramatiese onlangse toename is presies die uitputting van Noordsee en Meksikaanse olie (en Rusland se onvermoë om hulle produksie te verhoog), wat vervang moet word met verhoogde produksie in die Midde-Ooste. Daar is egter tekens dat selfs Saoedi-Arabië nie meer die kapasiteit het om produksie noemenswaardig te verhoog nie.
Daar is steeds in baie Westerse kringe ‘n ontkenning dat ‘n nuwe energiekrisis dreig wat merkwaardige ekonomiese gevolge kan hê. Die wêreld se produksie staan vandag op ongeveer 86 miljoen vate per dag (taamlik konstant sedert 2005), en daar is huidige tekens dat dit nie volhou kan word nie. ‘n Onvermydelike afname, soortgelyk aan die afname in produksie uit die Noordsee, kan verdere prysstygings veroorsaak, en $200 per vat, of selfs meer, is nie buite die kwessie nie. Dit is so selfs as die huidige prys die gevolg van spekulasie is – in daardie geval sal die prys eers afneem, voor dit weer verhoog onder markdruk weens ‘n tekort. ‘n Jaar gelede was ‘n prys van $100 per vat ondenkbaar, maar vandag lyk dit goedkoop.
Die geopolitieke gevolge van fisiese tekorte in ru-olie sluit hongersnood en oorloë in, soos wat die wêreld sal moet aanpas in ‘n laer-energie ekonomie sonder maklike vervoer in die vorm van motors en internasionale vlugte, asook dan akkute voedseltekorte weens tekorte in kunsmis en duur dieselolie, en dies meer.
In die geval van Brittanje is die verband tussen Noordsee-olie en die rykdom en vooruitstrewendheid van jare tussen1980 en 2005 nie toevallig nie. Daardie rykdom was dalk meer as gevolg van Noordsee-olie, as gevolg Thatcher. Die onderliggende redes vir Brittanje se ekonomiese agteruitgang na die Tweede Wêreldoorlog tot in 1975 is steeds daar, maar was verdoesel, en dit sal nou weer na vore begin kom. In die volgende dekades gaan Brittanje weer ‘n periode van relatiewe afname met gepaardgaande probleme ervaar, en dit in ‘n wêreld waar olieprysskokke die wêreldekonomie gaan ontwrig en menslike vernuf tot die uiterse gaan toets.
In my vorige twee rubrieke oor die demografiese krisis, asook die positiewe en negatiewe aspekte van ons situasie, is gewys op elemente van die hede. Ten slotte ’n paar opmerkings oor die verlede en toekoms.As ’n mens die geskiedenis van Europa, Afrika, Asië en Amerika lees, besef jy dat verkeerde dinge wat Afrikaners gedoen het, niks erger is as wat ander volke of nasies begaan het nie. Inteendeel. Baie van ons apartheidspraktyke was niks vreemds aan vredestydse praktyke in Amerika, Europese, Asiatiese en Afrikalande nie.
Uitdrukkings soos “legacy of the past” of “die nalatenskap van apartheid” verwys egter altyd na iets slegs. Dit maak ander mense, en ook onsself blind vir die belangrike bydraes wat die Afrikaners tot Suid-Afrika gelewer het, dikwels in samewerking met ander, maar dikwels ook op ons inisiatief.
Die eerste is die materiële of die stoflike bydrae – alles wat die ANC-bewind geërf het, naamlik ’n hoogs ontwikkelde infrastruktuur, ’n doeltreffend funksionerende staatsapparaat, munisipale dienste wat in stand gehou is ondanks alles wat in die laaste jare van die ou bedeling gedoen is om die land “onregeerbaar te maak”. Daar was ’n gesofistikeerde gesondheidsdiens.
Spesifieke bydraes is onder baie ander die Gariep- en Vanderkloofdam, asook Sasol, wat vir die ANC so ’n belangrike simbool van apartheid was, dat hy dit wou verwoes (in 1980 is aanslae daarop gemaak) maar vandag iets is waarmee die bewind kan spog.
Onder die nie-stoflike bydraes is die vestiging van die “Westerse” of “Christelike beskawing” (iets reëels, maar moeilik omskryfbaar), die Romeins-Hollandse reg en demokratiese instellings. Die Boererepublieke was demokrasieë – al was hulle, soos die res van die wêreld in daardie tyd, nog nie ten volle demokraties in dié opsig dat almal stemreg gehad het nie.
Die grondwetmakers van die Unie van Suid-Afrika het op aandrang van twee Afrikaner-afgevaardigdes, pres. M.T. Steyn en genl. J.B.M. Hertzog, besluit dat Engels en “Hollands” (dus Afrikaans en Nederlands) die amptelike tale sou wees. Brittanje het Engels as die enigste amptelike taal beskou, en die Engelssprekende afgevaardigdes het na die nasionale konvensie gegaan met die mening dat alleen Engels die offisiële taal sou bly.
Dié besluit is een van die belangrikste in Suid-Afrika se geskiedenis, want daarmee is amptelike veeltaligheid ingestel. Mettertyd is die taalbeleid na ander gemeenskappe uitgebrei. Alle taalgroepe het moedertaalonderwys gekry; die Verwoerd-bewind het volwaardige radiodienste vir die Afrikatale ingestel; later het televisie in dié tale gevolg. In die tuislande is die Afrikatale gebruik, soos isiXhosa in die wetboeke van die Transkei.
Een van die nalatenskappe van die ou bewind was taaldiversiteit in die onderwys, die radio en televisie en die landsbestuur
Dis al bietjie ’n cliché om te sê: “Wie die hede beheers, beheers die verlede; wie die verlede beheers, beheers die toekoms.” Ons moet daarteen veg dat ons verlede beheers word deur wat die vyande van die Afrikaner ons wysmaak – want dit sal seer seker ’n negatiewe invloed hê op die toekoms.
Moet die Afrikaners voortbestaan as ’n volk (of “kultuurgemeenskap”) met ’n eie taal en geestelike en kulturele erfgoed? (Die alternatief is om langsamerhand van ons taal en ander aspekte van ons identiteit afstand te doen en as Engelssprekendes in ’n Suid-Afrikaanse nasie op te gaan.) As ons bevestigend antwoord, kan ons inspirasie kry uit die feit dat daar oor die hele wêreld volkere en taalgroepe is wat vir hul identiteit die stryd aanknoop.
Soos Leopold Scholtz onlangs geskryf het, kleef daar opeens nie meer ‘n reukie aan nasionalisme, etniese identiteit en godsdiens nie. Dis nie noodwendig regs of gevaarlik as Afrikaanse mense vir hul taal opkom of as Afrikaners hul etniese identiteit hoog ag nie.
’n Paar suksesvolle hofgedinge is teen onderwysdepartemente gevoer wat Afrikaansmediumskole se taalbeleid verander het.
In ’n H.F. Verwoerd-gedenklesing in 2006 was sy boodskap dat enige uitkoms begin by die aktiewe besluit van ‘n pres. M.T. Steyn, die besluit wat ook verwoord word in die gedigte van Van Wyk Louw: die besluit dat ons nie gebuig kan word, soos hul geweld beoog nie.
Waar eers so ‘n wil is, verskyn wel ‘n weg. Sy voorstelle behels die vorming van voorlopers, die leiers en potensiële leiers op alle terreine. ‘n Eie inligtingsnetwerk moet opgebou word, dalk in kombinasie met Afrikanerbeheerde bedrywe binne en buite SA. Projekte en geleenthede moet plaasvind rondom denkers, skrywers en ander kunstenaars. Hy sê: “Hulle skep alternatiewe waarderuimtes waarbinne mense lewe. Bevryde gebiede begin in die gees.”
Hy meen Afrikaners en hul kamergeleerdes het nog nie naastenby genoeg oor selfverdediging gedink nie. Dalk kry die moordbendes dit vorentoe reg om Afrikaners uiteindelik te transformeer: tot selfverdedigers. Spesiale magsoldate meen dat die meerderheid deur die regte opleiding omvorm word tot redelike verdedigers. Maar daar sal waarskynlik ‘n eerste linie mobiele veiligheidspesialiste wees, dalk rondom ontbinde kommando’s en privaatveiligheidsfirma’s.
Matthee sê Afrikaners moet hul vryheid van denke en politieke pluralisme koester terwyl hulle hul paraatheid bou. En hy voeg by wat Langenhoven, Sagmoedige Neelsie, gesê het: “Bakleiery is vanself so ‘n slegte ding dat jy dit nie boonop sleg moet doen ook nie.”
Ten slotte moet ons ’n ander gesindheid oor ons verlede aankweek, iets anders as die gees van sak en as oor wat verkeerd gedoen is in die verlede.
Ons moet wegkom van die ongesonde en demoraliserende opvatting van kollektiewe skuld. Ons kan nie medeverantwoordelikheid aanvaar vir wat elke Afrikaner verkeerd doen of wat groepe verkeerd gedoen het nou of in die verlede nie.
Daarteenoor wil ek iets stel uit ’n afsluitingsreferaat wat die digter, essayskrywer en dominee Izak de Villiers in 2004 in Potchefstroom voor die Akademie gelewer het. Die referaat verskyn volledig op Praag se webwerf.
De Villiers sê ons moet die waarheid in die geskiedenis soek, “die grootse én die skande”, maar die skande moet ons nie ten koste van die grootse beklemtoon nie. Ons moet ’n nuwe selfbewussyn en trots ontwikkel, “in die besef dat die wêreld groter is as stelsels, kultusse en abstraksies, en gedagtig aan die woorde van T.S. Eliot uit ‘Burnt Norton’: ‘Time present and time past / Are both perhaps present in time future,/ And time future contained in time past,’ dat die verlede, veral die goeie van die verlede, eintlik nooit afgehandel word nie.
“[…] Jy konfronteer jou eie duiwels uit die verlede en jy probeer hulle so goed as moontlik hokslaan, maar dan soek jy jou engele soos die ou bewarende Engel wat voor die Israeliete uitgetrek het. Dié soektog begin in ons totale verlede, nie slegs die onlangse verlede van ‘n lapsus nie en nie slegs die afdwalings nie. Jy vertrap nie jou eie helde en mites nie, jy bou hulle.”
Een van die hoofartikels in verlede Sondag se Rapport eindig met die sin: “Suid-Afrika is in die grootste bestaanskrisis sedert 1994 – en leierloos”. Hierdie is vir seker een van die meer relevante stellings wat uit die Media24-stal in ‘n lang tyd gekom het. Hoewel die artikel die situasie in die land reg opsom, toon dit net so min begrip vir die toedrag as almal wat tot die Suid-Afrikaanse liberale dampkring behoort.
Regdeur die liberale denksool word daar toenemd gehoop dat “nuwe leierskap” die land uit sy krisis sal ruk. Sommiges soos Tim du Plessis reken ‘n verkiesing sal ons op ‘n ander koers plaas terwyl ander, soos Koos Kombuis, glo dat die herlewing van ‘n soort UDF-beweging die land in die regte ringting sal stuur. In die algemeen heers die geloof dat die een of ander vernuwing by die uitvoerende arm van die staat Suid-Afrika en spesifiek die konsep “Nuwe Suid-Afrika” weer op die suksespad gaan plaas.
Die gebrek aan insig in die Suid-Afrikaanse werklikheid en daarby die Afrikawerklikheid word vertoon deur die geloof in die hedendaagse post-apartheidsbestel sowel as die relatiewe “sukses” daarvan tot onlangs. Om te glo dat die Nuwe Suid-Afrika ‘n sukses kan wees, vereis dat mens glo dat die liberale demokrasie binne die Afrikaverband kan funksioneer. Om te glo dat die Nuwe Suid-Afrika tot onlangs ‘n suksesverhaal was, is om te ontken dat die land op die momentum van die staatstruktuur wat deur die jare van blanke regering neergelê is, gestu was en dat dit net kon werk solank daardie struktuur nog volgens Westerse logika bly funksioneer het. Dit ontken dat die transformasie-ideologie hierdie struktuur van ‘n nuwe logika sou voorsien en dat die nuwe staat, in daardie sin, dus getransformeer word/is.
Volgens die nuwe logika is die staat wel suksesvol, al is dit nie volgens die norme van Westerse sukses nie. In ‘n bestel en kultuur waar meriete nie tel nie en waar individuele verantwoordbaarheid nie vooropgestel word nie, moet daar noodwendig ander uitkomstes verwag word. Die moderne staat wat Suid-Afrika geword het kon alleen volgens die riglyne van ‘n beskawing ontwikkel wat ‘n bepaalde peil van rasionele kulturele ontwikkeling bereik het. Dit is my mening dat die Afrikakultuur nie oor die meganismes beskik om dié tipe rasionaliteit, wat die funksionering van ‘n modern staat vereis, vol te hou nie. Dit sal onvermydlik tot degenerasie en disintegrasie van die staat lei.
Volgens die liberale uitkyk is so ‘n oorweging op die minste rassisties. Dit is die probleem. Die liberalisme neem nie antropologiese getuienis betreffende die daarstelling van ‘n samelewingsbestel in ag nie. Volgens die liberalisme, maar ook sosialisme, moet die werklikheid begryp word in terme van die gelykheidsideel. Individue beskik nie bloot oor gelyke regte nie, maar moet ook in alle opsigte gelyk raak of gelykgestel word.
Die subteks van die gelykheidsideaal is dat mense ook “dieselfde” is, soos die leuse van die Pretoriase stadsraad aan ons voorhou: “Tshwane – we are the same.” Antropologiese verskille tussen mense behels grootliks aksentverskille wat hoogstens geringe nuanse-onderskeidings in waardes en gedrag meebring. Die moontlikheid dat kultuurverskille sulke dramatiese verskille mag meebring dat dit ook die samelewingsvorm of selfs beskawingspeil kan bepaal, mag eenvoudig nie oorweeg word nie. So ‘n oorweging sou outomaties die gelykheidsbeginsel in die gedrang bring. Indien dit die geval is, sal die gelykheidsideaal irrelevant wees en die samelewing wat daarvolgens ingerig word onhaalbaar wees, nie weens ‘n tydsgreep van swak leierskap nie, maar bloot omdat die einste samelewing nie daardie ideaal kán verwesenlik nie.
Dit verteenwoordig ‘n groteske krisis want dit sou betken dat die bestel waarin die Afrikaner alle mag prysgegee het en waarin sy “ideologiese leierskap” hulself met oorgawe gewerp het – volgens dit wat Afrikaners as ‘n sukses kan beskou – misluk het. Die liberale denkers wat die postapartheid-Suid-Afrika in die vorige eeu bedink het, sou nie kon voorsien dat die liberale gedagte van multikulturalisme nie alleen in Suid-Afrika totaal sou misluk nie, maar dat dit ook in die geboorteplek van liberalisme, nl. Europa, in ‘n bestaanskrisis sou beland nie.
Die gebrek aan antropologiese begrip te midde van die huidige krisis staan sentraal by ons onvermoë en verlamming daarteenoor. Onlangs het Jaap Steyn na die pre-nasiestaat verwys waar die nie-politieke en nie-morele natuurwesens gewoon het. Hierdie tipe eerlikheid is noodsaaklik om ons huidige situasie te verstaan. Die anargie wat ons vandag die “Nuwe Suid-Afrika” noem, is vir seker die resultaat van die Afrikaan wat nie eensklaps binne die moderne fenomeen van liberale demokrasie ‘n sinvolle beskawingsvorm kan daarstel nie. Alle pogings om by die skepping van so ‘n beskawing betrokke te wees, moet deur die katalisator van verafrikanisering of “transformasie” gaan. Dit is nie net ‘n ideologiese voorvereiste nie, maar ook ‘n praktiese een, want daarsonder sou daar geen deelname vir die Afrikaan in die bedeling wees nie. Daar kan egter geen deelname sonder die uitdrukking van kultuur plaasvind nie.
Die nasiestaat vereis die betstaan van individualiteit. ‘n Samelewing wat so geografies wyd en institusioneel gediversifiseerd soos die nasiestaat is, vereis dat die inwoners self verantwoordelikheid neem oor moraliteitskeuses. Die instellings wat die samelewing reël, kan nie daagliks by die inwoner se lewe ingryp nie, wat beteken dat die individu self moraliteit en dus ‘n wettige lewenstyl moet kan handhaaf. Die stamkultuur daarenteenoor is institusioneel ongediversifiseer en die fisiese lewensruimte is nou en beperk. Die stamlid ontglip nooit aan die konstante inmenging van die gemeenskap of die ongediversifiseerde instellings nie. Deels omdat dit dus nie nodig is om self moralitietsbesluite te neem nie, maar ook deels omdat individualistiese gedrag in so ‘n noue bestaansvorm problematies kan raak, versaak die lid hierdie verantwoordelikheid grotendeels en dra dit aan sy sosiale omgewing oor.
Die Afrikaan moet sosiaal-sielkundig as stamkultuurmens verstaan word. By die Westerling lê die morele lokus van kontrole, normaalweg, by die individu self. By die stamverbonde mens lyk dit anders. In die stamverband verskuif die lokus meer na die kollektiewe bewussyn en selfs na die stamhoof. (Max Weber het uitvoerig geargumenteer dat die kollektiewe bewussyn help om moraliteit in stand te hou. Volgens Weber se begrip van samelweingsrasionalisering is dit redelik om te verstaan dat die kollektiewe bewussyn in stamkultuurgemeenskappe ‘n baie sterker invloed sou uitoefen as in moderne samelewings soos die nasiestaat.) In stamkultuurgemeenskappe bestaan merendeels ‘n eksterne lokus van morele kontrole wat slegs binne beperkte institusionele en geografiese vestigingsverband uitgeoefen kan word. Die ontwortelde stamlid kan dus nie morele ekwilibrium bereik binne ‘n samelewing wat institusioneel en ruimtelik nie vir ‘n eksterne lokus van kontrole voorsiening maak nie. Die stamlid moet vervang word deur ‘n moreel verantwoordbare individu binne die sosiaal losser en meer onpersoonlike vestigingspatrone van moderne verstedeliking. Indien hy dit nie kan doen nie, ontwikkel ‘n moraliteitskrisis.
In die stamverband bestaan die individu dus nie. Die individu kom eers tot stand wanneer die inwoner self die verantwoordelikheid van moraliteit opneem. Dit vereis dus ‘n hoër beskawingsvorm as die stamkultuur. Die liberalisme behandel nogtans almal as individue.Die vraag is nou of mense binne een of twee geslagte vanaf stamlid tot individu kan vorder? Is die verwydering van die kraal en die stamhoof ‘n voldoende vereiste om van die verstedelikte Afrikaan ‘n moreel verantwoordbare individu te maak? Kan sy tradisionele sielkundige logika so vinnig ongedaan gemaak word? Kan die lokus van kontrole binne ‘n generasie of twee geïnternaliseer word? Ek wil argumenteer dat daar slegs negatief op elk van hierdie vrae beantwoord kan word.
Ek gaan verder om die voorafgaande te demonstreer: Indien die blote verwydering van die eksterne lokus van kontrole (nl. die stam en gepaardgaande kollektiewe bewussyn, die hoof ens.) geskied en nie onmiddellik deur ‘n interne lokus van kontrole vervang word nie, sal die premoderne mens vir seker in ‘n morele krisis verkeer. Verklaar dit waarom swart verstedeliking en misdaad onlosmaaklik verbind te blyk? Is dit waarom korrupsie op alle vlakke gedy en waarom geweld seëvier? Is dit die rede waarom geen Afrikastaat ‘n Westerse suksesverhaal is nie? Het die polisiestaat wat apartheid in sy latere jare geraak het tot groot mate kunsmatige orde in SA afgedwing? My gevoel is dat die antwoord op die voorafgaande vrae ‘n onbetwisbare “Ja” is. Die gedragsbepaler raak die uitvoerbare moontlikhede eerder as die morele moontlikhede. Moraliteit bestaan as’t ware nie meer nie, want die stammens het nie ‘n individu geword nie. Publieke teregstellings deur lokasie-inwoners kan ‘n voorbeeld wees van waar kollektiewe ingryp desperaat, hoewel te laat, uitgeoefen word, weens orde wat geheel en al hand uitruk.
Morele kontrole in die stam is direk tussen die lid en stam en daarby ook wederkerig. Die krisis van die stamkultuur mens, binne die moderne samelewing , is nie alleen dat sy eie morele lokus van kontrole (nl. die stamverband) weg val en daarby sy morele aanspreeklikheid beindig nie, maar ook dat die nuwe verstedelike sosiale omgewing nie op dieselfde wyse teenoor hom aanspreeklik is as wat in die stamverband was nie. Die probleem is net so erg wanneer mense wat nog nie ‘n morele kokus van kontrole geinternaliseer het nie die bestuur van ‘n modern staat oorneem. In hierdie geval verkeer die staat in ‘n krisis aangesien die leierskap ditself nie aanspreeklik teenoor die burgers voel nie, aangesien daar geen direkte verhouding met die burgery, soos in die geval van stamverband, bestaan nie.
Om voort te hamer dat die NSA volgens die liberaal-demokratiese ( en dus Westerse) model ‘n sukses sal word, d.m.v kosmetiese veranderinge soos nuwe leierskap is om die totale antropologiese struktuur van Suid Afrika te negeer. Hierdie droom wat konstant nagejaag word deur die liberale dampkring stuur die land bloot ‘n dieper krisis binne. Maar, miskien is hierdie krisis die nodige katalisator wat die liberale houvas op die land en op die Afrikaner sal breek. Miskien is die totale ineenstorting van die Nuwe Suid-Afrika noodsaaklik woordat dit deur ‘n sinvolle bedeling, wat die werklikhede van Afrika in ag neem, vervang kan word.
Die rol van groot kapitaal om die huidige bestel in stand te hou, mag egter nie geïgnoreer word nie. Enige omwenteling wat tot die finale ineenstorting van die huidige orde mag lei, skep die tipe onstabiliteit wat groot kapitaal sal wil vermy. Groot kapitaal het ‘n belang in die handhawing van die huidige bestel. Die Afrikaner kan nie bloot wag vir die huidige bestel om in duie te stort nie aangesien groot kapitaal se invloed aansienlik is en dus so ‘n ineenstorting ten volle sal probeer teenwerk deur die huidige bestel kunsmatig aan die gang te hou. Die Afrikaner sal aktief en selfs revolusionêr by die aftakeling van die huidige orde betrokke moet raak.
Toevallig het ek dié naweek twee heerlike aandetes in Pretoria bygewoon. Soos die Engels-Suid-Afrikaanse historikus, Eric Walker, ook op ʼn keer opgemerk het, beskik die Afrikaner oor ʼn unieke vermoë om te kuier, ʼn woord wat in geen ander taal bestaan nie.
Ek het al etlike dinees in Parys, Berlyn of Londen bygewoon, maar nêrens anders vind mens die unieke kombinasie van formaliteit en warmte wat ʼn feesmaal tussen Afrikaners kenmerk nie.
Onvermydelik by geleenthede soos die afgelope naweek wentel die gesprek na die politiek, misdaad, emigrasie en verwante kwessies.
Die dogter van ons gasvrou en haar vriend Saterdagaand praat van emigrasie as die enigste uitweg vir die jonger geslag wat weens rassisme in die werkplek en geweldsmisdaad geen toekoms meer in die land sien nie.
ʼn Algemene refrein in die gesprek is Afrikanerverdeeldheid wat ons magteloos laat voor die meedoënlose aanslag van die ANC, maar ook die Afrikademografie wat besig is om Suid-Afrika onherroepelik te verander.
Hoewel die meeste persone rondom die tafel op een of ander manier by die politiek betrokke was of is, koester niemand enige vertroue in bestaande politieke partye nie.
Die DA word gesien as ʼn party wat die gevangene is van sy eie liberale ideologie, wat byvoorbeeld onlangs veroorsaak het dat hy een van sy eie parlementslede, Diane Kohler-Barnard se kritiese standpunt oor onwettige immigrasie gerepudieer het.
Hoe kan mens verwag dat die DA die Afrikanerbelang op die hart sal dra indien die party nie eens die land se belang om sy gebiedsintegriteit te beskerm, kan insien nie?
Ons gasheer was op een of ander stadium by die Vryheidsfront betrokke, in die vroeë negentigerjare. Volgens hom het dié party ook ʼn aantal strategiese foute begaan wat tot die Afrikaner se uiteindelike politieke ondergang bygedra het.
Onder andere het Buthelezi vir Constand Viljoen in ʼn brief gesmeek dat daar ʼn Afrikaner-Zoeloe-alliansie in 1996 tot stand moet kom en dat die nuwe grondwet wat die huidige sentralisme sou instel, teengestaan moes word. Die Vryheidsfront het egter besluit dat hulle nie die ANC in die gesig moes vat nie want anders sal hulle geen volkstaat ontvang nie.
Van die beloofde volkstaat het daar natuurlik niks gekom nie en die moontlike bondgenootskap tussen die IVP en die Vryheidsfront het skipbreuk gely.
Toe die gesprek eers uitkom by die aantal mense rondom die tafel wat oor die afgelope weke en maande met pistole aangehou, beroof of besteel is, het die geselskap selfs nog meer pessimisties geraak.
Leef ons nie in die mees dekadente tyd denkbaar in hierdie land nie? Terwyl Rome of dan Pretoria en Johannesburg brand, hou ons partytjie. Die smaaklike soufflé-voorgereg, gevolg deur skaapskenkels wat ons gasvrou Saterdagaand bedien het, asook die goeie Kaapse wyn, het ironies genoeg bygedra tot my gevoel van ons eie dekadensie. Ons gaan voort om op ons beskaafde, Europese manier dinees in ons huise te hou en logies oor ons probleme te redeneer terwyl die barbare daarbuite besig is om die plek af te breek. In dieselfde straat waar ons ete plaasvind, is ʼn ou dame onlangs doodgeskiet en mense leef in vrees agter mure, elektriese drade en ander versperrings.
Blykbaar beheer die Nigeriërs reeds Sunnyside in Pretoria, voeg een van die gaste by. Tydens die geweld teen vreemdelinge verlede maand, was die Suid-Afrikaanse swartes te bang om die Nigeriërs in Sunnyside aan te vat. Immers het die Nigeriese leier, Umaru Yar'Adua, dié week gesê dat sy regering Nigeriërs op enige plek in Suid-Afrika sal beskerm, dus ook in Sunnyside.
ʼn Jaar of wat gelede is daar ʼn syfer oor Nigeriërs gepubliseer wat my nogal aan die dink gesit het: uit die 100 000 Nigeriërs in Suid-Afrika, is slegs 3 000 wettig hier. Yar’Adua se uitspraak oor sy landgenote moet binne dié verband gesien word. Eintlik is die Nigeriese leier besig om aan ons te sê dat dit Nigeriërs se reg is om oor ons landsgrense te beweeg en hier te kom sake doen in die dwelm- en prostitusiebedrywe of watter ander bedryf hulle ook al interesseer.
Terwyl die hoofstroommedia besig is om ons mense te sus dat hulle in ʼn “normale demokrasie” woon, doem ʼn ander Suid-Afrika op die horison voor ons op: een sonder grensbeheer waar 600 miljoen mense suid van die Sahara hul aandeel in die rykdom wat ons oor die afgelope 350 jaar hier geskep het, kom opeis. Dit is reeds ʼn land waar wet en orde ʼn vorm van apartheidsnostalgie verteenwoordig.
Voeg daarby nog regstellende aksie en die algehele vertrapping van die Afrikaner se taal- en kulturele regte en mens kan verstaan waarom waarskynlik die meerderheid van ons jongmense vandag hul heil oorsee sien en ook daar wil gaan soek.
Sonder ʼn plan gaan die Afrikaner nooit die huidige krisis wat hom op alle fronte aan ons opdring, oorleef nie. Vrydagaand, by die ander ete, het ons in ons aandpakke met sigare vanaf ʼn uitkykpunt na die liggies van Pretoria kon staar, die stad van Paul Kruger en van waar Afrikaners eens geregeer het.
Paul Kruger het in sy beroemde uitspraak oor “Afrika vir die Afrikaner” gedroom van ʼn magtige Afrikanerryk wat sal strek vanaf die Kaap tot aan die Zambesi. Gegewe al die terugslae wat ons volk oor die afgelope dekade of meer beleef het, kan ons nie meer sulke grootse gedagtes koester nie.
Nogtans kort ons ʼn ideaal om ons in ons huidige ellende te begeester, dieselfde vryheidsideaal wat ons mense al sedert die 1790’s en selfs daarvoor in die tyd van die eerste Vryburgers in die laat 1650’s besiel het: ʼn land van ons eie.
Ons het Suid-Afrika onherroepelik verloor en aan die Xhosas, die Nigeriërs en watter ander opportuniste nog hier ons drumpel gaan kom deurtrap, afgestaan. Maar dit is nie te sê dat die verkryging van ʼn eie grondgebied in die land van ons vaders nie ʼn realistiese doelwit vir ons kan wees nie.
Gegewe die groot getalle Afrikaners wat steeds in en rondom Pretoria woon, ongeveer 500 000 met ʼn ander 700 000 in die onmiddellike omgewing aan die Oos- en Wesrand, droom ek daarvan dat hierdie bestaande Afrikanergebied die groeipunt van ʼn nuwe vryheid en ʼn nuwe staat kan word. Ons kan die yl bevolkte Oos-Transvaal en die Krugerwildtuin ook vir so ʼn toekomstige staat opeis.
Sekerlik sal daar altyd Afrikaners wees wat oorheersing deur ander bo vryheid en onafhanklikheid verkies, net soos wat daar ʼn groot aantal hensoppers en hanskakies in die Tweede Vryheidsoorlog was. Maar die strewe na ʼn nuwe staat in die noorde van die land kan aan ons mense nuwe hoop gee en ons mobiliseer om ons huidige probleme te oorkom.
Tesame met ons taal, ons Europese afkoms en ons roemryke pioniersgeskiedenis, kan die nuwe onafhanklikheidstrewe ʼn swaartepunt vir ons identiteit in hierdie deurmekaar, identiteitlose en toenemend mislukte Afrikastaat met sy oop grense word.
Rondom hierdie onafhanklikheidstrewe moet ʼn konkrete plan uitgewerk word; jaar na jaar moet ons nader aan ons doelwit vorder, net soos wat die ou Nasionale Party dekades lank die gedagte van ʼn nuwe republiek lewendig gehou het, selfs toe die Afrikaner se politieke invloed by tye weens onderlinge verdeeldheid (veral in die dertiger- en veertigerjare) gekwyn het.
Indien onwettige Nigeriese immigrante vir hulle eie voorstede en gebiede in ons land kan afbaken en as’t ware kom teer op die karkas van die sterwende 1910-staat wat steeds as Suid-Afrika bekendstaan, kan die Afrikaner nie ook dieselfde doen nie?
Of het die geskiedenis ons geweeg en gewoon te lig bevind?
As Oxfam dan werklik so sterk voel oor die arme vlugtelinge, stel ek voor die organisasie gaan kyk in Gordon Brown se oë vir geldelike bystand.
Gegewe die spanning onder die pleisterwerk van die Nuwe Suid-Afrika is dit nie toevallig dat die twee begrippe dieselfde vraagstuk behandel nie. Van die eerste tot die laaste gaan dit oor die mislukking van die opgehemelde multikulturele staatsbestel van die Nuwe Suid-Afrika. Nie dat die hoofstroom Afrikaanse pers dit só verstaan het nie. Hulle het vergeet die monument was op sand gebou want hulle was te besig om die barste in die mure uit te kryt.
Die twee begrippe het 'n werkskoors onder die griffelaars ontketen. Liters ink is opgeskryf en die luggolwe is geskroei met allerheilige verontwaardiging. Tog, na dit alles kon hulle nog nie die eenvoudige verband tussen dié twee gebeurtenisse insien nie; dat dit maar alles gaan oor die eenvoudigste van alle sosiale reëlings: Mense verkies dít wat eie aan hulle is en is regtens agterdogtig teenoor dít wat vreemd aan hulle kultuur is.
Hierdie basiese, ingebore drang na die eie is te sien in die Reitz-koshuisinwoners se traagheid om in een huishoudelike ruimte ingeklits te word met mense wat 'n ander taal as hulle praat, 'n ander klem op persoonlike omgang het, wat ander musiek luister, ander sport verkies en 'n ander beskouing van sulke basiese sosiale elemente soos privaatheid en naaktheid het.
Hierdie selfde ingebore, natuurlike drang het township-inwoners genoop om die buitelanders om hulle te verdryf.
In albei gevalle het die liberale Afrikaanse media dieselfde tam, tam, tam ou voorskrif aangebied: Daar moet oor nasionale boeg 'n gesindheidsverandering kom. Mense moet leer om anders te dink. Mense moet diep teue van daardie maatskaplike liefdeseliksir, integrasie, drink. Blanke redaksionele touleiers, waarvan nie een in 'n township woon nie, waarvan nie een 'n kind in 'n oorwegende swart skool het nie, wat nie een met 'n anderskleurige getroud is nie, het hosannas oor diversiteit, die liberalis se heilige graal, afgesteek.
Maar, soos enige Australiese rugbyskeidsregter, was hulle allermins konsekwent in hulle uitsprake. Hulle bolsjewistiese partyresitasie aangaande die vreemdelinghaat was dat dit ontstellend was, o ja, maar die townshippers se griewe verdien darem ook aandag.
Die Reitz-videomakers het nooit hierdie voordeel van die twyfel ontvang nie. Die liberalis durf nie die moontlikheid oorweeg dat Afrikanerstudente geldige besware kan hê nie. Sy hele filosofie sal in vlamme uitbars soos 'n Pakistani-spazawinkel in Alexandra. Die liberalis is so besig om te preek hoe ons na mekaar moet luister dat hy nie tyd het om na die Reitz-inwoners te luister nie.
As 'n mens die gemiddelde temperatuur van al die berigte oor dié twee gebeurtenisse neem, is daar geen twyfel nie: Die hoofstroom Afrikaanse media is op hulle volksverguisende beste baie meer ontstel oor die “walgvideo” as oor die “xenofobiese aanvalle.”
Die konsensus onder hulle is dat dit nie mooi is om hulpelose mense in die nag aan te val, te verwilder, te martel en te vermoor nie. Maar dit kon veel erger gewees het. Die ontevrede Alexandraïete kon iemand omgepraat het om in 'n satiriese video te verskyn en om saam met hulle gek te skeer. En dan – o die onmenslikheid – dan kon hulle hom na die tyd met 'n bottel whisky vergoed het. In die Nuwe Suid-Afrika se gruwelkonsert is Alexandra se danse macabre getroef deur Reitz se langarmsokkie.
Enkele dae gelede is daar besluit om Reitz-kamerwonings op die Kovsie-kampus te sluit. “Ons kon nie anders nie,” het die lamsakkige universiteitsbestuur gesê. Na wat berig word, sal die blanke inwoners van Reitz by tradisioneel swart koshuise ingedeel word.
Natuurlik het Naspers se susterskoerante die tamboeryne in die liberalistiese Hare Krishna-koordans gespeel. “Dit lyk na die korrekte…(besluit)” het die Beeld preuts gehyg en toe gerapsodieer oor die instituut vir diversiteit wat na bewering in Reitz se plek opgerig sal word.
Die geveinsdheid van die liberale Afrikaner ken geen perke nie.
Want moet wat vir Reitz geld nie ook van toepassing wees op Alexandra nie?
Maar wag, miskien is dit nie so 'n slegte idee nie. Miskien het hulle iets beet. Miskien is die oplossing van die “xenofobiese aanvalle”-vraagstuk voor die hand liggend. Maak Alexandra eenvoudig toe en stuur die Suid-Afrikaanse inwoners om in 'n plakkerskamp op die buitewyke van Harare te gaan bly! Briljant! En in die plek van Alexandra bou ons 'n instituut vir diversiteit. Miskien selfs iets ambisieus; iets soos 'n Disney-styltemapark. En die naam daarvan is vanselfsprekend. Welkom by Mugabeworld. In plaas van 'n Hawaii-tipe graskransie word die besoeker met 'n Firestone-buiteband om die nek ontvang.
Dit was 'n brandende buiteband en 'n vreemdeling se dood in 'n vlammende halssnoerhel wat die sentrale indruk van die aanvalle op buitelanders geword het.
Die hoofstroommedia het in afgryse uitgebars. Maar wanneer hulle stil word, hoor mens nog steeds hoe hulle hulleself troos. Hy is die ergste darem gespaar:
Iemand kon flou Oros in sy kos gegooi het en 'n video gemaak het terwyl hy dit eet.
Die uitbarsting van etniese geweld teen buitelanders is die belangrikste politieke gebeurtenis sedert 1994. Dit verteenwoordig niks minder as die skipbreuk van Panafrikanisme in Suid-Afrika nie.
Onlangs het hier op die Praagwerf ʼn artikel deur Johann Wingard verskyn waarin die paradoks van die ANC se “terugkeer na Afrika” onder die loep gegeem word. Alles wat nie van Afrika is nie, moet uitgewerp word. Dis die kreet van Mugabe, maar ook die onderliggende filosofie van Panafrikanisme.
Panafrikanisme predik swart eenheid, ongeag stam, taal of geloof. Die ANC, as een van die oudste swart-nasionalistiese bewegings op die kontinent, onderskryf reeds dekades lank Panfrikanisme. Alles wat ons sedert Mandela se triomfantelike, vuis-in-die-lug-vrylating uit die mond van die ANC gehoor het, was deelagtig aan Panafrikanisme.
Die gedagte dat almal suid van die Sahara broers in een groot familie is, onderlê ook die Afrika-unie en die Panafrikaanse parlement oftewel PAP.
Panafrikanisme verteenwoordig – soos kommunisme, Katolisisme, die Britse Ryk en Hollywood – ʼn universele ideologie. Wat die kommuniste in hul bloeityd tussen die Oktoberrevolusie en die ineenstorting van die Berlynmuur “internasionalisme” genoem het, wil die Panafrikaniste op een vasteland, dié van Afrika, toepas.
Omtrent die hele swart elite in Suid-Afrika is een en almal vurige voorstanders van Panafrikanisme. Vandaar die ANC se immigrasiebeleid wat sonder enige wetlike omhaal eintlik ons landsgrense afgeskaf het. Daar word televisieprogramme gemaak waarin aangetoon word met watter gemak ʼn Zimbabwiër of ʼn Mosambieker die grens byna na willekeur kan oorsteek; en niemand – veral nie die ANC-regering nie – doen enigiets om dié toestand te stuit nie.
ʼn Jaar of twee gelede het ʼn meningsopname onder swart Suid-Afrikaners bevind dat slegs 11% goeie gevoelens teenoor swartes van elders op die kontinent koester of meen dat hulle ʼn “ereskuld” teenoor hulle moes betaal as gevolg van hul rol in die sogenaamde stryd teen apartheid.
Asof dit nie genoeg was nie, het die gebeure van die afgelope twee weke die doodsklok vir Panafrikanisme in Suid-Afrika gelui. Plaaslike swartes het met wapengeweld gewys dat hulle hoegenaamd nie te vinde is vir die gedagte van ʼn “gedeelde Suid-Afrika” waartoe die 600 miljoen suid van die Sahara toegang behoort te hê nie.
Teenoor hierdie politieke werklikheid, die verwerping deur die plaaslike bevolking van universele Afrikaburgerskap of beweeglikheid oor landsgrense, het sowel die media as die regerende ANC gereageer met die moralistiese gedagte van “vreemdelingehaat”. Die werklikheid van enorme maatskaplike en politieke spanning wat deur ongebreidelde immigrasie geskep word, is gewoon geïgnoreer.
Die gevolg is dat ʼn gaping tans in die Suid-Afrikaanse politiek bestaan wat so groot is soos die spreekwoordelike waenhuisdeur. Die ANC se immigrasiebeleid, of liewer die laisser aller wat dit verteenwoordig, het die potensiaal van ʼn swaai na regs geskep.
Selfs die Vryheidsfront Plus, wat waarskynlik die enigste semi-regse party in die parlement verteenwoordig, sou die volgende verkiesing kon wen indien die party bereid was om die risiko van verwerping deur die media en die universalistiese hoofstroom te loop.
In die onlangse tyd het immigrasie en veral onwettige immigrasie die hooftema van die Wes-Europese politiek geword. Anti-immigrasiepolitiek het sulke figure soos Pim Fortuyn in Nederland, Nicolas Sarkozy in Frankryk en Silvio Berlusconi in Italië opgelewer. Laasgenoemde twee politici is tans die staatshoofde van hul onderskeie lande, terwyl die intellektuele en ideologiese invloed van Pim Fortuyn – in weerwil van die sluipmoord op hom – so te sê ʼn ideologiese revolusie ontketen het. Die eertyds linkse intellektueel en voormalige minister vir immigrasie en integrasie, Rita Verdonk, het die natuurlike erfgename van Fortuyn se idees oor Nederlandse eksklusiwiteit en nasionalisme geword en het na haar uitsetting as minister verlede jaar die nuwe party “Trots Nederland” gestig.
Suid-Afrika is geen gewone Afrikaland nie; vandaar die toepaslikheid van Europese modelle op ons binnelandse politiek. Selfs die armste swartman in Suid-Afrika is, gemeet aan sy eweknie elders op die vasteland, ʼn middelklasverbruiker wat vrees dat hy deur die “verworpenes van die aarde” (groete aan Frantz Fanon) oorkant die Limpopo verdring mag word.
Ek verstout my om te sê dat selfs ʼn blanke Afrikaner onder die huidige omstandighede tot die volgende president van Suid-Afrika verkies mag word, mits so ʼn persoon intelligent genoeg sou wees om die nuwe situasie korrek te lees en toepaslike strategieë te ontplooi soos om die immigrasiekwessie tot die hoofitem van die volgende verkiesingstryd te verhef.
Dit is dringend noodsaaklik dat Afrikaners en hul politieke leiers moet besin oor hoe die veldbrand wat op 11 Mei in Alexandra begin en die Panafrikanistiese kaartehuis deur die hele land tot as verbrand het, ʼn verandering in ons situasie teweeg kan bring. Die tyd is nou daar vir alliansies en verbeeldingryke politieke skuiwe. Die land kan nie meer op hierdie trant voortgaan nie, met ʼn kwynende Eskom, riool in die damme en riviere, asook ʼn politieke heersersklas wat soos Marie Antoinette van ouds eenvoudig horende doof bly vir die krete van die gepeupel daarbuite.
Die ANC het sy politiek op ras gebou en tot dusver het dit by die stembus alle verwagtinge oortref. Die nuwe, as’t ware seismiese breuk wat daar tussen binnelanders en buitelanders in Suid-Afrika ontstaan het, mag egter die Panafrikanistiese rassesolidariteit in die gedrang bring. Solank as wat ons onthou dat ons uiteindelike doelwit Afrikanerbevryding en –outonomie moet wees, kan dit interessant wees om te sien watter politieke munt daar uit die swart kieser se klinkklare verwerping van universele swartheid en Panafrikanisme geslaan kan word.
Vyf jaar gelede het PRAAG 'n belangwekkende rubriek deur Johann Wingard gepubliseer waarin die ANC-regering se "terugkeer na Afrika" as 'n paradoks beskryf word. Met die huidige etniese aanvalle op buitelanders en die skipbreuk van pan-Afrikanisme in Suid-Afrika, plaas ons dit weer.
In die pre-nasiestaat het nie-politieke en nie-morele natuurwesens gewoon; vry om te maak soos hulle wou, slegs deur hul eiebelang en oorlewing beperk. Hul moraliteit was op dieselfde vlak as die norm wat ook vir dief- en roofbendes oor eeue heen gegeld het. Gemeenskaplike beplanning om vrede en stabiliteit te verseker, was dus ondenkbaar; voorwaar ook ‘n akkurate beskrywing van die pre-1880-Afrika wat arbitrêr daarna tussen Europa se moondhede opgedeel was.
In sy stuk: “SECESSION AND THE MODERN STATE”(1996) ontleed Donald W. Livingston, die kwessie van sesessie. Hy bevind dat gedurende die afgelope twee eeue, filosowe die politieke opsie van sesessie vanuit ‘n moraliteitsoogpunt geïgnoreer het. Livingston verwys na die Engelse filosoof, Thomas Hobbes se boek Leviathan (1651) waarin die teorie van die staat en die pre-nasiestaat beskryf word. Aan die hand van Hobbes se werk verduidelik Livingston hoe dominante individue, wat ‘n anargistiese omgewing ondraaglik ervaar het, ooreenkomste met mekaar aangegaan het. Hierdeur is soewereine politieke entiteite gevorm wat toesig kon hou oor die dade van enkelinge. Hy sê dat Hobbes nie omgegee het of so ‘n staat die vorm van ‘n monargie, aristokrasie, of demokrasie aangeneem het nie. Wat belangrik was, is dat die soewereine entiteit as onverdeelbaar, onfeilbaar en onweerstaanbaar gesien moes word. Enige soewereine entiteit moes hierdie drie eienskappe besit, anders sal daar twee of meer ‘soewereine’ stemme wees, sonder ‘n skeidsregter bokant hulle, waarna hulle net weer na die wilde anargie van die natuurstaat sou degenereer.
Livingston beweer dat, hoewel die Hobbesiaanse staat outoritêr was, dit nie totalitêr is nie. Die Hobbesiaanse soewereine funksies word ‘n skeidsregter wat heers sonder om bevele te gee. Deur ‘n staat se inkomste te beperk tot invoerbelasting word sy magte outomaties beperk tot dit wat binne ‘n beperkte begroting bekostigbaar is. Vandag se opgeblaasde staatsdienste was dus vir Hobbes ondenkbaar.
Livingston konkludeer dat desnieteenstaande, het Hobbes se ‘teorie van die staat’ bygedra tot die ondoeltreffende, vernietigende en bemoeisieke leviatane wat die politieke wêreld van die afgelope byna twee eeue oorrompel het. Vanuit die doktrine dat soewereiniteit onverdeelbaar, onweerstaanbaar en onfeilbaar is, het die nasiestate van vandag ontwikkel.
Maar daar is nog ‘n ander gevolg: Soewereiniteit is altyd aan ‘n grondgebied gekoppel. Deurdat soewereiniteit onverdeelbaar is, is grondgebied dus ook onverdeelbaar, wat tot gevolg het dat ‘n volk binne ‘n veelvolkige nasiestaat nie van so ‘n staat kan afskei nie. Sesessie sou kwansuis op die territoriale versnippering van ‘n staat neerkom; op sy beurt weer ‘n ontkenning dat soewereiniteit onverdeelbaar is. Om hierdie rede bevraagteken moderne en post-moderne filosowe nooit die moraliteit van sesessie nie en word hul aandag beperk tot die teoretisering en legitimisering van die moderne nasiestaat.
Sedert 1790 tot 1990 het daar slegs enkele voorbeelde van suksesvolle vreedsame sesessies voorgekom. België het van Nederland afgeskei in 1830, Noorweë van Swede in 1905 en Singapoer van die Maleisiese Federasie in 1965.
Sedert die val van die Berlynse muur het daar egter ‘n verandering in die soewereiniteit van nasiestate gekom en het verskeie vreedsame sesessies plaasgevind, soos bv. die Tjeggiese en Slowaakse Republieke wat deur sesessie uit Tjeggoslowakye geskep is. Met die uitsondering van Eritrea van Etiopië, was alle sesessies vreedsaam sedert 1990, ook die sesessie van Walvisbaai van Suid-Afrika na Namibië. Dit was selfs waar van Joegoslawië waar daar slegs halfhartige weerstand van die sentrale regering, wat deur Serwiërs gedomineer was, bestaan het toe Slowenië en Kroasië afgeskei het. Die huidige konflik gaan oor die Serwiese enklawes in Bosnië en Kroasië, wat nie toegelaat word om af te skei en by Serwië aan te sluit nie. Tony Blair se goedkeuring vir selfbeskikking aan Noord Ierland, Wallis en Skotland is ‘n verdere bewys van die verdeelbaarheid van soewereiniteit.
Intussen is Europa aan die opmars. ‘n Groter entiteit soos die EU is geskep, met selfs ‘n gedeelde Euro-geldeenheid, wat ‘n groot verlies aan soewereiniteit van lidlande verteenwoordig. Die Europese Parlement is reeds in staat om gemeenskaplike wetgewing aan te neem wat verpligtend op ledelande is. Daar kan dus met reg beweer word dat soewereiniteit vandag wel wesenlik verdeelbaar geword het. ‘n Direkte uitvloeisel van die EU is dat landsgrense sagter geword het, deurdat burgers van een lidstaat dieselfde regte geniet as burgers van ‘n ander en dat goedere vryelik tussen lidstate oor grense heen mag beweeg. ‘n Versagting van landsgrense verdeel soewereiniteit nog verder. In die toekoms sal algehele sesessie van ‘n lidstaat vanaf die Unie moontlik, wettig en prakties uitvoerbaar wees, hoewel ekonomies dalk ongewens.
Op die politieke landskap is hierdie verskynsel baie nuut; iets waarmee die VSA, Kanada en Meksiko waarskynlik nog te kampe gaan hê sover dit die oprigting van die Pan-Amerikaanse vryhandelsentiteit aanbetref. Die afskeiding van Quebec, wat tans ‘n haas onverteerbare vooruitsitg vir Kanada is, sal polities meer aanvaarbaar raak wanneer ‘n groter Pan-Amerikaanse politieke entiteit tot stand kom en waarin Quebec ‘n gelyke vennoot sal kan wees. Gesien teen die agtergrond dat die VSA sy alleenheerskappy as makro-moondheid waarskynlik eers sal moet inboet, sal so iets egter nie gou gebeur nie.
Om nou weer na Afrika terug te keer. Ek noem Suid-Afrika se terugkeer na Afrikanisme ‘n paradoksale enigma, omdat dit impliseer dat daar na Afrika se manier van dinge doen teruggekeer gaan word; soos Afrika dit vir eeue voor die koloniale tydperk gedoen het. Landsgrense, wat arbitrêr deur koloniale moondhede op die vasteland afgedwing was, mag dus nou in gedrang kom.
Lande soos Zambië en Mosambiek het reeds hul soewereiniteit oor die beheer van hul geldsake aan die IMF en die Wêreldbank afgestaan, wat daardie lande se begrotings elke jaar moet goedkeur en waar verteenwoordigers van daardie organisasies hul kabinetsvergaderinmgs bywoon. Die volgende stap sal gemeenskaplike projekte oor aangrensende landsgrense wees. Neem bv. die Groter-Limpopowildreservaat van Suid-Afrika, Mosambiek en Zimbabwe. Soewereiniteit se verdeelbaarheid en dus ook territoriale verdeelbaarheid, word sodoende stelselmatig as ‘n gegewe politieke opsie in Afrika aanvaar en stadigaan prysgegee.
Vir Afrikanisme om as ‘n ernstige politieke filosofie gesien te word en nie slegs as die politieke mobilisering van swart nasionalisme om die euforie van die “finale bevryding” te vier nie, sal Afrika se volke bevry moet word soos om te wees soos hulle tydens die pre-1880 tydperk was. Dit beteken dat grense wat regdeur stamme, volke en selfs gesinne se huise getrek was, opgeskort sal moet word.
Vroeër was daar dikwels aangevoer dat Afrikalande se buitelandse skuld die prysgee van grondgebied, asook die verskuiwing van landsgrense onmoontlik maak. Binne die huidige internasionale politieke klimaat, waar daar op die algehele vergewing van buitelandse skuld vir Afrikalande aangedring word, kan daardie argument dus eersdaags verdwyn. ‘n Verdere aansporing van die herskikking van Afrikagrense is die NEPAD program, wat reusagtige gesamentlike voedselproduksieprojekte tot gevolg mag hê binne streke waar bepaalde klimatologiese of logistiese voordele bestaan. Sulke projekte sal noodwendig beteken dat die land waarop ‘n projek geplaas word, nie noodwendig die volle fiskale, politieke of maatskaplike seggenskap oor sodanige projekte sal hê nie. Sulke projekte mag selfs direk onder die beheer van die Afrika-Unie ressorteer.
Dit is binne hierdie verwysingsraam dat ‘n pre-1880 volk, soos die Afrikaners, wat van die Boerevolk afstam, ook hul eie staanplek sal moet vind. Hoewel sesessie nie tans moontlik lyk nie, en, gesien teen die agtergrond van die twiste wat bestaan oor watter deel van Afrika aan Afrikaners toegewys moet word selfs onwenslik mag wees, sal sesessie, as ‘n politieke opsie, telkens weer sy verskyning op die politieke terrein maak.
Dit is derhalwe wys om die groter politieke prentjie, asook die filosofiese strominge oor die moraliteit van sesessie noukeurig te volg en om ‘n kultuur van denke te vestig wat gedurig daarop wys dat sesessie wel ‘n morele politieke opsie vir Afrikaners se netelige probleem van selfbeskikking is sodat sy volkskap behoue sal bly.
Die verlede is onvernietigbaar. Vroeër of later kom alles weer terug. Een van die dinge wat terugkom is die behoefte om die verlede te vernietig – Jorge Luis Borges.
Sover ek kan vasstel, het die wêreld se mees invloedryke media melding gemaak van die huidige golf van terreur wat tans in die townships heers. Met ’n bietjie leedvermaak lees ek ’n berig in die Engelse Prawda The Guardian dat Suid-Afrika by die einde van sy reënboog aangekom het – iets wat die meeste van ons al vyftien jaar gelede ingesien het. Dit lyk asof hierdie nuusbron, wat nog nooit geskroom het om elke oneffenheid in Afrikanergeskiedenis as teken van ’n inherente minderwaardigheid uit te basuin nie, nou op sy neus kyk. Dit wil voorkom asof hulle nou ewe skielik ook nie meer weet wat om te doen nie, veral as ’n mens onthou dat Mugabe, wat die hoofoorsaak van hierdie ellende is, ook ’n groot held in hulle oë was.
Demografieë mag verander, maar die onderliggende prosesse, mentaliteite en persepsies verander nouliks. Met hierdie opwelling van geweld, wat nou nie meer ontken kan word nie, verkeer Suid-Afrika in dieselfde ellende as op die vooraand van Verwoerdiaanse apartheid, en dit word nou steeds duideliker dat hierdie golf van geweld nie die gevolge van segregasie was nie, maar die oorsake daarvan. Enige persoon wat in hierdie tydsgewrig nog heul na ekstreem linkse opvattings is óf dom, óf een of ander skurk, óf ’n psigopaat.
As ons terugkyk in die geskiedenis na die Kaapkolonie in die vroeë 1830’s, veral na die totale minagting wat die Boere vanuit die Engelse regering ontvang het, tesame met die voortdurende plaasaanvalle op die grensgebiede en gebrekkige beskerming, kan ons begin verstaan waarom die Groot Trek ontstaan het. Hermann Giliomee maak melding daarvan in Die Afrikaners dat selfs die feministies gesinde Olive Schreiner in haar dagboek opgeteken het hoe skandalig die Boere deur die Engelse elite behandel was. Sommige trekboere het nie eens gewag vir kompensasiegeld vir die afskaffing van slawerny nie. Hulle wou net weg; ’n onmisbare historiese ooreenkoms met die situasie vandag. Baie Afrikaners vandag het egter die Groot Trek voortgesit na Engelssprekende lande, waar hulle nageslagte sal verengels en Milner se droom desondanks ’n stappie nader gekom het.
In die veertigerjare van die vorige eeu was die oorlog in Europa ’n groot bron van welvaart in Suid-Afrika gewees, en die groter stede kon skaars genoeg mense aantrek om die produksie aan die gang te hou. Toe die oorlog aan sy einde was, het werkloosheid weer begin dreig met sporadiese uitbarstings van etnies gebaseerde geweld. Dit was een van die belangrikste oorsake gewees waarom die regering van destyds ’n beleid van segregasie ingevoer het, juis omdat integrasie en werkloosheid saam ’n onstabiele en plofbare kombinasie gevorm het. Die huidige golf van geweld lui ’n terugkeer van hierdie prosesse in. Die een groot voordeel, as ’n mens dit ’n voordeel kan noem, is dat hierdie keer selfs nie eens The Guardian so wêreldvreemd is as om Afrikaners die skuld hiervoor te gee nie, hoe graag hulle ook sou wil.
Hierdie golf van geweld kan egter juis voordelig werk om Afrikaners se internasionale reputasie te versterk. Die Nederlandse skrywer WF Hermans het destyds gestel dat die grootste kritici in Europa teen die Nasionale Party se segregasiebeleid self ook nie ’n antwoord op Suid-Afrika se etniese probleme het nie, en dit begin nou deur te dring. ’n Paar jaar gelede het Buthelezi ook melding gemaak dat die Zoeloes ’n eie tuisland moes opgeëis het vir hulself, en sodoende eensklaps die vorige bedeling se onskuld verder verstewig het.
Nou onlangs is die Afrikaners toegelaat by The Unrepresented Nations and Peoples Organisation (UNPO), en het ’n stewiger posisie gekry om druk uit te oefen op die ANC se terreurveldtog en onbekwaamheid. Miskien kan dieselfde simpatieë vanuit die buiteland wat uitgegaan het na die Boere tydens die Anglo-Boereoorlog ook weer ’n oplewing beleef. Daar is immers genoeg Afrikaners in die buiteland wat elkeen ’n interessante paar feite kan vertel oor die ware gesig van Suid-Afrika. Trouens, die meeste Afrikaners waarmee ek in Nederland gesels het voel tog meer Afrikaner as Nederlander, selfs na ’n hele paar jaar se verblyf.
Die gevare op voetsoolvlak moet egter nie misgekyk word nie. Van die beter gesitueerde swartes wat ’n goeie werk en inkomste verdien, sien die wittes liewer verdwyn as verskyn, selfs al is Afrika sonder blankes ’n put van hongersnood en chaos. Soos ’n Pawlof-refleks kan hulle stel dat Afrika se probleme die gevolg van witmense se optrede is, hoewel vir hulle die hele debakel oor wittes in Suid-Afrika ideologies van aard is. Hulle het ’n goeie werk, kan daagliks eet en met duur motors die strate onveilig maak, en gee nie ’n flenter om vir die dag van more nie. Baie van hulle beskou Mugabe as ’n groot held, en lê blykbaar nie die verband tussen hongerlydende Zimbabwiërs in Suid-Afrika en sy funeste beleid nie. Selfs die Afrikalande in die Verenigde Nasies het Oom Bob verlede jaar genomineer tot voorsitter van duursame ontwikkeling, tesame met ander interessante portefeuljes, soos die Uitvoerende Raad van die Wêreldvoedselprogram, die Uitvoerende Raad vir die VN se Kinderfonds en die Beheerraad van die VN se Menslike Vestigingsprogram (Governing Council, UN Human Settlements Program – UN HABITAT).
Vanmore, 22 Mei verskyn op die nuus dat Zimbabwe se inflasie nou die eenmiljoenpersent-kerf bereik het. Die absurde toneel van Afrika begin nou onmisbaar op die res van die wêreld af te gee. Waarskynlik is dit ’n belangrike rede waarom die UNPO die Afrikaners onder sy hoede geneem het, tesame met die feit dat Europa en die Verenigde State met dieselfde probleme te kampe het wat migrante uit die derde wêreld aanbetref. (Lees ook Hermann Giliomee se uitstekende referaat.) Hierdie lande begin nou steeds meer apartheidsagtige taktieke toe te pas op hul grense. Ongelukkig genoeg het modernisering tot dusver nie tegnologie soseer in Afrikalande bevorder nie, maar wel die bevolkingsontploffing grootliks veroorsaak, in so ’n mate dat die ontwikkelde wêreld verswak kan word deur arm migrante en sy mededingendheid kan verloor. Die optrede van Mugabe wat swart emigrasie bevorder maak die bewondering vir hom net vreemder.
Die enigste manier hoe diktators in Afrika kan wegkom met hul minagting vir die gepeupel en tegelykertyd op soveel bewondering kan vertrou, is om leuens op leuens te vertel oor hul handelinge. Die koning van Swaziland het destyds sy privaatstraalvliegtuig wat hy aangekoop het, goedgepraat deur sy onderdane te verseker dat hy voedsel vir hulle gaan haal met sy nuwe hipermoderne straler; en Mbeki het melding gemaak toe die Spaanse grenspatrollie in Marokko swartes teruggejaag het uit hul enklawes, dat die Europeërs die mense wegjaag wat vir hulle die beskawing gebring het. Selfs Idi Amin het by sy presidensiële aantrede in 1971 sy volk wysgemaak dat die Grieke en Egiptenare swartes se filosofie en wiskunde gesteel het.
Niemand kan in die toekoms kyk nie, maar met die aksies van bogenoemde Afrikaleiers moet ons maar konkludeer dat hulle voorlopig nog historiese gebeurtenisse sal onderdruk en verdraai om hulself as groot helde en verlossers voor te stel. Geeneen van hulle sal sover gaan as om toe te gee dat hulle eerder die probleem is en nie die oplossing nie.
Die ongeëwenaarde emigrasie tesame met ’n lae geboortekoers raak reeds ’n ramp vir Afrikaners en Afrikaans, het ek die vorige keer betoog.
’n Negatiewe proses wat ook ander tale raak, is globalisering. Oor die hele wêreld is daar ’n verengelsing van hoëvlak-taalgebruik. Hermann Giliomee en Lawrence Schlemmer noem in ’n Vaste plek vir Afrikaans talle dinge soos die uitbreiding van die internasionale handel, die georganiseerde godsdiens, Amerikaanse leierskap in verskeie soorte tegnologie, Engels as voertaal van internasionale organisasies, in die meeste wetenskaplike publikasies en interaksie.
Sommige kenners meen dat daar 'n wêreldwye Engelse taalimperialisme bestaan wat Engelssprekende mags- en kapitaalbelange bevorder — subtiel maar baie effektief.
Brittanje het voorstelle van die Europese Unie geveto dat kinders in die Europese lande twee vreemde tale op skool leer. Dié voorstel was 'n wanhopige poging om te verhinder dat Engels die dominante tweede taal in Europa word.
Met ’n eg imperialistiese arrogansie het die toonaangewende Britse koerant The Guardian Engels as enigste onderhandelingstaal van die EU gepropageer onder die opskrif: “Just stick to English!”
Naas emigrasie is transformasie die vernaamste proses wat Afrikaans en Afrikaners benadeel het en nog benadeel. Feitlik alles wat gebeur, het taalgevolge, so ook regstellende aksie. Transformasie en integrasie lei tot die uitskakeling van Afrikaans behalwe in werkplekke en situasies waar almal Afrikaans verstaan of waar voorsiening gemaak word vir tolk- en vertaaldienste.
Oor die algemeen word Afrikaans al hoe minder as werktaal gebruik by staatsinstellings en groot ondernemings. Instansies soos Transnet, Eskom, die Weermag en polisie was vroeër Afrikaans. Selfs histories Afrikaanse ondernemings het oorgeskakel na Engels. Baie soorte opleiding geskied in Engels alleen, soos in die Weermag en die polisie.
Afrikaans is afgeskaal op televisie terwyl Afrikaanse skole telkens gedwing word om hul voertaalbeleid te verander..
Die FW de Klerk-stigting verklaar dat Engels die de facto enigste amptelike taal van Suid-Afrika geword het.
Ondanks die skade wat Afrikaans die afgelope anderhalf dekade gely het, is daar darem nog positiewe verskynsels.
Die eerste is dat Afrikaans nog die voertaal is in talle openbare skole. Hulle bied onderrig van goeie gehalte, soos die matriekuitslae elke jaar bewys.
Hoewel universiteite deur die eis van toeganklikheid gedwing word om alles in Engels aan te bied, het sommige histories Afrikaanse universiteite tog Afrikaans behou.
By die Universiteit van die Vrystaat is parallelmedium-onderrig ingestel, al is dit al lank onder druk omdat dit in die pad van rasse-integrasie sou staan en ’n baie swaar las op dosente plaas.
Die Universiteit van Pretoria is amptelik tweetalig, met parallelle klasse vir die meeste voorgraadse kursusse, maar party dosente wil nie dupliseer nie, en verengelsing is die gevolg.
Dit is nog onduidelik wat die taalbeleid van die Universiteit van Stellenbosch gaan behels, en hoe dit toegepas gaan word. Anekdotiese getuienis dui op ‘n verswakkiung van die posisie van Afrikaans in sommige vakke, maar nie in almal nie.
Die Universiteit van Noordwes handhaaf Afrikaans veral op sy Potchefstroom-kampus deur middel van tolking uit Afrikaans. Daarteen kan die politieke maghebbers ook moeilik ideologiese besware inbring. (Hoewel: aan die Universiteit van die Vrystaat het die minister van onderwys op ’n vergadering met studente die tolke weggejaag en gelas dat die verrigtinge in Engels plaasvind.)
Voorgraadse opleiding in alle vakke is dus moontlik in Potchefstroom en Bloemfontein, en in heelparty vakke in Pretoria, Stellenbosch en Johannesburg. Unisa gebruik Afrikaans in baie kursusse.
Wat in die tweede plek positief is, is dat Afrikaans nog in talle werkplekke gebruik word, al is dit in soveel departemente en ondernemings afgeskaf. Om een voorbeeld te gee: by die tak van die bank waarby ek in Bloemfontein is, is al die kassiere, wit, bruin en swart, in staat om mense in Afrikaans te help – hulle sou nie aangestel gewees het sonder daardie kennis van Afrikaans nie. Afrikaans het dus op daardie vlak ’n sekere loopbaanwaarde.
’n Vriend van my in Johannesburg kon egter by ’n tak van dieselfde histories Afrikaanse bank nie deur ’n enkele persoon of die bestuurder in Afrikaans gehelp word nie. Ons wat kliënte is, bewys Afrikaans en Afrikaanssprekendes ’n diens wanneer ons voortgaan om Afrikaans by sulke instellings te gebruik en daarop aan te dring. Mense in talle beroepe – dokters, predikante, onderwysers, prokureurs, agente van allerlei aard ensovoorts – baat daarby as hulle Afrikaans kan praat.
’n Hele aantal mense kry werk in die mediawêreld. Vir my lê die belang van die televisiekanaal kykNET onder meer daarin dat dit werk verskaf aan ’n groot aantal Afrikaanssprekendes uitvoerende kunstenaars en ander mense in daardie bedryf, soos draaiboekskrywers en regisseurs..
Ten derde het Afrikaans groot kulturele waarde. Baie boeke, en ’n groot verskeidenheid daarvan, word in Afrikaans uitgegee. Afrikaanstaliges is volgens opnames die groep wat die meeste boeke in die land koop, en dis verbasend dat Penguin nou boeke in Afrikaans uitgee. Afrikaans het drie dagblaaie en twee Sondagblaaie. Talle kleiner koerante is Afrikaans of deels Afrikaans.
Daar is algemene tydskrifte en gespesialiseerdes, soos Lééf ('n damestydskrif gemik op geestelike verdieping); die reistydskrifte Weg! en Wegbreek, Wegry en Wegsleep; Boeke-insig, die leefstyltydskrifte Idees en Tuiste, asook Visi vir ontwerp en argitektuur.
Afrikaans word oor RSG en kleiner stasies gehoor. Daar is kunstefeeste. Afrikaanse musiek beleef ’n bloeitydperk.
PRAAG het van vroeg in Mei af as internet-koerant sy verskyning gemaak. Ook LitNet, hoofsaaklik Afrikaans, ontvang daagliks talle besoeke en sy briewerubriek is die lewendigste in die land.
’n Nuwe ontwikkeling is dat samewerking met bruin Afrikaanstaliges binnekort ’n groter moontlikheid sal word. Die Nasionale Forum vir Afrikaans met prof. Wannie Carstens van Potchefstroom as voorsitter het voorbrand gemaak vir die totstandkoming van die Afrikaanse Taalbelangeraad binnekort. Dis ’n koördinerende liggaam wat die mag sal hê om namens die Afrikaanse taalgemeenskap met die maghebbers te praat. Dit is hierdie stap wat groter samewerking tussen wit en bruin Afrikaanstaliges moontlik.
Positief is ten vyfde die groei van ’n aktief pro-Afrikaanse gesindheid en die toename van taalaksies. Dit volg op ’n baie negatiewe verskynsel ná 1994. Dit was die gelatenheid, byna onverskilligheid, waarmee Afrikaanstaliges diskriminerende optredes teen hulleself en teen Afrikaans aanvaar het as iets wat so hoort. Maar dit lyk of daar ’n ander stemming by Afrikaners posvat.
’n Teken daarvan is die wyse waarop die “De la Rey”-liedjie die land stormenderhand verower het. Die mens, veral ’n skrywer, is volgens Etienne Leroux, altyd op soek na ’n lewende mite. Leroux meen dat ’n volk tot “fantastiese dade” kan oorgaan as dit deur ’n “lewende mite” aangespoor word, maar dat, sonder ’n mite, ’n volk “alle belang in die lewe verloor en verdwyn”. Met die De la Rey-liedjie het Sean Else, Johan Vorster en die sanger Bok van Blerk ’n inspirerende mite (wat iets anders is as ’n “versinsel”) geskep.
Prof. Piet Strauss, leier van die Voortrekkers, het in ’n lesing gewys op “verrassende” bevindings in meningsopnames onder Afrikaanse jong mense (nie net Voortrekkers nie). Dit is hul “openlike identifisering” met die Afrikaner. Daar is “’n nuwe golf Afrikanergeesdrif”. Ook: “Afrikanerwees is weer ‘in’. Dit is by baie jong Afrikaners nie ’n debatspunt nie, maar ’n gegewe.”
Met die grootste gemak verklaar mense deesdae dat hulle Afrikaners is, van Ryk Neethling tot die dramaturg Deon Opperman tot die mense van die AB en Solidariteit en Orania en nog baie meer.
Daar kom ’n “maar” by. Dit lyk of daar onder party ’n mate van vreesagtigheid vir hierdie stemming bestaan. Twee voorbeelde.
’n Europese vriend het verlede jaar vir my geskryf oor ’n Geloftedagviering in Londen wat hy bygewoon het. Hy sê: “Die jongmense kon ek aanvoel was reg vir 'n Afrikaner 'light' bemoediging of geskiedenisblik. In plaas daarvan was daar 'n preek oor Antjie Krog se 'Country of my skull'; die opweeg van die Trekkers teen die ongeregtigheid van apartheid, sonder dieselfde verwysing na die nuwe ongeregtighede. Dit was die tegniek van aan die een kant dit, aan die ander kant dat – een kant lig Afrikaner, en aan die ander kant swaar skuldgevoel, sogenaamd gebalanseerde voetwerk, waarmee die ou establishment so goed was. En waarmee hulle tot by oorgawe geskuifel het. Die jongmense in die gehoor het telkens op daardie punt gereageer asof hulle liggies geklap word.
“So kan ons nie aan jong mense en leiers ’n lewenskragtige opvoeding gee om die uitdagings van Afrika te hanteer nie – nie met so ’n weergawe van godsdiens nie. Dis een van die redes waarom ons in die buiteland sit.”
Oor ’n tweede voorbeeld het Rapport ’n berig geplaas. AfriForum en die ATKV Centurion Jeugforum het onlangs standpunt teen die voorgenome eed vir skoolkinders ingeneem en versoekskrifte aan die nasionale onderwysdepartement oorhandig. Hulle beswaar was teen die verwysing na onregte van die verlede waarmee die eed begin.
’n Paar uur daarna het die hoofkantoor van die ATKV hom van die jongeres se standpunt gedistansieer. Die ATKV-leiers meen dat die verwysing na onregte nie net die onlangse verlede insluit nie, maar ook byvoorbeeld die Anglo-Boereoorlog, en dat almal hulle dus daarmee kan vereenselwig.
Hoewel ek waardering vir die ATKV het en self ’n lid daarvan is, is ek jammer oor sy standpunt. Die waarskynlike interpretasie van die eed gaan wees dat dit na apartheid verwys. So word dit permanent ’n aanklag elke keer as die eed afgelê word. Veral in tweetalige skole gaan dit die Afrikanerleerders stigmatiseer. Hoekom moet ’n eed op negatiewe geskiedenisse gegrond wees? Die aanhef tot die Grondwet praat wel van onregte, maar lui ook: “Ons respekteer diegene wat hulle beywer het om die land op te bou en te ontwikkel”.
So ‘n eed is dikwels baie omstrede. In Maart vanjaar het Skotse leiers dit duidelik gemaak dat hulle die voorstel verwerp dat skoolverlaters ‘n eed van getrouheid aan Brittanje en die koningin aflê. En daar sou nie eens verwysings na die negatiewe in daardie eed wees nie.
Die Derde Reich se propagandaminister, dr Josef Goebbels, het gesê dat, mits 'n leuen groot genoeg is, en genoeg herhaal word, die bevolking dit uiteindelik vir die waarheid sou aansien. Minder bekend is die res van Goebbels se siening, naamlik dat die leuen slegs volgehou kan word vir solank die staat die bevolking kan beskerm teen militêre, ekonomiese en politieke gevolge van die leuen.
In 2008 sit die ANC regime met 'n enorme probleem. Dit het uiteindelik tot die breë bevolking deurgedring dat die keiser geen klere aanhet nie. Alexandra en Diepsloot staan in ligte laaie omdat die swart bevolking, wel, gatvol is vir leuens. Dr Goebbels se leuen vereis 'n sterk staat, maar die falende staat wat die ANC se onbekwaamheid tot gevolg gehad het, het nie meer die vermoë om die leuen vol te hou nie.
Daar is sedert 1994 vir die ganse Suid-Afrikaanse bevolking op baie vlakke gelieg. Daar is vir blankes gelieg dat transformasie en regstellende aksie in ons eie belang sou wees. Die snert is aan ons verkoop dat die grondwet ons teen 'n Marxistiese regime se magsmisbruik sou kon beskerm. Die hoof van Ermelo se Afrikaanse skool kan van iets anders getuig. Daar is egter veral vir die swart bevolking gelieg. Aan die swart bevolking is visioene van 'n post-apartheidsparadys voorgehou, waar 'n swart regering die blankes op hulle plek sou sit, en swartes na Kanaän sou lei. Daar sou 'n hoender in elke pot wees, 'n pot wat op 'n elektriese stoof in 'n ordentlike baksteenhuis sou staan, 'n huis wat bewoon sou word deur 'n gesin met 'n werk en volop ekonomiese geleenthede.
Die realiteit was deprimerend anders. Ja, daar was diegene wat voordeel getrek het uit die nuwe bedeling. Hulle was onder andere die voordeeltrekkers uit swart ekonomiese bemagtiging (SEB). Die Patrice Motsepes van die lewe het obsene rykdom ontvang in ruil vir – wat? Motsepe was nie 'n besonder begaafde myner of finansiële ghoeroe nie. Hy het veel eerder die regte mense geken, en is beloon vir sy verbintenisse. Blanke maatskappye het oor mekaar geval om bemagtigingsvennote te bekom, vennote wat dikwels nie 'n jota waarde toegevoeg het nie. Dieselfdes is oor en oor "bemagtig", en die bemagtigdes se kinders word op rassistiese wyse steeds bo arm blanke kinders "bemagtig", selfs al gebruik eersgenoemde goue toilette.
Die ander voordeeltrekkers, al was dit op 'n meer beskeie skaal, was die miljoen of wat nuwe, swart staatsamptenare wat voordeel getrek het uit die etniese reiniging van blankes uit die staatsdiens. Kort ná 1994 kon 'n swarte homself bloot by die kantoor van enige staatsdepartement aanmeld, en hy was bykans 'n pos bykans gewaarborg. Sy kundigheidsvlakke het veel ligter geweeg as sy velkleur. As hy kon lees én skryf, het 'n pos as direkteur gewink.
Ook in voormalig lelieblanke privaatmaatskappye is swartes bevorder tot op vlakke wat min verband gehou het met hulle vlakke van bekwaamheid. Hulle het uiteraard die maksimum voordeel uit die situasie probeer put. Die swart, vroulike hoof van Kansa, die kankervereniging van Suid-Afrika, het byvoorbeeld gholflesse van honderdduisende rande bygewoon. Hoe haar gholfvoorgee kankerpasiënte tot voordeel sou strek, is nie heeltemal duidelik nie, kennelik omdat ek nie getransformeerd is nie.
Die blankes wat uit diens gestel is, het dikwels pakkette ontvang en die pakkette gebruik om hulle eie sake-onderemings te begin. Baie van die voormalige staatsamptenare het hulle dienste begin terugverkoop aan die staatsdiens as konsultante, omdat die nuwe amptenary voorspelbaar nie die mas kon opkom nie.
Al die begunstigdes van SEB en al die reggesteldes in die staat, was egter in totaal minder as drie miljoen mense. Vir die ander vyf-en-dertig miljoen swartes, was die Nuwe Suid-Afrika nie veel beter as die oue nie. Ja, hulle kan vandag stem, maar stemreg verseker nie 'n hoender in die pot nie.
Die netto resultaat van bostaande beleidsrigtings (oorhoofs bekend as transformasie), was dat die ekonomiese leuen vir 'n wyle volgehou kon word. Dit vereis nie 'n Nobelprys in ekonomie om te bedink dat die skielike toevoeging van drie miljoen mense tot 'n relatief klein vorige poel van voorheen sowat vier miljoen, 'n verbruikgedrewe opbloei tot gevolg sou hê nie. BMW-, Jaguar- en Mercedes-handelaars het luukse-, swart motors soos soetkoek verkoop. Restourante in Sandton kon kaviaar verkoop aan diegene wat voorheen hoenderpote geëet het. Vir 'n wyle was veral die drie miljoen bevoordeeldes in ekstase.
Milton Friedman se beroemde stelling: "There is no such thing as a free lunch", sou Suid-Afrika egter onafwendbaar begin inhaal. Al die ander lande wat in die twintigste eeu ekonomiese sukses behaal het, het dit op grond van harde werk, goeie opvoeding, dissipline en veral grootskeepse nywerhede en uitvoere bereik. Japan het uit die as van Hirosjima verrys as gevolg van sy gedissiplineerde arbeidsmag, goeie skoolopvoeding en uitvoere. So ook Suid-Korea, Singapoer en Duitsland. Die nuutste reus om op te staan is Sjina. In al daardie lande was daar nie 'n onmiddellike, uitgebreide skepping van 'n groot groep rykes nie, maar eerder 'n geleidelike verryking van die breë gemeenskap.
Nie een van bostaande is aanwesig in Suid-Afrika nie. Die arbeidsmag is grootliks ongeskoold, beslis ongedissiplineerd en die land se nywerhede boer agteruit. In plaas daarvan dat die ekonomie gegroei het op grond van verbeterde produktiwiteit en uitvoere, is die tydperk 1998 tot 2006 gekenmerk deur 'n verbruikersgedrewe groei. Die ekonomie het nie gegroei omdat Suid-Afrika beter en goedkoper motors kon bou as Duitsland nie, maar omdat Suid-Afrikaners Duitse motors en Koreaanse yskaste gekoop het.
Buitelanders was vir 'n paar jaar bereid om Suid-Afrikaners se rojale koopgewoontes te befonds, en groot hoeveelhede buitelandse kapitaal was nodig om die inkopie-orgie te finansier. Die breë gemeenskap het egter nie ryk geword nie. Dit was eerder indiwidue soos Smuts Ngonyama, wat honderdmiljoene rande ontvang het as 'n "fasiliteerder" vir die Telkom-transaksie (sy insette: onbekend) wat obsene vlakke van rykdom "verdien" het.
In hierdie tyd het Suid-Afrika egter minder produktief en mededingend geraak, ten spyte van die kunsmatige ekonomiese groei. Suid-Afrikaanse arbeid is militant, onproduktief en onmededingend. Die rand sal tot vyftien teen die dollar moet verswak voordat Suid-Afrikaanse arbeid met Sjinese arbeid kan meeding. Cosatu en die verdrukkende arbeidswetgewing moet regstreeks die blaam hiervoor dra. G'n rasionele, oorsese nyweraar sal 'n fabriek in Suid-Afrika oprig as hy beter opgeleide Chinese arbeid vir 'n breukdeel van die koste van Suid-Afrika s'n kan bekom nie. Sjinese arbeiders staak nie so graag soos die vullisverwyderaars van Pretoria nie.
Die leuen dat apartheidsonderwys die swart bevolking teruggehou het, is ook ontbloot. In plaas daarvan om beter te begin doen, het swartmense al hoe slegter begin vaar op skool. Die getransformeerde onderwysdepartement was nie dieselfde as die vorige bedeling s'n nie. Dit was in der waarheid veel slegter, onbekwaam en ondoeltreffend. Terwyl miljoene ingenieurs jaarliks in Sjina en Indië kwalifiseer, sukkel swart matrikulante toenemend om wiskunde deur te kom. Die blote afskaffing van apartheid het toe misterieus nie 'n wiskundige wonderwerk veroorsaak nie – swart matrikulante het nie wonderbaarlik beter begin presteer omdat daar nie meer apartheid was nie.
Vir die armes in Alexandra is daar nie veel ligpunte nie. Ironies juis omdat 'n klein groepie swartes aangestel is in poste ver bokant hulle vuurmaakplek in die Johannesburgse stadsraad en Gautengse provinsiale regering, is goeie dienslewering, behuising en veral goeie onderwys, nie vir hulle beskore nie. Dr Goebbels se waarneming het die ANC ingehaal: dit kos 'n sterk staat om die leuen vol te hou, en die getransformeerde ANC-staat is uit en uit 'n falende staat. Iemand het vir hom gelieg, besef selfs die armste inwoner van Alexandra.
Tans word die swart bevolking se woede egter gefokus op gerieflike sondebokke: onwettiges wat glo behuising "steel". Die ware sondebok, die rampspoedige beleidsrigtings van die ANC, is skynbaar nog nie op 'n breë front in die kollig nie. Vroeër of later gaan ook die swart bevolking egter die regte gevolgtrekkings maak. Die resultate daarvan kan 'n baie interessante uitwerking op die Suid-Afrikaanse politieke landskap hê.
Ons het geen wens om selfmoord te pleeg nie, en dit is die rede waarom ons persvryheid nie sal toelaat nie. – Lenin.
Een van die kenmerke van kommunistiese denke is dat hierdie intellektuele geen vier- of vyfjaar mentaliteit het, wat met elke verkiesing moontlik die mag kan verloor nie. Hulle beplan sisteme jare vooraf, dekades selfs, manipuleer uitkomste, herskryf die geskiedenis en sorg dat hulle op een of ander manier altyd die botoon sal voer. Die belangrikste spelers in die SAKP het al dekades gelede geweet dat die ANC nie in staat is om te regeer nie, maar het hulle gebruik as middel om self aan die mag te kom. Verlede jaar was daar planne in Ronnie Kasrils se kantoor gevind waarin hy die ANC wou omverwerp, net soos wat die kommuniste geprobeer het om Pol Pot omver te werp toe sy terreur nie langer weggesteek kon word nie.
’n Kenner van kommunisme, Erik van Ree, stel dat anders as die Nazi’s, wat uitwissing as doelstelling gehad het, het die kommuniste terreur as doelstelling gehad. Vandaar dat kommunisme waarskynlik nie met dieselfde hoon bejeen word as Nazisme nie. Egter, die Franse skrywer André Gide het sowel Nazi-Duitsland as stalinistiese Rusland besoek en gestel dat van hierdie twee gruwelsisteme Nazi-Duitsland effens beter is, aangesien niks en niemand in die Sowjet-Unie van terreur gevrywaar is nie, selfs nie eens kleuters of hoogbejaardes nie.
Iets wat nie baie aandag geniet het nie, is die terreur in die Baltiese state sedert die Oktoberrewolusie. Sowjettroepe het byvoorbeeld in die dorp Kautla in Esland almal wat hulle kon vang doodgemartel, waarvan die jongste twee maande oud was en die oudste 78 jaar. Die taktieke wat Stalin gebruik het om die Baltiese state te infiltreer lyk verdag baie soos die taktieke wat die ANC/SAKP gebruik om hul hegemonie in Suid-Afrika te verstewig. In die begin het die kommuniste onafhanklikheid gewaarborg aan die Balte, maar agter die skerms het hulle landkaarte gedruk waarin hierdie lande as Sowjetlande voorgestel word (vergelyk Tshwane en OR Tambo lughawe). Met verloop van tyd het die kommuniste die staatsapparaat geïnfiltreer, maar op ’n subtiele manier sodat dit nie sou opval nie. Origens is daar ’n jong man in Esland gewees wat sy eie dagboek aangehou het oor die terreur, soortgelyk aan dié van Anne Frank, maar vir onbekende redes het die Westerse skrywers en media hier nie enige aandag aan bestee nie.
Dit is nogal merkwaardig dat ’n wêrelddeel wat soveel ellende onder die Nazi’s en kommuniste meegemaak het soveel kommunisgesindes in Suid-Afrika opgelewer het. Die mees fanatieke kommuniste en Afrikanerhaters in Suid-Afrika is afkomstig uit die Baltiese state, waarvan baie se voorsate die terreur van kommunisme juis ontvlug het.
Egter, as ons wil weet wat die denkwyse van Marxiste is, is dit ’n goeie idee om hul filosofiese uitgangspunte te verstaan. Wat die filosofiese (Hegeliaanse dialektiek) sy van Marxisme aanbetref, word veronderstel dat alles in terme van wetenskap verklaar kan word. Wetenskap is met ander woorde die hoogste soektog na waarheid. Volgens hierdie denksisteem is daar drie basiese natuurwette te bespeur:
i) Die wet van teenoorgesteldes: Marx en Engels het gestel dat alles in die heelal in terme van teenoorgesteldes werk, en alle vorme van beweging ontstaan uit die wisselwerking van teenoorgestelde kragte. Dink byvoorbeeld aan atome, met positief-gelaaide protone in die kern en negatief-gelaaide elektrone wat daaromheen wentel, of sterre wat ’n sterk aantrekkingskrag het maar vanwee die hitte weer ’n afstotende werking het teen sy aantrekkingskrag in.
ii) Die wet van negering. Met hierdie wet word veronderstel dat vernietiging op een vlak lewe gee op ’n ander. Sodra een orde uitgedien is, baan dit die weg vir ’n ander orde, soos wat ’n veldbrand veroorsaak dat nuwe plante weer kan begin groei. In sosiale terme beteken dit ook dat sosiale ordes val en oor begin. Die Industriële Rewolusie het ’n einde gemaak aan die mag van die adel, deurdat die bourgeoisie hul setel ingeneem het, maar het tegelykertyd die proletariaat laat ontstaan. Op hul beurt sal die proletariaat die bourgeoisie weer omverwerp. Ongetwyfeld is Ronnie Kasrils se lofsang om blankes te vermoor op dieselfde beginsel geskoei as hierdie wet van negering. Dit is die vervanging van ordes, word beskou as ’n onafwendbare natuurlike proses. Vandaar dat dit weinig opspraak maak, dink ek.
iii) Die wet van transformasie: Die ontstaan van kwaliteit uit kwantiteit, of andersom, is die basisaanname van hierdie wet. Soos wat die aantal mense meer word, verhoog dit die kans dat beter tegnologie die mensdom in ’n nuwe rigting stuur, en met die ontstaan van nuwe tegnologie, kan dit ’n groter aantal mense akkomodeer. Dink byvoorbeeld aan nuwe tegnologie om landbou te bevorder, waarmee sodoende meer mense kan eet en die bevolking kwantitatief vermeerder.
Sedert Marx en Engels is hierdie wette verder ontwikkel en uitgebrei, en Mao het ook ’n hele manifes saamgestel oor die aard van vernuwing en teenoorgesteldes. Die skrywers van die boek Mao: The unknown story, Jung Chang en Jon Halliday, vermeld dat Mao ’n obsessie gehad het met vernietiging om sodoende ’n nuwe orde op die been te bring, en anders as die verromantiseerde beeld van kommunisme in die Weste het Mao gestel dat kommunisme nie liefde is nie, maar ’n hamer is om die vyand mee te verslaan.
Interessant genoeg is ’n bekende spreuk van Mao:”Alle reaksionêre is ’n papiertier”. Vanweë die moeilikheid wat teenrewolusionêre organisasies ervaar om die ANC/SAKP hegemonie hok te slaan, skuil daar ’n duidelike element van waarheid hierin. Ek dink op grond hiervan dat die SAKP meer begeesterd is oor Mao as oor die Europese Marxiste.
Soos Van Ree geskryf het, was die groot kommunistiese leiers eerder skurke as digters gewees, en het menselewens verspil omdat hulle kon. Hul state was hul historiese toneelstuk gewees en die miljoene mense wat omgekom het, gewone vervangbare wesens. Dit lyk nogal bekend as ’n mens Suid-Afrika in gedagte hou. Selfs diegene wat die terreur ervaar het en vas geglo het in die ideale van kommunisme, het die tot die gevolgtrekking gekom dat die terreur teen die vyand goed is, maar dat hulle af en toe die fout maak deur goeie mense ook per ongeluk bloot te stel. Op so ’n manier skep hulle politieke klimate waarin alles vir hulle geoorloof is.
Soos wat kommunisme in Rusland geval het en die Russies-Ortodokse geloof weer begin kop uitsteek het na sewentig jaar van verdrukking is ’n bewys van die hardnekkigheid van onvervreembare tradisies en gelowe. Slegs vasberadenheid is die oplossing teen hierdie groep skurke wat alles wil vernietig, sogenaamd omdat dit ’n “natuurlike” verloop van sake is. Die gevoel van apatie of goedgelowigheid wat by blankes voorkom is hul beste wapen.
In die woorde van die Romeinse geskiedkundige Tacitus: ” ’n Slegte vrede is nog erger as oorlog.”
Hoe waar!
Vir die afgelope paar dae gaan die swart woongebied Alexandra, digby Sandton, gebuk onder sogenaamde xenofobie, en word buitelanders glo deur Suid-Afrikaners aangeval. Twee buitelanders is reeds dood.
Terwyl geweld geensins goedgepraat kan word nie, sou dit nietemin interessant wees om te verstaan wat die oorsake van die geweld is.
Die geweld word deur die inwoners self op vaaghede geblameer. Buitelanders steel glo hulle werk, of kry glo huise wat na regte aan burgers moes gaan. Swak dienslewering, van 'n ongespesifiseerde aard, kry ook die skuld.
Weer eens, sonder om geweld in enige vorm goed te praat, kan mens gerus ag slaan op die inwoners se klagtes, en lyk dit op die oog af of daar geldige griewe teen buitelanders kan wees.
Skattings raam dat daar sowat 3 miljoen Zimbabwiërs reeds onwettig in die land is. Daar is dus meer Zimbabwiërs in Suid-Afrika as wat daar Afrikaners is! Hulle is sekerlik reeds een van die grootste etniese groepe in die land, naas Xhosas, Zoeloes en kleurlinge. Zimbabwiërs bevind hulle ook te midde van enige iets tussen sewe en twaalf miljoen ander onwettiges, uit Mosambiek, Malawi, Nigerië, die Kongo en talle ander lande op die kontinent.
Menseregte-organisasies hou vol dat onwettige immigrante nie burgers van werksgeleenthede ontneem nie, maar in 'n land met tussen 25% en 40% werkloosheid is dit 'n hoogs twyfelagtige siening. Die burgers wat werkloos is, is grootliks diegene sonder vaardighede. Hulle enigste hoop is om laaggeskoolde arbeid te verrig, en hulle kan ongetwyfeld strawwe mededinging te wagte wees van onwettiges wat bereid is om vir veel laer lone, harder as plaaslike burgers te werk. Onwettiges plaas ook 'n bykans ondraaglike las op infrastruktuur soos behuising.
Toegang tot voldoende dienslewering is insgelyks 'n geldige klagte vir elke Suid-Afrikaner. Die ganse Pretoria gaan byvoorbeeld al vir die afgelope twee weke gebuk onder 'n vulliskrisis, omdat die Tshwenes in Pretoria se stadsraad se rampspoedige beleidsrigtings tot 'n staking gelei het. Dele van Alexandra is 'n reusagtige plakkerskamp, sonder behoorlike behuising, lopende water of spoeltoilette.
Kennelik is dit maklik om, miskien verkeerdelik, die vinger te wys na onwettige immigrante as diegene wat die burgers se huise en dienste "steel". Hulle wat die onwettiges aanrand, is egter kwaad vir die verkeerd mense. Die ware sondebok is die ANC-regime.
Die onwettiges is eerstens in Suid-Afrika juis omdat die ANC weier om effektiewe grensbeheer toe te pas, tot op die punt waar onwettige immigrasie blykbaar die stilswyende goedkeuring van die regime wegdra. Tweedens kan die volslae ineenstorting van dienslewering regstreeks voor die deur van die ANC gelê word. Ek hoef nie uit te brei oor die rampspoedige gevolge wat die ANC se rassistiese etniese reiniging van bekwame blankes uit die diens van die regering veroorsaak het nie, en die korrupte, baantjies-vir-boeties-aanstellings van onbevoegdes in stadsrade is al bykans 'n standaardgrap in Suid-Afrika.
Op presies dieselfde wyse is die ineenstorting van onder andere gesondheidsorg en onderwys, probleme wat ook deur die armes in Alexandra ervaar word, regstreeks te blameer op die volslae onbevoegdheid van die ANC-regering.
Ek is kennelik 'n Westerling en verstaan waarskynlik nie die Afrikaan se psige nie, maar een vreedsame oplossing vir die probleme van die inwoners van Alexandra is nie so moeilik om te bedink nie. As hulle bloot net hulle gesamentlike mag by die stembus wil gebruik, kan hulle vir 'n party stem wat hulle beter dienslewering sal gee. Die ANC is so korrup, onbekwaam, maar ook so houtgerus dat dit maklik is om te veronderstel dat selfs die PAC 'n beter opsie vir 'n inwoner van Alexandra kan wees.
Die begin van die einde van die vorige bedeling was waarskynlik op 16 June 1976, toe die opstande in Soweto begin het. Is die 12de Mei die begin van die einde van die ANC-regime?