ANC vergader Woensdag om Lekota te bespreek

Image

Terror Lekota

08:36:35 Die ANC se nasionale uitvoerende komitee vergader Woensdag om die skorsing van die party se vorige voorsitter, Terror Lekota, te bespreek. Lekota dreig om 'n wegbreekparty te stig.

Volgens die ANC-woordvoerder, Jesse Duarte, sal die vergadering vandag om 2 nm begin.

Die skorsing van Lekota, asook sy vorige adjuk as minister van verdediging, Mluleki George, is Maandag deur die ANC se nasionale dagbestuur afgekondig.

Lekota wil volgens gerugte 'n nuwe opposisieparty begin met dissidente vanuit die ANC wat nie saamstem met die leiers wat by die Pietersburgkonferensie verlede Desember verkies is nie en wat sedertdien Thabo Mbeki as president verwyder het.

Die vorige premier van die Gauteng-provinsie in die PWV-gebied, Sam Shilowa, wat saam met Lekota en 'n reeks ander ministers bedank het, sal na verwagting 'n aankondiding oor sy toekoms Woensdagoggend maak.

Daar is heelwat spekulasie dat Shilowa by 'n nuwe politieke beweging mag aansluit.

Die ANC het ook vyf senior streekslede in die Weskaap geskors omdat hulle party-eenheid en -dissipline ondermyn het.

Die vyf lede sluit Mbulelo Ncedana en Ebrahim Sawant in, die afgestte sekretaris en adjunksekretaris van die ANC se Dullah Omar-streek in die Weskaap.

Ncedana was onder die organiseerders van 'n openbare vergadering van ontevrede ANC-lede in Langa, Kaapstad, Saterdag wat deur Lekota toegespreek is.

Mbeki het op 21 September bedank ná die NUK besluit het om hom vanuit sy pos te verwyder.

Die besluit het gekom ná 'n bevinding deur regter Chris Nicholson dat hy nie die moontlikheid kon uitsluit van politieke inmenging in die besluit om die ANC-leier Jacob Zuma op klagtes van bedrog en korrupsie te vervolg nie.

детский плед купитьtopcargo

Amerikaanse ekonomie reeds in ongevalle, s? voormalige reserwebankbaas

ImageDie Amerikaanse finansiële stelsel is reeds in die ongevalle-afdeling en sal na die intensiewesorgeenheid verplaas word, het Paul Volcker, die voormalige voorsitter van die Amerikaanse reserwebank, vandag in Singapoer gesê.

Volcker het in 'n lesing gepraat en gesê gaan dit 'n wyle in die intensiewesorg verkeer voordat dit beter word. Die prentjie wat hy van die huidige ekonomiese toestande skilder, is baie donker.

Die krisis wat in Amerika begin het, het 'n globale probleem geword wat globale oplossings vereis.

Hy sê dit wil voorkom asof die VSA  in 'n resessie is, en het vrese uitgespreek dat Europa in dieselfde toestand verkeer, maar hy het hoop dat maatreëls deur die regerings van regoor die wêreld die toestand van korte duur sal maak.

Hy voel dat die hulpmaatreëls "onsmaaklik" is, omdat dit nie strook met kapitalisme nie, maar het bygevoeg dat dit noodsaaklik was in die huidige omstandighede.

Volcker het gepraat voor akademici by die Lee Kuan Yew-skool vir openbare beleid.

Europese regerings het dié week reddingspakkette bekendgemaak ten bedrae van meet as een triljoen dollar vir instansies wat in finansiële moeilikheid is.

President George W. Bush van Amerika het vandag nuwe stappe aangekondig om die globale finansiële krisis te aan te spreek, insluitende die gebruik van 'n deel van die 700-miljarddollarhulppakket om aandele in banke te koop.

Volcker, wat voorsitter van die reserwebank was van 1979 tot 1987, sê dat verskeie ander groot krisisse oor die laaste 25 jaar al plaasgevind het, en hulle is altyd oorkom sonder te veel skade aan die ekonomie, maar dié keer is dit anders.

Volcker glo dat die ekonomie nie dié keer sonder groot skade anderkant gaan uitkom nie.

Volgens hom vertoon die krisis 'n paar groot, nie-volhoubare neigings in die wêreldekonomie, veral dié van Amerika.

Amerika het meer bestee as wat sy geproduseer het, en het nou gevolglik 'n groot lopende-ekeningtekort teenoor die wêreld, veral Asië.

Volckers is nou die voorsitter van die raad van trustees van die Groep van Dertig, 'n nie-winsgewende organisasie wat poog om internasionale ekonomiese sake meer verstaanbaar te maak.

free bet sites no depositФильчаков прокурор харькова

Swart kan ook te wit wees vir Afrika

Albino's word hoog op prys gestel in Tanzanië – vir hulle liggaamsdele en bloed.

Richard Ciza is verlede week deur bure gewaarsku dat 'n bende na hom op soek is, waarna hy gevlug het en vir twee dae in die woude in oostelike Burundi gaan skuil het.

Die 19-jarige albino het geweet dat hy vermoor sou word as dié bende hom in die hande gekry het.

"Van die bure het my kom waarsku en ek het net gevlug" het Ciza wat in die Ruyigi provinsie woon vertel.

Ruyigi provinsie was die laaste paar weke die toneel waar grusame moorde die voorland van albino's was, waarna hulle liggaamsdele aan toordokters verkoop is.

Die liggaamsdele word in Tanzanië verkoop. Die mense sit die dele op goudmyne, waarna die goud na bo kom en net bymekaar gemaak moet word, het Ciza vertel, vrees duidelik sigbaar in sy blou oë.

Ciza was in die veiligheid van die Ruyigi provinsie se streeksaanklaer se kantoor, maar steeds in 'n geskokte toestand. Dié betrokke beampte se kantoor is in 'n plek van veiligheid omskep waar albino's kan skuil, omring met 'n muur van 3 meter hoog. Vyf-en-twintig albino's van regoor die land het reeds daar skuiling gesoek.

Nadat daar 'n vergadering gehou is met die administrasie, die polisie, plaaslike parlementslede en mense wat die albino's verteenwoordig, is daar besluit om al die albino's bymekaar te kry in die Ruyigi distrik om hulle veiligheid te waarborg.

Op 22 September is 'n 16 jarige albinomeisie in Nyabitsinda vermoor, 'n paar dae later was dit 'n man in Bweru. Nog twee moorde is ook aangemeld uit ander dele van die land.

Polisie het vasgestel dat die liggaamsdele, organe en bloed na Tanzanië gesmokkel word en aan toordokters verkoop word om moetie van te maak.

Noordelike Tanzanië loop erg deur onder grusame insidente van toorkuns, soveel so dat spesiale beskermingsprogramme deur die president in plek gestel is.

Die aanvraag in dele van albino's is nou baie hoog in Tanzanië en alle albino's daar voel bedreig, maar die gebied met die grootste risiko is Ruyigi, waar toorkuns diep gewortel is.

Die 8 jarige Ephrem het saam met sy pa die 10 kilometer geloop na die veilige hawe van die aanklaer se huis in Ruyigi. Sy pa is baie ongelukkig daaroor dat hulle net oor die kleur van hulle vel 'n kommersiële waarde het en gejag word deur sommige mense.

Protais Muzoya, die seun se pa het 10 kinders, waarvan 2 albino's is. Hy is erg benoud, aangesien 'n meisie nie ver van waar hulle woon nie vermoor is, net omdat sy ook 'n albino is. Haar arms is afgekap en haar bloed versamel.

Nadat hy die storie van die meisie vertel het,  het 'n kar gestop en hulle 'n geleentheid aangebied dorp toe. Die seun het erg gespartel om nie in die kar te klim nie, waarna Protais die geleentheid bedank het. Die vrees en paniek op die kind se gesig was eens te veel.

Die handvol albino's in die streek het al kragte saamgesnoer en ruil oorlewingsidees uit. Albinisme is 'n gebrek aan melamien, die kleurpigment in die vel, hare en oë wat beskerming bied teen die son se ultra-violetstrale. Albino's is vatbaar vir mediese komplikasies en sosiale diskriminasie in Afrika.

Terwyl hulle vroeër net vir die son moes skuil, moet hulle nou ook vir meer fisiese bedreigings vlug in die streke van Burundi en Tanzanië.

Die bedreiging teen albino's is baie werklik. Richard Ciza moes vlug voor vier mense wat met gewere gewapen was en het vir twee dae in die woud geskuil, het Gahimbare vertel.

Daar word gesê dat dié moordenaars soveel as 600 miljoen Tanzaniese sjieling (500 000 dollar) kan verdien met een albinoliggaam.
камин в маленькой комнатеДанильченко Юрий Харьков

ANC skors vyf seniorlede in Weskaap

Die ANC in die Weskaap het 5 senior lede op streeksvlak op Dinsdag geskors omdat hulle die party en die eenheid daarbinne ondermyn het.

Die nuutverkose provinsiale sekretaris, Mcebisi Skwatsha het gesê die 5 lede sluit in Mbulelo Ncedana en Ebrahim Sawant, die geskorsde adjunk sekretaris van Dullah Omar se ANC streek in die Weskaap.

 

Die ANC se provinsiale werkskomitee het die onbetaamlike gedrag van die lede opgemerk, en ook die stellings waarmee hulle die organisasie se samehorigheid en dissipline ondermyn het, en het besluit om hulle met onmiddellike ingang te skors.

Die verdere lede wat geskors is, is Brian Heber, Onel de Beer, en Moegamat Majiedt.

Ncedana was een van die organiseerders van die vergadering waar Lekota Saterdag ontevrede ANC lede toegespreek het.

Die provinsiale werkskomitee se hulle is bewus van die verwarring wat die mense gesaai het, en die ondermyning van gesag van die ANC se strukture deur mense wat kwansuis onder die vaandel van die ANC praat. Die mense het ook by vergaderings gepraat wat nie deur die ANC gereël is nie. 

Die ANC in die Weskaap sal nie toelaat dat sy strukture gebruik word om die party te ondermyn en te verraai nie, is daar verder bygevoeg.

Lekota en die voormalige adjunk minister van verdediging, Mluleki George is Maandagaand deur die ANC geskors. Lekota, wat bedank het as minister van verdediging toe Mbeki uit sy pos gesit is, het gesê hy mag dalk ‘n wegbreek party begin.

‘n Provinsiale konferensie wat sowat twee weke terug gehou is in die Weskaap het duidelike bewyse getoon van ‘n verdeling in die ANC toe Ncedana ‘n ander vergadering gehou het met paar honderd mense, waar hy  gesê het dat die aanstelling van afgevaardigdes nie volgens die reëls verloop nie.

Die provinsiale werksgroep het gesê dat hulle die ANC gevra het om in te gryp, maar dat daar geen reaksie was nie.

Die provinsiale konferensie het pro-Zuma leiers verkies en die uitvoerende komitee van die Dullah Omar gebied ontbind. Die gebied sluit in die Kaapse Metro, met sowat 30 000 lede in 85 takke.        

play casinos onlineФильчаков прокурор отзывы

Motata is ‘n ‘dronk kaffer’

Die eienaar van die woning in Hurlingham waarteen regter Nkola Motata gebots het, het hom 'n "dronk kaffer" genoem, het 'n metropolisielid in die Johannesburgse Hooggeregshof getuig.

Dié woorde is blykbaar van die opname wat van die voorval gemaak is, uitgevee.

Metropolisielid, Paulinah Mashilela, sê die woorde "dronk kaffer" kan nie nou op die opname gehoor word nie.

Volgens haar was die eienaar van die perseel, Richard Baird in 'n onstuimige woordewisseling met Motata betrokke toe sy opgedaag het. Sy het getuig dat dit tydens dié onderonsie was wat Baird Motata 'n as 'n dronk kaffer uitgekryt het.

In 'n verdere verwikkeling het Motata sy regspan aangesê om 'n beëdigde verklaring van Mashilela dat sy deur staatsaanklaers gedreig is, tot die hofrekord toegelaat te kry.

Landdros Desmond Nair het toegestem dat die verklaring as 'n verwysingspunt toegelaat word maar het bygevoeg dat dit geen betrekking het op wat in die hof bewys moet word nie.

насосного оборудованияДанильченко Юрий отзывы

VF Plus eis dat SARU teen Luke Watson optree

11:56:45 Die VF Plus eis dat die Suid-Afrikaanse Rugbyraad teen Luke Watson optree en seker maak dat hy nooit weer vir Suid-Afrika en

Image

Pieter Mulder

die Springbokspan speel nie.

Volgens dr. Pieter Mulder het "Luke Watson in die verlede vasgehaak, iets wat blyk uit die feit dat hy op die Springboktrui wat president Mandela as ’n gebaar van versoening reeds in 1995 aangetrek het, wil braak. Beter as Suid-Afrika se Olimpiese span of as die Suid-Afrikaanse sokkerspan was die Suid-Afrikaanse rugbyspan reeds twee keer sedert 1994 as Springbokke wêreldkampioene. In albei gevalle het die Springbokspanne groot oorwinningsoptogte deur die land gehou en is hulle triomfantlik uit alle gemeenskappe ontvang en toegejuig na hulle oorwinnings."

Mulder meen dat daar "geen verskil tussen Luke Watson se snedige en vernederende opmerkings teenoor Afrikaners (Dutchmen) en die snedige en vernederende opmerkings van die groep op Face Book oor Swartes is nie. Hopelik sal die media en die publiek se reaksie op albei hierdie situasies ewe afkeurend wees."

In die lig van Watson se afkeur om vir die Springbokke te speel, is dit seker logies om af te lei dat hy die geld wat hy van die rugby-unie ontvang het na die Springbokwedstryde waarin hy opgetree het, nie vir homself gehou het nie, maar dit vir ontwikkeling of soortgelyke goeie sake geskenk het.

Die VF Plus se uitdaging teenoor mnr. Butana Komphela en Luke Watson bly staan dat hulle hulle standpunte oor die Springbokembleem by die Curriebekereindstryd in Durban moet kom stel. Ná alles is dit die rugbyondersteuners wat daar teenwoordig is, wat honderde rande betaal om rugby finansieel aan die gang te hou en dit vir die borge die moeite werd maak om die sport te ondersteun.

Die Vryheidsfront Plus aanvaar dat rugbyondersteuners in die toekoms ook hulle gevoelens en misnoeë teenoor Luke Watson sal betoon waar hy ook al weer op ’n rugbyveld verskyn. Die VF Plus beoog om 'n petisieveldtog te loods waar Suid-Afrikaners en rugbyliefhebbers hulle sienings oor die Springbokembleem en Luke Watson kan laat hoor.

free money mobile casino no depositДанильченео

Man in hospitaal n? kabeldiefstal

10:56:02 'n 54-jarige man herstel tans in die hospitaal ná 'n woedende skare inwoners van Soshanguve hom aangeval het omdat hy besig was om koperkabels te sny, het die Pretoriase polisie laat weet.

"Die skare het Maandagaand op hom toegesak terwyl hy besig was om kabels by Soshanguve se uitbreiding H saam met sy twee buurmanne van 18 en 19 jaar oud te sny," het kaptein Solly Marindi gesê.

Toe hulle agterkom dat die skare op hulle toesak, het die twee jong mans gevlug en die ouer man agtergelaat.

"Maar 'n groep gemeenskapslede het agter hulle aangehardloop terwyl ander besig was om die ouer man aan te rand en ernstige kopbeserings te veroorsaak," het hy gesê.

Een van die mans het na die naaste polisiestasie gevlug terwyl die ander na hul huis in die omgewing gehardloop het.

"Die wat huis toe gevlug het, is in hegtenis geneem en na die polisiestasie geneem waar ook sy neef so pas aan die polisie oorhandig is. Die twee verkeer in aanhouding en sodra die ouer man herstel, sal hulle saam in die hof verskyn," het Marindi gesê.

раскрутка сайтаФильчаков Александр Васильевич

Was Milan Kundera ‘n Rooi spioen?

Tsjeggese skrywer, Milan Kundera, mag sy status as een van Oos-Europa se beste skrywers kwyt wees. Volgens die staatsbefondste Instituut vir die Studie van Totalitêre Regimes, 'n Tsjeggiese navorsingsinstituut, het Kunders op die ouderdom van 21 'n student gaan verkla daarvan dat hy 'n spioen sou wees.

Kundera, bekend vir sy boeke wat in Engels vertaal is as "The Unbearable Lightness of Being" en "The Joke," het Miroslav Dvoracek by die polisie gaan aanmeld waarna Dvoracek tot 22 jaar gevangnisstraf gevonnis is. Hy was trouens gelukkig om die doodstraf vry te spring. Dvoracek het 14 jaar van sy lewe in 'n uraanmyn gewerk swaar arbeid verrig.

Dvoracek is blykbaar in 1948 in Duitsland gerekruteer deur die VSA om op die Tsjeggiese regering te spioeneer. Die aanklag teen Kundera kan sy morele onwrikbaarheid as segsman van hoe totalitêre regerings 'n daaglikse bestaan kan beïnvloed ten nadele strek.

Kundera het die aantygings ten sterkste in 'n verklaring wat deur sy Franse uitgewer Gallimard uitgereik is, ontken. Hy het in 'n televisieonderhoud in Tsjeggië, een van die min wat hy toestaan, gesê dit is 'n "sluipmoord op 'n outeur".

Kundera, wat in Frankryk woon en in Frans skryf – sy onlangse boeke is nie in Tsjeggies vertaal nie – is bekend in Tsjeggië maar nie geliefd nie. Hy was eers 'n lid van die Kommunistiese Party, maar in 1968, met die inval in Praag, is hy afgedank as onderwyser.

Alhoewel Kundera ontken dat hy as 'n geheime agent gewerk het, is die Instituut in besit van 'n inskrywing wat om 4 nm, 14 Maart 1950, by 'n polisiestasie ingedien is deur hom. Daarin vertel hy dat 'n sekere Iva Militka 'n briewetas aan 'n medestudent gegee het om veilig te bewaar. Die polisie het Militka gaan inwag en vasgestel dat die student onder 'n vals identiteit ingeskryf is en hom in hegtenis geneem.

In die tas was twee hoede, twee pare handskoene, twee pare sonbrille en 'n buisie room. 'n Navorser, Adam Hradilek, het hierdie jaar per ongeluk op die inskrywing afgekom. Die Instituut is in Februarie geopen.

оборудование для обслуживанияФильчаков прокурор отзывы

Rusland vuur drie toetsmissiele af

ImageRussiese president Dmitry Medvedev het Sondag die lansering van 'n ballistiese missiel gadegeslaan te Plesetsk in die noordweste van die land. Rusland het drie langafstand missiele op dieselfde dag getoets en na afloop van die "Stabiliteit 2008"-oefening aangekondig dat hulle kernafweerstelsel in orde is.

Twee van die drie missiele is van kernduikbote afgevuur. Dit was die tweede Russiese interkontinentale ballsitiese missieltoets die afgelope paar dae en die jongste in die hoëprofiel militêre oefeninge wat land-, lug- en seemagte insluit sowel as strategiese kerneenhede.

Medvedev het aan die nuusagentskap RIA Novosti gesê Rusland se verdediging is in orde en hulle sal ook nuwe soorte magte en middele ontplooi. Kenners meen dat die oefeninge op voorbereiding vir 'n groot konflik dui omdat al die verskillende magte saam deelneem. Dit sluit konflik met 'n land soos die VSA in.

Igor Dygalo van die Russiese vloot het bevestig dat missieltoetse vanaf duikbote in die See van Okhotsk noord van Japan en die Barents See noordoos van Noorweë onderneem is. Die missiele het hulle teikens presies getref, het hy gesê.

внутреннее электрическое освещение рабочие чертежиДанильченко Юрий Харьков

Aandelemarkte in Asi? skiet op

ImageAandelemarkte in Asië is aansienlik op nadat regerings ingespring het om banke te red in 'n finansiële krisis wat erger lyk as die Groot Depressie. Die Dow het die grootste styging in 75 jaar getoon.

Tokio se Nikkei-indeks was teen etenstyd Dinsdag met 13% op, een van die grootste stygings ooit. Hong Kong, Sydney en Seoul is ook hoër nadat Europese rererings miljarde dollar aan hulle krediethonger banke beskikbaar gestel het.

Die VSA beplan om verdere aandele in verskeie banke te bekom, bo en behalwe die hulppakket van 700 miljard dollar. In Europa is 'n triljoen dollar in die banksektor ingepomp en lenings tussen groot spelers het regeringswaarborge ontvang.

In Australië het eerste minister Kevin Rudd 'n hulppakket van 7,25 miljard dollar bekendgemaak. Hy sê daarsonder sal ekonomiese groei en werksgeleenthede bedreig word.

сварочный инвертор спрокурор харьковской области