ANC vergader Woensdag om Lekota te bespreek

Image

Terror Lekota

08:36:35 Die ANC se nasionale uitvoerende komitee vergader Woensdag om die skorsing van die party se vorige voorsitter, Terror Lekota, te bespreek. Lekota dreig om 'n wegbreekparty te stig.

Volgens die ANC-woordvoerder, Jesse Duarte, sal die vergadering vandag om 2 nm begin.

Die skorsing van Lekota, asook sy vorige adjuk as minister van verdediging, Mluleki George, is Maandag deur die ANC se nasionale dagbestuur afgekondig.

Lekota wil volgens gerugte 'n nuwe opposisieparty begin met dissidente vanuit die ANC wat nie saamstem met die leiers wat by die Pietersburgkonferensie verlede Desember verkies is nie en wat sedertdien Thabo Mbeki as president verwyder het.

Die vorige premier van die Gauteng-provinsie in die PWV-gebied, Sam Shilowa, wat saam met Lekota en 'n reeks ander ministers bedank het, sal na verwagting 'n aankondiding oor sy toekoms Woensdagoggend maak.

Daar is heelwat spekulasie dat Shilowa by 'n nuwe politieke beweging mag aansluit.

Die ANC het ook vyf senior streekslede in die Weskaap geskors omdat hulle party-eenheid en -dissipline ondermyn het.

Die vyf lede sluit Mbulelo Ncedana en Ebrahim Sawant in, die afgestte sekretaris en adjunksekretaris van die ANC se Dullah Omar-streek in die Weskaap.

Ncedana was onder die organiseerders van 'n openbare vergadering van ontevrede ANC-lede in Langa, Kaapstad, Saterdag wat deur Lekota toegespreek is.

Mbeki het op 21 September bedank ná die NUK besluit het om hom vanuit sy pos te verwyder.

Die besluit het gekom ná 'n bevinding deur regter Chris Nicholson dat hy nie die moontlikheid kon uitsluit van politieke inmenging in die besluit om die ANC-leier Jacob Zuma op klagtes van bedrog en korrupsie te vervolg nie.

детский плед купитьtopcargo

Maak 'n opvolg-bydrae