"Die bedankingsbrief is gisteraand laat (Dinsdag) ingedien," het Duarte gesê.
"Hy (Shilowa) het sy bedanking by die sekretaris van die provinsie ingedien en blykbaar gaan hy vandag 'n aankondiging maak, waarskynlik om ons in kennis te stel dat hy by 'n nuwe politieke party aansluit.
"Ons het dit verwag. Dis geen verrassing vir die ANC nie. Ons het geweet dat hy dit gaan doen," het Duarte bygevoeg.
Sy het gesê dat die ANC ook die bedanking van twee LUR'e in die Ooskaap te wagte was.
"Natuurlik sal ons gereed wees om hulle dadelik te vervang," het Duarte gesê.
Maandag het die ANC se nasionale dagbestuur besluit om Terror Lekota, die voormalige minister van verdediging, asook sy vorige adjunk, Mluleki George, te skors. (Sien vorige berig.)
