W?reld moet aanhou om Afrika te voed, s? Annan

Kofi Annan, voormalige VN sekretaris generaal het vandag gesê dat die globale ekonomiese krisis nie ‘n verskoning mag wees om nie die wêreld se honger mense te voed nie.

Hy het gesê dat die wêreld sy doel om die hongeres te voed en armoede hok te slaan nie kan laat vaar nie en dat dit kritiek is vir Afrika. Hy het vandag in Dublin gepraat by ‘n konferensie wat ten doel het om die wêreld se oog te vestig op hongersnood en beter maniere om dit te voorkom.

Die finansiële krisis mag nie ‘n verskoning wees om niks te doen nie, het hy gesê, en ook bygevoeg dat ‘n miljard mense honger ly.

“Terwyl ons hier vergader gaan 10 000 kinders sterf van wanvoeding. En in Afrika alleen is daar 300 miljoen mense wat nog ‘n dag stry teen honger,” het hy gesê.

Hy het gesê dat die wêreld by ‘n kritieke punt is. Die globale voedselkrisis het die globale  gemeenskap bewus gemaak van die behoefte aan landbou-ontwikkeling om hongersnood ten einde te bring en groei in Afrika te bevorder.

Volgens Annan verkeer die beloftes wat vir die doel van Afrikahulp gemaak is op onstabiele grond en die finansiële krisis dreig verder om die politieke wil om die beloftes na te kom te ondermyn.

Hy het gepraat oor die geskarrel om geld te leen om lande se ekonomieë te red, deur die beskikbaarstelling van miljarde dollar, terwyl die ontwikkelende wêreld met hongersnood sit.

Volgens hom is die wêreldekonomie in ‘n siklus van op- en af-fases, terwyl daar nie sprake is van ‘n verligting van Afrika se honger nie. Volgens Annan is die patroon van honger op ‘n immer stygende vlak, wat onaanvaarbaar is en gestop moet word.

детская ванночка купить киевАлександр Фильчаков

Umkhonto woedend oor ANC-skeuring

Lede van die Umkhonto we Sizwe Veteranevereniging oorweeg dit nie om die organisasie waarvoor hulle geveg en hulle lewens gewaag het, in die steek te laat nie.

MK se nasionale voorsitter Kebby Maphatsoe, het op 'n mediakonferensie in Johannesburg gesê hulle is die mense op wie die ANC kan staatmaak omdat hulle beproef en getoets is. Hy sê hulle staar baie lank reeds werkloosheid in die gesig maar is nog nooit oorgehaal om by ander politieke partye aan te sluit nie.

Maphatsoe sê hulle het die aktiwiteite van die andersdenkendes, wat deur Mosiuoa Lekota, Mluleki George en nou ook Sam Shilowa gelei word, waargeneem. Hulle is die mense wat vir jare geveg het vir posisies in die Nasionale Uitvoerende Komitee maar daarin gefaal het om dit te behou en nou verbitterd en kwaad is.

Mapahtsoe sê die veterane se waarnemings is dat dié mense se aksies daarop gemik is om die ANC se mobilisasie vir aanstaande jaar se algemene verkiesing te disorganiseer. MK-woordvoerder Ike Moroe sê MK-veterane is verkeerd opgevryf maar hulle woede sal hulle nie daartoe dryf om by die wegbreekparty aan te sluit of daarme geassosieer te wees nie.

Die MK-veterane is so woedend oor die jongste verwikkelings binne die ANC dat hulle ondersteuning vir die organisasie landswyd gaan mobiliseer. Maphatsoe sê hulle beoog om 45 000 lede vir die ANC se verkiesingsveldtog te werf omdat 'n verenigde en gedissiplineerde ANC van die uiterste belang is vir hulle en vir die meerderheid, wat teen die tragiese ommeswaai en roekelose gedrag van die andersdenkendes beskerm moet word.

Hy sê die veldtog gaan aanstaande maand in Port Elizabeth in die Oos-Kaap geloods word. Dit is waar die andersdenkendes baie geraas gemaak het en dié soort inligting het die potensiaal om gemeenskappe te verwar.  

poker free 10Фильчаков прокурор отзывы

Swart mense is hul eie grootste vyand

Swart mense is hulle eie grootste vyand, het Lot Ndlovu, president van die Swart Bestuursforum (SBF) vandag gesê.

Swart mense swaai vinnig om na materialisme, soos mens kan sien aan hoe vinnig hulle hul luukse motors en huise vertoon. Ndlovu het dit as baie kras beskryf.

Hy sê dat baie swart besigheidsmanne net daarop uit is om hulleself te verryk, en dat hulle nie in transformasie belangstel nie.

Volgens hom het die transformasieproses gestruikel en hy meen dat sommige swart sakemanne nie deel is van die program nie.

Ndlovu het met afgevaardigdes gepraat oor die belangrikheid daarvan om goed te presteer in mens se werk. Hy het gesê dat swart mense hulle eie grootste vyande is.

Ndlovu, wat die visevoorsiter is van die Nedbankgroep, het gesê dat topswartuitvoerendebeamptes dikwels nie hulle eie maatskappye se gebrek aan transformasie kritiseer nie.

Hulle vermy die onderwerp van die bevordering van swartmense, vanuit ‘n gevoel van skuld teenoor dié wat hulle in die magsposisies geplaas het.

Ndlovu het gevra vir die aanstelling van ‘n liggaam wat swart bestuurders kan aanbeveel, om te sorg dat dié bevoegde mense in senior poste in maatskappye aangestel word.

Volgens hom moet daar gekyk word na die aanstelling van mense, aangesien mense dikwels as uitvoerende beamptes aangestel word, terwyl daar vrae is oor hulle bevoegdheid. Hy sê dat die oplossings vir die probleem antwoorde uit eie bodem verg.

Hy sê dat dit tyd is vir swart leiers om transformasie die eerste prioriteit te maak, en het ook bygevoeg dat daar ongelooflike onregverdighede aangaan met sommige swartbemagtigings transaksies. Volgend hom is dit belangrik om te gaan slaap met ‘n skoon gewete.

Ndlovu se stelling oor materialisme het kommentaar van die moderator van die sessie ontlok toe hy gesê het dat hy bly is hy het sy duur mansjetknope nie vandag aangehad nie.

Blade Nzimande van die SAKP het gesê swart besigheidsmanne kan aan hulle SEB-skoene herken word, omdat die punte nouer word, en dit is so lank dat die mense agteruit na ‘n deur toe moet loop om te voorkom dat die skoene klop aan die deur voordat die persoon by die deur kom.        

как называется парусный спортлобановский александр компромат

AfriForum teleurgesteld oor Naas Botha

15:04:37 Die burgerregte-inisiatief AfriForum het sy teleurstelling uitgespreek met Naas Botha se uitlating in die media dat “as hulle die Springbok wil skiet, moet hulle dit nou doen en klaarkry.”

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het die Springbok-tradisie 'n groot rol gespeel om Botha as rugbylegende te help vestig en sou 'n mens verwag dat iemand soos hy nie voor politieke druk van radikale elemente soos Butana Komphela moet swig nie.

“Botha verdien vandag groot geld as rugby-aanbieder op die rug van die Springbok en nou is hy nie bereid om die hand wat hom voed in beskerming te neem nie,” het Kriel bygevoeg.

Kriel het ook aangedui dat AfriForum nie die stryd vir die behoud van die Springbok gewonne sal gee nie.  Volgens hom het AfriForum reeds 'n regsopinie van 'n senior advokaat aangevra om die nuwe Sportwet ongrondwetlik te laat verklaar.  Dit is volgens Kriel nodig omdat dit juis die nuwe Sportwet is wat dit vir elemente wat buite rugby staan, moontlik maak om polities in te meng in rugby se sake en van die Springbok ontslae te probeer raak.  “Die Springbok is 'n geregistreerde handelsmerk van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie en inmenging om dit te verwyder, sal op onteiening neerkom,” het Kriel gesê.

playлобановский александр игоревич класс

Nog ‘n kinkel in dronkregtersaak

Image

Regte Motata

14:56:18 Die hof het in die saak van dronkbestuur teen Regter Nkola Motata vir duidelikheid gevra oor die mediese toestand van die getuie wat sê hy ly aan geheueverlies en dat 'n ongeluk sy vermoë om te getuig, aangetas het.

Metropolisiebeampte Daniel Madibo was op die toneel op 6 Januarie 2007 toe Motata, wat na bewering dronk was, met sy Jaguar in die muur van 'n eiendom in Hurlingham vasgery het. Madibo het gesê die hof moet daarvan kennis neem dat daar baie dinge is wat hy nie kan onthou nie.

Hy sê hy was in Desember dieselfde jaar self in 'n ongeluk betrokke en was 8 maande in die hospitaal. Hy het twee maande gelede eers teruggekeer werk toe en het 'n doktersertifikaat waarin bevestig word dat hy breinskade opgedoen het.  

Die advokaat vir die verdediging, Danie Dorfling, het vroeër gedurende kruisverhoor die teenstrydighede in Madibo se getuienis uitgewys. Landdros  Desmond Nair  het beveel dat die hof verdaag sodat Madibo die doktersertifikaat en ander mediese dokumente wat sy toestand bevestig, kan voorlê.

Vroeër is 'n hofordonnans uit die hof verwyder omdat hy na bewering die feite van die saak tydens 'n pouse met Madibo bespreek het. Nair het gesê wanneer die saak op 22 Oktober hervat word, sal twee nuwe hofordonnanse ingebring word en ondersoek na die huidige ordonnans ingestel word.

live casino demoОлександр Васильович Фільчаков

Obama bly koelkop onder aanvalle van McCain

Image

John McCain

14:27:36 Senator John McCain het op Woensdagaand ‘n wonderwerk nodig gehad in sy finale debat met Barack Obama, een wat die agterstand wat hy tans in die stemme het kan uitwis en sy veldtog weer nuwe lewe kan gee.

Wat wel gebeur het is nie die wonderwerk nie, maar die verskynsel dat hy sy teenstaander aangeval het, soos wat die publiek gehoor het.

McCain se aanvalle was baiekeer direk, en soms ook in sarkasme verskans, maar nie eenkeer het hy dit reggekry om Obama van stryk te bring nie. Obama het deurgaans koelkop gebly en kalm antwoorde gegee.

McCain se aanvalle het gewissel van Obama wat belasting op Jou die loodgieter gaan verhoog tot by die feit dat hy (Obama) nie genoeg reis nie. Dit komende van ‘n man wie se kandidaat vir visepresidentskap eers verlede jaar haar eerste paspoort gekry het.

Maar McCain was ook baie op die verdediging uit in die debat, ingesluit hierby was die mense wat die saamtrekke van hom en Sarah Palin bygewoon het, wat minder mooi goed geskree het toe Obama se naam genoem is.

McCain het dit gestel dat hy trots is op die mense wat na hulle saamtrekke toe kom, en dat hulle patriotiese burgers van die land is.

Obama se reaksie was deurgaans kalm.

Hy het gereageer deur te sê dat hy nie omgee om vir die volgende drie weke aangeval te word nie, maar dat die Amerikaners nie kan bekostig om met nog vier jaar van foutiewe finansiële beleid kan saamleef nie. In sy spreekbeurte het hy nie eenkeer van sy plan afgewyk nie.

Die grootste impak wat Obama gemaak het in die drie presidensiële debatte was nie dit wat hy gesê of nie gesê het nie, maar die beeld wat hy uitgedra het. Obama het nie ingepas in die beeld wat McCain hom in wou plaas nie.

“Wanneer mense sê dat ek met terroriste vriende is, praat ons nie van geldige punte nie”, het Obama gesê.

Die grootste beeld wat McCain uitgedra het was ‘n sigbaarheid. In die eerste debat het hy geweier om na Obama te kyk. In die tweede debat het hy Baie op die verhoog rondgeloop en is die laaste een het hy baie geskryf terwyl Obama gepraat het, en andersins ‘n smalende reaksie getoon op wat Obama gesê het.

Bob Schieffer, die moderator van CBS, het gereeld uitdagende vrae gevra wat nie altyd verdienstelike antwoorde gekry het nie.

Op ‘n vraag aan albei manne oor hoekom die land beter daaraan toe sal wees as hulle vennote die land sal lei, het Obama gesê dat Joe Biden dieselfde kernwaardes as hy deel. McCain het weer gesê Sarah Palin ‘n hervormer is wat die party verenig.

McCain het gereeld terruggeval op die republikeinse kernpunte, en ook gereeld vir Obama beskuldig dat hy welvaart vir versprei, wat natuurlik sal goed klink vir mense wat nie ryk is nie.

Die een onderwerp watMcCain nie geopper het nie is die van eerwaarde Jeremiah Wright. Klaarblyklik die een lyn wat hy nie gewillig is om oor te trap nie.

Dit wil voorkom of McCain steeds nodig het dat Obama ‘n groot flater maak, wat hom (Obama) na die meer riskante keuse van die twee sal laat lyk. Ongelukkig vir McCain het Obama nie dié fout Woensdag gemaak nie.

Obama het gesê dat die grootste risiko wat nou geneem kan word is om dieselfde beleidsrigtings wat in die laaste agt jaar as foutief bewys is vol te hou.

Hoewel die stryd nog nie oor is nie, sal dit nie wys wees om McCain nou al af te skryf nie, aangesien daar nog drie weke oor is, en in politiek kan baie gebeur in so kort tyd.                    

 

 

розвиваючі ігри для дітей 2-3 роківДанильченко

Rand daal tot R11 per dollar

10:00:11 As gevolg van dalende wêreldbeurse, het die rand oornag tot byna R11 per dollar verswak. Vroeg vanmore is die rand deur banke op R10,84 per dollar gekwoteer. Teen die euro verhandel die rand teen R14,48 en teen die Britse pond staan die rand op R18,68.

Goud is ook laer op $842,30 per fynons.

Beleggers in globale markte soek tans na 'n veilige hawe vanweë die dalings in eiendom en aandele. Die dollar en jen baat by die sogenaamde "vlug na kwaliteit" wat aan die gang is. Dit lei ook daartoe dat buitelandse beleggers hul fondse vanuit Suid-Afrika onttrek terwille van die groter geldeenhede.

Oornag het die Amerikaanse aandelemark weer skerp gedaal ná slegte kleinhandelverkoopsyfers in die VSA. Die Standard & Poors 500-indeks het die grootste persentasieverlies sedert Swart Maandag op 19 Oktober 1987 beleef met 'n daling van 9,03% tot  907.84. Die Down Jones-nywerheidsindeks van 30 aandele het met 7,87% afgeneem tot 8577,91.

Ook in Asië het beurse vanoggend skerp gedaal met die Nikkei in Tokio wat met 11,41% tot 8 458,45 getuimel het. Europese markte het vanoggend net ná die openinge met meer as 5% gedaal.

стенд сход развал купитьФільчаков Олександр Васильович прокурор

Samesprekings rondom magsdeling gaan steeds aan in Zim

Image

Morgan Tsvangirai

13:57:36 President Robert Mugabe en sy hoofpolitieketeenstaander kon nie daarin slaag om die dooie punt rondom die magsdeling op te los nie. Klaarblyklik is daar vordering gemaak, maar die samesprekinge gaan vir ‘n derde dag aan.

Thabo Mbeki het twee dae van samesprekinge gelei in ‘n poging om Mugabe en Tsvangirai, die opposisieleier, sover te kry om die stryd rondom die magsdeling te laat eindig.

Mugabe het aan verslaggewers gesê dat hulle vordering maak en dat hulle môre sal klaarmaak.

Tsvangirai het gesê dat die onderhandelinge baie omslagtig was, maar sy hoofonderhandelaar, Tendai Biti was van mening dat daar wel gedurende Woensdag se 7 uur lange gesprekke vordering gemaak is. Biti is vol hoop dat sukses behaal sal word.

Die magsdeling ooreenkoms is ‘n maand gelede deur Mbeki beding en geteken deur beide Mugabe en Tsvangirai, laasgenoemde met die pos as eerste minister volgens die ooreenkoms.

Tsvangirai het gedreig om aan die gesprekke te onttrek nadat Mugabe verlede week al die sleutelposte wou hou vir sy Zanu-PF lede, wat aan hom beheer oor die weermag, polisie en ander veiligheid strukture sou gee.

Mbeki het Maandag na Harare gevlieg om te poog om die ooreenkoms te red, na maande van dodelike politieke onrus en ook in die hoop dat Zimbabwe nou homself uit die ekonomiese verval kan red.

Die staatsbeheerde Herald het berig dat die onderhandelinge nou gaan omtrent watter party die ministerie van Finansies beheer, ‘n kritiese portfolio in ‘n land met die hoogste inflasie ter wêreld.

Een van Afrika se mees vooruitstrewende nasies, Zimbabwe, se ekonomie het totaal in duie gestort wat die kritiese voedseltekorte bevorder het. Meer as die helfte van die bevolking benodig voedselhulp, terwyl 80% van die volk werkloos is.

Die Herald berig dat Mugabe nie nodig het om met die MDC-konsensus te bereik oor poste nie, en dat hy eensydig ministers mag aanstel. Die koerant is verder van mening dat die regering deur die president gevorm word, en dat die MDC nie geskik is om enige sekuriteitsliggame te bestuur nie.

Die Herald sê die MDC moet nou in die regering inkom en leer hou om dinge te doen.

Voordat die samesprekinge begin het, het die MDC aangedring daarop dat beheer oor Verdediging en binnelandse sake verdeel word.

Die rede daarvoor was om die party se ondersteuners gerus te stel dat die MDC self deel van die sekuriteitsmagte wat hulle so geteiken het in die laaste klompie maande nou beheer.

Tsvangirai het die eerste rondte presidensiële verkiesing gewen is Maart, maar het onttrek aan die Junie verkiesing nadat meer as 100 van die MDC volgelinge in geweld gesterf het.

Mugabe se onbetwiste oorwinning in die Junie verkiesing het internasionale druk laat toeneem dat Mugabe se regering ‘n magsdelingsooreenkoms moet aangaan met die opposisie.

Die Europese Unie het gedreig met nuwe sanksies indien die ooreenkoms nie realiseer nie, terwyl die VSA vir Mugabe beskuldig het dat hy die ooreenkoms verbreek.

Analiste sê dat hulle min hoop het dat die ooreenkoms sal slaag, beskouend in die lig van Mbeki se verminderde aansien, nou dat hy nie meer staatspresident is nie.

Heidi Holland, Mugabe se biograaf sê dat Mugabe ‘n eie agenda het en dt hy steeds sal aangaan om te doen net wat hy wil.

wedding jewelryФильчаков прокуратура харьков

Amerikaanse missielaanval in Pakistan

'n Amerikaanse afstandbeheerde spioenasievliegtuig het Donderdag twee missiele in Pakistan afgevuur. Die gebied wat aan Afghanistan grens word deur stamme bewoon en is vermoedelik 'n Al Kaida-vesting sê veiligheidsamptenare.

Twee missiele is afgevuur, wat 'n huis heeltemal vernietig het.. 'n Veligheidsbeampte het aan vertroulik APF gesê dat daar geen besonderhede van ongevalle beskikbaar is nie. Die aanval het in Suid-Waziristan plaasgevind.

Die vorige Amerikaanse hakkejag in Pakistan het verontwaardiging van politici oor die hele spektrum ontlok.

минеральная фасадная штукатурка ценалобановский александр дети

‘Grondhervorming nie oplossing’

Image

Pieter Mulder

08:49:23 "Die nuwe ANC-leierskap is besig om dieselfde beleidsfout oor grondhervorming te maak as wat voormalige president Mbeki se kabinet gemaak het. Die aankoop van meer landbougrond om aan swart gemeenskappe te gee is nie die antwoord vir armoede in landelike gebiede nie. Die regering moet eerder meer bystand na die oordrag van grond aan gemeenskappe verleen en die proses waardeur grond aan swart gemeenskappe gegee word verbeter”, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder het gereageer op die kommentaar van mnr. Jacob Zuma gister by NUMSA se jaarvergadering waartydens hy gesê het dat grondhervorming vinniger moet geskied waardeur meer grond  vir swart mense gegee moet word.

“Dit is algemeen bekend, asook deur die Minister van Landbou en Grondsake, me. Lulu Xingwana erken, dat daar probleme is met die administratiewe proses vir die oordrag van grond aan swart gemeenskappe en individue. Die nuwe ANC-leierskorps moet daarom eerder aandag gee aan die administratiewe bottelnekke wat tans bestaan om grond wat boere vrywillig verkoop het aan die staat, aan arm gemeenskappe oor te dra. Daarbenewens misluk die regering steeds daarin om hulp te verleen aan landelike swart gemeenskappe en opkomende boere wat reeds grond van die regering ontvang het. Slegs 30% van alle grond wat sedert 1994 oorgedra is in terme van grondhervorming, word tans produktief aangewend terwyl die res van die grond wat oorgedra is braak lê”, meen dr. Mulder.

“Die Zuma-ANC leiers sal hulself ‘n guns bewys indien hulle uit die foute van president Mbeki leer dat die hoeveelheid grond in swart besit nie die verskil gemaak het aan landelike armoede nie. Die regering moet beter opleiding aan gemeenskappe verskaf en vennootskappe met georganiseerde landbou-organisasies sluit. Sulke vennootskappe tussen die nuwe ANC-leierskap en georganiseerde landbou sal vinniger verligting bring aan landelike armoede as wat meer grond enige bydrae sal kan lewer”, het dr. Mulder bygevoeg.

ударный гайковертлобановский александр жена