praag.co.za

Samesprekings rondom magsdeling gaan steeds aan in Zim

Written by

in

Thabo Mbeki het twee dae van samesprekinge gelei in ‘n poging om Mugabe en Tsvangirai, die opposisieleier, sover te kry om die stryd rondom die magsdeling te laat eindig.

Mugabe het aan verslaggewers gesê dat hulle vordering maak en dat hulle môre sal klaarmaak.

Tsvangirai het gesê dat die onderhandelinge baie omslagtig was, maar sy hoofonderhandelaar, Tendai Biti was van mening dat daar wel gedurende Woensdag se 7 uur lange gesprekke vordering gemaak is. Biti is vol hoop dat sukses behaal sal word.

Die magsdeling ooreenkoms is ‘n maand gelede deur Mbeki beding en geteken deur beide Mugabe en Tsvangirai, laasgenoemde met die pos as eerste minister volgens die ooreenkoms.

Tsvangirai het gedreig om aan die gesprekke te onttrek nadat Mugabe verlede week al die sleutelposte wou hou vir sy Zanu-PF lede, wat aan hom beheer oor die weermag, polisie en ander veiligheid strukture sou gee.

Mbeki het Maandag na Harare gevlieg om te poog om die ooreenkoms te red, na maande van dodelike politieke onrus en ook in die hoop dat Zimbabwe nou homself uit die ekonomiese verval kan red.

Die staatsbeheerde Herald het berig dat die onderhandelinge nou gaan omtrent watter party die ministerie van Finansies beheer, ‘n kritiese portfolio in ‘n land met die hoogste inflasie ter wêreld.

Een van Afrika se mees vooruitstrewende nasies, Zimbabwe, se ekonomie het totaal in duie gestort wat die kritiese voedseltekorte bevorder het. Meer as die helfte van die bevolking benodig voedselhulp, terwyl 80% van die volk werkloos is.

Die Herald berig dat Mugabe nie nodig het om met die MDC-konsensus te bereik oor poste nie, en dat hy eensydig ministers mag aanstel. Die koerant is verder van mening dat die regering deur die president gevorm word, en dat die MDC nie geskik is om enige sekuriteitsliggame te bestuur nie.

Die Herald sê die MDC moet nou in die regering inkom en leer hou om dinge te doen.

Voordat die samesprekinge begin het, het die MDC aangedring daarop dat beheer oor Verdediging en binnelandse sake verdeel word.

Die rede daarvoor was om die party se ondersteuners gerus te stel dat die MDC self deel van die sekuriteitsmagte wat hulle so geteiken het in die laaste klompie maande nou beheer.

Tsvangirai het die eerste rondte presidensiële verkiesing gewen is Maart, maar het onttrek aan die Junie verkiesing nadat meer as 100 van die MDC volgelinge in geweld gesterf het.

Mugabe se onbetwiste oorwinning in die Junie verkiesing het internasionale druk laat toeneem dat Mugabe se regering ‘n magsdelingsooreenkoms moet aangaan met die opposisie.

Die Europese Unie het gedreig met nuwe sanksies indien die ooreenkoms nie realiseer nie, terwyl die VSA vir Mugabe beskuldig het dat hy die ooreenkoms verbreek.

Analiste sê dat hulle min hoop het dat die ooreenkoms sal slaag, beskouend in die lig van Mbeki se verminderde aansien, nou dat hy nie meer staatspresident is nie.

Heidi Holland, Mugabe se biograaf sê dat Mugabe ‘n eie agenda het en dt hy steeds sal aangaan om te doen net wat hy wil.

wedding jewelryФильчаков прокуратура харьков

Comments

Leave a Reply