Drie gevang n? inbraak in Brooklyn

10:12:26 Drie mans is in Akasia in hegtenis geneem vir die besit van ‘n gesteelde voertuig en huisbraak, het die polisie vandag gesê. 'n Woordvoerder, kaptein Lucas Sithole, het gesê die drie mans, 19, 24 en 32 jaar oud, het na bewering  Dinsdagmiddag ingebreek by ‘n huis in Brooklyn.

‘n Wit BMW en elektriese goedere is gesteel in die rooftog.

Die voertuig is later deur middel van ‘n opspoorsisteem in Akasia gevind. ‘n Helikoptereenheid het die voertuig raakgesien, waarna die drie uit die voertuig gespring het en dit daar gelaat het. Twee van die drie het in ‘n taxi geklim, maar die voertuig is voorgekeer en hulle is gearresteer. Die ander een is gevind waar hy naby die BMW weggekruip het.

Die gesteelde goedere is nie gevind nie, maar leidrade word opgevolg. Die drie behoort Donderdag in die Pretoria-Noord-landdroshof te verskyn, het Sithole gesê.    

perfektaлобановский александр игоревич харьков

Zuma bring besoek aan Rice, Bush

Image

Condoleezza Rice

09:40:52 Jacob Zuma het Amerika verseker dat alles nog wel is in Afrika se grootste ekonomie ten spyte van onlangse politieke gebeure in die land. Zuma het Condoleezza Rice en president George W Bush by die Withuis ontmoet in sy eerste hoëvlakbesoek sedert hy as leier van die ANC verkies is.

Sy doel met die besoek was om handelsbetrekkinge tussen Suid-Afrika en die VSA uit te bou. Zuma sê nie genoeg is in die verlede gedoen om beleggings uit die VSA aan te moedig nie.

Rice het die belang van die Dohasamesprekinge beklemtoon en gesê Suid-Afrika sal daarby baat. Sy het die hoop uitgespreek dat 'n handelsooreenkoms dalk bereik mag word voordat president Bush uittree.

Beleggers is bekommerd dat 'n Zuma-presidentskap mag lei tot ekonomiese onstabiliteit vanweë druk van vakbonde. Dié vrese het toegeneem nadat die ANC, Cosatu en die SAKP oor die naweek 'n bloudruk onthul het wat armoede gaan aanspreek. Die plan vra vir groter regeringsinmenging in die sakesektor.

In 'n toespraak wat voor die Council on Foreign Relations in Washington gehou is, het Zuma herhaaldelik benadruk dat die ANC 'n demokratiese organisasie is wat kollektief besluit en 'n beduidende rol speel om die stabiliteit van die land se instellings te verseker.

Hy het sy gehoor verseker dat daar geen rede tot paniek is nie. Hy het bygevoeg dat hy nie beleid eiehandig kan verander nie omdat hy nie die gesag het om dit te doen nie. Dit is in die hande van die ANC, het hy gesê.

Zuma het sy kommer uitgespreek oor die stand van die wêreldekonomie en die VSA gevra om meer in Suid-Afrika te belê.

free no depositФильчаков Александр Васильевич

Paartjie beroof toe hulle tuiskom

Image 09:46:47 ‘n Man en vrou is Woensdag deur gewapende rowers aangehou en van geld en juweliersware beroof, het die Gautengse polisie gesê.

Inspekteur Yakub Rasool het gesê die twee is na hulle huis gevolg teen ongeveer 02:30 vanoggend, en is by hulle huis deur die bende aangehou.

‘n Groot bedrag geld, asook juweliersware, is gesteel waarna die mans gevlug het. Daar is geen beserings aangemeld nie.

тамбов пеногенераторы,Фильчаков прокурор харькова

10 gevang vir pensioenbedrog in KZN

Image08:42:28 Tien mense, waaronder 'n staatsamptenaar en 'n oud-polisieman, is Dinsdag in hegtenis geneem omdat hulle na bewering miljoene rande aan pensioengeld van die departement van maatskaplike ontwikkeling in Kwazulu-Natal verduister het.

Volgens 'n woordvoerder "het die verdagtes as agente opgetree en mense oorgehaal om valse pensioene te eis. Dié agente het blykbaar saam met amptenare binne die departement gewerk," het Mandla Ngema gesê.

Ngema het gesê dat een van die oortreders oor die afgelope twaalf maande na bewering bedrog ter waarde van R1,6 miljoen gepleeg het.

Die tien is by Izingolweni in hegtenis geneem. Verlede week het die polisie 15 mense in dieselfde gebied vir bedrog en korrupsie gearresteer. Dit laat die die aantal inhegtenisnames slegs in dié gebied op 25 te staan kom.

"Die departement wil die polisie gelukwens met die werk wat hulle verrig het deur die verdagtes aan te keer, wat blykbaar ook in ander bedrog- en korrupsiesake betrokke is wat nog nie afgehandel is nie," het Ngema gesê.

Die aangehoudenes sal Woensdag in die Izingolweni-landdroshof verskyn.

пуско зарядное устройство boschДанильченко Юрий Брониславович компромат

DRK moet verduidelik oor LRA-rebelleleiers

Image

Alice Lakwena – ‘n Oegandese profetes wat ‘n grootskaalse opstand teen die regering van die diktator Yoweri Museveni gelei het en wie se beweging oorgegaan het in Joseph Kony se Lord’s Resistance Army (LRA)

09:27:25 Die internasionale hof het Dinsdag aan die DRK gevra wat hulle gedoen het om vier Oegandese rebelle wat in die land skuil en vir oorlogsmisdade gesoek word te arresteer.

Meer as een van die vier mense se basis is in die DRK.

Dié land se regering is in September 2005 gevra om die Lord’s Resistance Army (LRA)  se leier, Joseph Kony, en drie ander te arresteer.

Oeganda het beweer dat die LRA vir meer as drie jaar in die Garamba-nasionalepark oor ‘n basis beskik het.

Die hof het aan die DRK gevra om gedetailleerde inligting te voorsien voor die 17de November oor wat gedoen is om die arrestasies uit te voer.

Die hof het die reg om negatiewe bevindings te maak teen lidlande wat nie samewerking wil gee nie en hy kan ook die saak aan die liggaam oorhandig wat die hof gestig het deur middel van die Rome-verdrag Die organisasie kom volgende maand byeen vir sy jaarlikse vergadering.

Vroeër vandeesmaand het die aanklaer Luis Moreno-Ocampo hernude oproepe gemaak vir die arrestasie van Kony en ander LRA-lede, ná aanvalle op Kongolese burgers.

Moreno-Ocampo beweer die LRA het op die 17de September aanvalle geloods op dorpies in die Haut Uele-distrik in die DRK.

Die internasionale hof het lasbriewe vir die arrestasies van Kony en drie ander LRA-bevelvoerders, Okot Odhiambo, Vincent Otti en Dominic Ongwen reeds in 2005 uitgereik.

Hulle word beskuldig van verkragting, verminking, die gebruik van kindersoldate en die uitmoor van duisende mense.

In Julie het die Soedanese regering die hof gevra om die aanklagte uit te stel sodat die rebelleleiers ‘n Soedan-geleide Oegandese vredesooreenkoms kan teken.

Kony het sover geweier om die vredesooreenkoms te teken, op grond van die internasionale hof se lasbrief vir sy arrestasie.

Kony, wat net semi-geletterd is, het in 1988 beheer oorgeneem van die streeksrebelle behorende aan die Acholi-minderheidsgroep in die noorde van Oeganda.

Twintig jaar se gevegte tussen rebelle en regeringsmagte het derduisende dood gelaat en 2 miljoen mense ontwortel, hoofsaaklik in noordelike Oeganda.

мир игрушек харьковлобановский александр дочь

Plaas druk op Zimbabwe, s? Zuma aan Afrikalande

Image

Jacob Zuma

07:40:47 Die leier van Suid-Afrika se regerende party het Zimbabwe se regering gekritiseer vir die feit dat hulle die magsdelingsamesprekinge met die opposisie blokkeer.

Die ANCpresident, Jacob Zuma,  het Dinsdag ‘n beroep gedoen op ander Afrikalande om druk op Zimbabwe te verhoog.

Maandag het Zimbabwe se opposisieleier, Morgan Tsvangirai, gepraat oor die feit dat die regering nie aan hom ‘n paspoort wil gee nie, wat dit moeilik maak om samesprekinge omtrent magsdeling in ander lande by te woon.

Tydens ‘n vergadering het Zuma gesê dat dit nie reg klink nie. Hy het bygevoeg dat dit belangrik is dat enige burger ‘n paspoort mag hê om belangrike vergaderings by te woon.

Zuma gaan na verwagting volgende jaar die nuwe president van Suid-Afrika word. Hy is in Washington om beamptes van die Bush-administrasie te ontmoet, onder andere ook vir Gondoleeza Rice, die Amerikaanse minister van buitelandse sake.

what to post on instagram for businessФильчаков прокурор харьков

Motlanthe reis na Oeganda, Benin

President Kgalema Motlanthe sal Dinsdag na Oeganda reis vir 'n beraad oor ekonomiese streeksontwikkeling. Hy sal Woensdag 'n vergadering van SAOG bywoon, die Oos-Afrika Gemeenskap en Komesa in Kampala.

Motlanthe, wat ook voorsitter van SAOG is, sal vergesel word van Mandisi Mpahlwa, minister van Handel en Nywerheid. Die ontmoeting is daarop gemik om beter streeksintegrasie te bewerkstellig. Dit sal die afskaffing van grensbeheer tussen SAOG-lande beteken asook die ontwikkeling van infrastruktuur vir die streeksekonomiesegemeenskap.

Die streeksekonomiesegemeenskap, oftewel SEG, bestaan uit 26 lande of die helfte van die Afrika-Unie met 'n gesamentlike BBP van VS$624 miljard. Na afloop van die Kampalaberaad, sal die president na Benin reis om 'n buitengewone vergadering van die Afrikaoorsigforum in Kotonoe by te woon.

подъемникидвухстоечные Фильчаков прокурор харьков

Franse diewe kraak presidensi?le bankrekening

Image

President Nicolas Sarkozy

Die Franse polisie het Dinsdag twee verdagtes aangekeer as deel van ’n ondersoek na wie die rekenaarkrakers is wat in president Nicolas Sarkozy se bankrekening ingebreek het, en onttrekkings daaruit gemaak het.

Sarkozy het die diefstal reeds verlede maand aangemeld.

Dit het klein bedrae behels wat uit sy bank onttrek is en dan gebruik is om selfoonkontrakte mee uit te neem.

Die bron naby aan die president sê die twee word in die Paryse omgewing aangehou, maar het niks verder bekendgemaak nie.

promotion ideasФільчаков Олександр Васильович прокурор

Digter vervolg in Jordani? weens liefdesverse

Image

‘n Voorbeeld van Moslemsensuur

16:32:41 Jordanië se vervolging sê die polisie het 'n plaaslike digter in hegtenis geneem omdat hy verse vanuit die Moslems se heilige boek, die Koran, in sy liefdesgedigte opgeneem het.

'n Regsbeampte sê die digter, Islam Samhan, het sy versameling gedigte, "Seën soos 'n skadu" wat na bewering die heilige boek beledig het, sonder goedkeuring van Jordanië se regering gepubliseer.

Die beampte het die inligting bekendgemaak op voorwaarde dat hy naamloos bly omdat hy nie magtiging het om met die media te praat nie. Samhan is Dinsdag daarvan aangekla dat hy die Islam-geloof skade berokken het en die pers- en publikasiewetgewing oortree het deur die heilige woorde van die Koran met seksuele temas te kombineer.

As hy skuldig bevind word, kan die digter drie jaar tronkstraf opgelê word. 

матрас для плаванияФильчаков прокурор отзывы

‘n Tshabalala van moord aangekla

Borgtog van R2 000 is in Randburg se Landdroshof toegestaan aan Steven Tshabalala wat daarvan aangekla word dat hy  'n man in 2006 op die Rivonia-afrit op die N1 suidwaarts vermoor het.

Landdros Fatima Khan het Tshabalala se borgtog verleng en gelas dat hy hom elke Vrydag by Sandton se polisiestasie moet aanmeld. Tshabalala is op 7 Oktober 2007 gearresteer toe die ondersoekbeampte, Kaptein Stefanus van der Watt, vasgestel het dat sy simkaart in die gesteelde foon van Clay Charles Juan Pierre-Louis ingeplaas is, 'n dag nadat hy vermoor is.

Van der Watt het getuig dat geen ander getuienis Tshabalala met die moord verbind nie. Tshabalala het 'n vaste werk as sekuriteitsbeampte en 'n vaste adres in Ivory Park, waar hy baie jare lank al woon. Die polisie glo nie hy is 'n vlugrisiko nie en het nie die borgtog teengestaan nie. Geen ander arrestasies is gemaak nie.

??????????Данильченко Юрий Брониславович Харьков