DRK moet verduidelik oor LRA-rebelleleiers

Image

Alice Lakwena – ‘n Oegandese profetes wat ‘n grootskaalse opstand teen die regering van die diktator Yoweri Museveni gelei het en wie se beweging oorgegaan het in Joseph Kony se Lord’s Resistance Army (LRA)

09:27:25 Die internasionale hof het Dinsdag aan die DRK gevra wat hulle gedoen het om vier Oegandese rebelle wat in die land skuil en vir oorlogsmisdade gesoek word te arresteer.

Meer as een van die vier mense se basis is in die DRK.

Dié land se regering is in September 2005 gevra om die Lord’s Resistance Army (LRA)  se leier, Joseph Kony, en drie ander te arresteer.

Oeganda het beweer dat die LRA vir meer as drie jaar in die Garamba-nasionalepark oor ‘n basis beskik het.

Die hof het aan die DRK gevra om gedetailleerde inligting te voorsien voor die 17de November oor wat gedoen is om die arrestasies uit te voer.

Die hof het die reg om negatiewe bevindings te maak teen lidlande wat nie samewerking wil gee nie en hy kan ook die saak aan die liggaam oorhandig wat die hof gestig het deur middel van die Rome-verdrag Die organisasie kom volgende maand byeen vir sy jaarlikse vergadering.

Vroeër vandeesmaand het die aanklaer Luis Moreno-Ocampo hernude oproepe gemaak vir die arrestasie van Kony en ander LRA-lede, ná aanvalle op Kongolese burgers.

Moreno-Ocampo beweer die LRA het op die 17de September aanvalle geloods op dorpies in die Haut Uele-distrik in die DRK.

Die internasionale hof het lasbriewe vir die arrestasies van Kony en drie ander LRA-bevelvoerders, Okot Odhiambo, Vincent Otti en Dominic Ongwen reeds in 2005 uitgereik.

Hulle word beskuldig van verkragting, verminking, die gebruik van kindersoldate en die uitmoor van duisende mense.

In Julie het die Soedanese regering die hof gevra om die aanklagte uit te stel sodat die rebelleleiers ‘n Soedan-geleide Oegandese vredesooreenkoms kan teken.

Kony het sover geweier om die vredesooreenkoms te teken, op grond van die internasionale hof se lasbrief vir sy arrestasie.

Kony, wat net semi-geletterd is, het in 1988 beheer oorgeneem van die streeksrebelle behorende aan die Acholi-minderheidsgroep in die noorde van Oeganda.

Twintig jaar se gevegte tussen rebelle en regeringsmagte het derduisende dood gelaat en 2 miljoen mense ontwortel, hoofsaaklik in noordelike Oeganda.

мир игрушек харьковлобановский александр дочь

Maak 'n opvolg-bydrae