‘n Tshabalala van moord aangekla

Borgtog van R2 000 is in Randburg se Landdroshof toegestaan aan Steven Tshabalala wat daarvan aangekla word dat hy  'n man in 2006 op die Rivonia-afrit op die N1 suidwaarts vermoor het.

Landdros Fatima Khan het Tshabalala se borgtog verleng en gelas dat hy hom elke Vrydag by Sandton se polisiestasie moet aanmeld. Tshabalala is op 7 Oktober 2007 gearresteer toe die ondersoekbeampte, Kaptein Stefanus van der Watt, vasgestel het dat sy simkaart in die gesteelde foon van Clay Charles Juan Pierre-Louis ingeplaas is, 'n dag nadat hy vermoor is.

Van der Watt het getuig dat geen ander getuienis Tshabalala met die moord verbind nie. Tshabalala het 'n vaste werk as sekuriteitsbeampte en 'n vaste adres in Ivory Park, waar hy baie jare lank al woon. Die polisie glo nie hy is 'n vlugrisiko nie en het nie die borgtog teengestaan nie. Geen ander arrestasies is gemaak nie.

??????????Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae