Franse diewe kraak presidensi?le bankrekening

Image

President Nicolas Sarkozy

Die Franse polisie het Dinsdag twee verdagtes aangekeer as deel van ’n ondersoek na wie die rekenaarkrakers is wat in president Nicolas Sarkozy se bankrekening ingebreek het, en onttrekkings daaruit gemaak het.

Sarkozy het die diefstal reeds verlede maand aangemeld.

Dit het klein bedrae behels wat uit sy bank onttrek is en dan gebruik is om selfoonkontrakte mee uit te neem.

Die bron naby aan die president sê die twee word in die Paryse omgewing aangehou, maar het niks verder bekendgemaak nie.

promotion ideasФільчаков Олександр Васильович прокурор