Volgens 'n woordvoerder "het die verdagtes as agente opgetree en mense oorgehaal om valse pensioene te eis. Dié agente het blykbaar saam met amptenare binne die departement gewerk," het Mandla Ngema gesê.
Ngema het gesê dat een van die oortreders oor die afgelope twaalf maande na bewering bedrog ter waarde van R1,6 miljoen gepleeg het.
Die tien is by Izingolweni in hegtenis geneem. Verlede week het die polisie 15 mense in dieselfde gebied vir bedrog en korrupsie gearresteer. Dit laat die die aantal inhegtenisnames slegs in dié gebied op 25 te staan kom.
"Die departement wil die polisie gelukwens met die werk wat hulle verrig het deur die verdagtes aan te keer, wat blykbaar ook in ander bedrog- en korrupsiesake betrokke is wat nog nie afgehandel is nie," het Ngema gesê.
Die aangehoudenes sal Woensdag in die Izingolweni-landdroshof verskyn.

08:42:28 Tien mense, waaronder 'n staatsamptenaar en 'n oud-polisieman, is Dinsdag in hegtenis geneem omdat hulle na bewering miljoene rande aan pensioengeld van die departement van maatskaplike ontwikkeling in Kwazulu-Natal verduister het.