Boer gesodomiseer in tronksel

’n Wildboer van Vryheid is in ’n tronksel gesodomiseer terwyl sy medegevangenes gesing het, moes die Pietermaritzburgse hooggeregshof gister hoor. Hulle het vermoedelik gesing om die slagoffer se gille uit te doof, het regter Nic van der Reyden gesê.

Mnr. Ettienne van Wyk eis R1,2 miljoen van die minister van Veiligheid en Sekuriteit nadat hy en sy bestuurder, mnr. Zacharia Duvenhage, in die Hlobane-polisieselle aangehou is. Die minister staan die eis teen.

Hulle is gearresteer omdat hulle glo Van Wyk se diere sonder ’n lisensie vervoer het. Duvenhage is nie gesodomiseer nie, maar blybaar wel aangerand, en hy eis R350 000. Adv. Gerrie Roberts SC, namens die applikante, het gesê die stasiebevelvoerder het geslaap tydens die voorval en het nie van Van Wyk se gille gehoor nie.

Die twee mans is aanvanklik in ’n aparte sel aangehou, maar is geskuif na ’n ander sel met 14 verdagtes toe drie vroue na hul sel geskuif is.

Hulle voer aan dat hulle na ’n ander sel, soos die landdroshofselle of ’n ander polisiestasie, geskuif kon word om die voorval te verhinder.

Die 14 ander mans was almal verdagtes in ernstige misdade soos moord, verkragting en brandstigting. Dr. Senta Klingenberg, distriksgeneesheer van Vryheid, het getuig Van Wyk is verskeie kere gepenetreer. Sy het ook gesê Duvenhage het twee kneusplekke op sy kop en rug gehad. Roberts het getuig Van Wyk is omstreeks 03:00 deur een of meer mans gesodomiseer.

Van Wyk kon later sy vrou bel om die ondersoekbeampte in die saak te kontak. Die ondersoekbeampte het na die polisiestasie gery, maar die hek was gesluit en hy het oor die hek geklim om by die aanklagkantoor te kom waar hy die bevelvoerder, ene insp. Mtshali, aan die slaap gekry het. Die voormalige kommissaris van die polisiestasie, supt. Isobel Weiss, het getuig aanrandings is algemeen in dié selle.

Sy het gesê die polisiebeamptes moes geweet het om ondersoek in te stel, aangesien gevangenes wat begin sing daarop dui dat “iets aan die broei is”.

Weiss sou ook nie vir Van Wyk en Duvenhage in dieselfde sel as verdagtes in geweldsmisdade geplaas het nie, het sy getuig.

лестницы валександр лобановский класс

OPUL gaan produksie verlaag om pryse te stabiliseer

Iran se minister van oliesake het Donderdag gesê dat ‘n verlaging in aanvraag beteken dat OPUL sy olieproduksie met 2 miljoen vate per dag moet sny wanneer hulle Vrydag vergader.

Gholam Hossein Nozari het aan verslaggewers in die Oostenrykse hoofstad gesê dat ‘n verlaging van produksie weer die mark kan stabiliseer.

Dinsdag het hy gesê dat Iran ‘n verlaging in produksie van tussen 2 en 2,5 miljoen vate per dag sal aanvra.

OPUL se lidlande wil die produksie van olie inkort om die pryse van olie wat onlangs gedaal het te probeer ondersteun.

Analiste verwag dat die kartel die produksie met ten minste 1 miljoen vate per dag sal sny op Vrydag se buitengewone vergadering. OPUL produseer 40% van die wêreld se olie en die amptelike syfer vir produksie staan tans op 28.8 miljoen vate per dag.

Iran is die tweedegrootste uitvoerder van olie in OPUL en sy ekonomie is baie afhanklik van die uitvoer van olie en gas.

Saudi Arabië is OPUL se grootste produsent van ru-olie.

Oliepryse het Woensdag na sy laagste vlak in 16 maande gedaal, na nuus dat Amerika, die grootste verbruiker van ru-olie in die wêreld, se aanvraag gedaal het.

Pryse het gedaal tot onder die 65 dollar per vat in Londen. Dit is sowat 56%  minder as die rekordprys van 147.5 dollar vlak wat die pryse in Julie bereik het.

Die pryse het ietwat herstel op die Oosterse markte Donderdag, met Brent ru-olie wat effens gestyg het na 64.76 dollar per vat.       

оборудование для мойкиФільчаков Олександр Васильович

Metropolisie tree ‘soos Gestapo’ op in Pretoria

Image

Swart polisieman gebruik geweld teen blanke Afrikaanse vrou, gisteraand in Pretoria

07:34:07 'n Vergadering oor straatnaamsveranderings in Pretoria gisteraand het handuit geruk, met swart metropolisielede wat geweld teen blanke Afrikaanse vroue gebruik het (sien foto hiernaas).

Die vergadering is deur verskeie Afrikanergroepe bygewoon, waaronder Afriforum en die Verkennersjeug. Die byeenkoms het sonder probleme begin maar toe Mnr. Jan Beyers van die Verkenners se punt van orde blatant van die tafel gevee is, het ontstoke lede van die vergadering hul stemme laat hoor.

Mnr. Beyers se punt van orde het behels dat die vergadering moet verdaag aangesien dit 'n onwettige vergadering was.  Terwyl daar aangedring is dat die punt van orde aanvaar moes word, het polisieverteenwoordiging skerp toegeneem.  Gemoedere het begin oplaai tussen diegene wat gekant was teen die naamsveranderings en diegene wat daarvoor was.

Lede van die SAKP en ANC in T-hemde van hul partye het luidkeels hul steun vir die naamsveranderings te kenne gegee. Geweld het uitgebreek toe 'n lid van die SAKP/ANC 'n stoel na die Verkenners geslinger het. Die swart Metropolisielede het hul egter aan die kant van die SAKP/ANC geskaar en hardhandig teen Verkennerlede begin optree. Een lid van die Verkenners is in hegtenis geneem.

Mnr. Werner Smook, voorsitter van die Verkennersjeug, het gesê: "Die arrestasie is onregmatig en die behandeling van die polisie was hardhandig en uiters eensydig. Verskeie lede van die Verkenners oorweeg regstappe in verband hiermee."

Ná die arrestasie is die ligte van die saal afgeskakel en die polisie het die aanwesiges met traangas bestook. Die meeste mense wat teen die naamsverandering gekant was, het op dié stadium die saal verlaat.

Hierna is die vergadering egter hervat met die doel om "steun" vir die naamsveranderings te betoon. Volgens mnr. Werner Smook "is verskeie van ons lede met arrestasie gedreig indien hulle weer die saal sou betree. Gevolglik is die vergadering verder bykans net bygewoon deur lede van die SAKP/ANC. Dit is uiters ondemokraties en op grond daarvan alleen is die vergadering 'n klug en verwerp ons die uitkoms daarvan."

Mnr Kallie Kriel van Afriforum het 'n poging aangewend om die polisie te oortuig om die SAKP/ANC-lid wat die Verkenners met die stoel geslaan het, te arresteer. Hy het die persoon aan die polisie uitgewys, maar is toe self hardhandig uit die saal verwyder. Blykbaar is mnr Kriel ook deur 'n senior lid van die Metropolisie aangerand.

Agterna is vorms uitgedeel waarop voorstelle vir nuwe straatname gemaak kon word. Volgens die Verkenners se woordvoerder "bevestig dit weereens dat die metroraad die besluit alreeds geneem het om die name te verander. Geen kans word dus gegun om teen die veranderings te protesteer nie. Die Verkenners is 'n vreedsame kultuurorganisasie en betreur die gewelddadige optrede van die ANC/SAKP en die polisie wat van Gestapo-tipe optrede gebruik gemaak het."

slots gameлобановский депутат

Vier gevonnis n? toelaebedrog

17:53:17 Vier mense is in Germiston se Hooggeregshof aan bedrog en korrupsie skuldig bevind en gevonnis. Die SA welsynsagentskap se woordvoerder Paseka Letsatsi sê Rose Kunene, Michael Mokoena, beide van die agentskap se kantoor in Kemptonpark, is op 4 Oktober skuldig bevind en gevonnis.

Die ander twee mense, Thembi Mokoena en Mary Ramaese, is op dieselfde dag vir dieselfde oortredings skuldig bevind en gevonnis. Letsatsi sê die twee beamptes was kop in een mus met die ander twee en het die maatskapliketoelaestelsel met R2,5 miljoen ingeloop.

Die geld wat bedoel was om armoede uit te wis, is in Thembi en Ramaese se bankrekenings inbetaal. Hulle het hulleself as ontvangers van maatskaplike toelaes voorgedoen.

Die Skerpioene en die departement het die saak ondersoek nadat 'n informant die aap uit die mou gelaat het. Kunene is 15 jaar tronkstraf opgelê en Michael Mokoena tot 15 en 16 jaar, wat gelyktydig uitgedien sal word.

Themi Mokoena is tot 5 jaar tronkstraf gevonnis, wat vir 5 jaar opgeskort is. Ramaese is 10 jaar tronkstraf opgelê.

Letsatsi sê die Batebeslagleggingseenheid het opdragte van die hof verkry om die besittings van die bedrieërs te konfiskeer.

вагонка для баниОлександр Васильович Фільчаков

Suid-Afrikaners kan nie meer hul polisse bekostig

17:27:58 Die tempo waarteen Suid-Afrikaners op hulle lewensversekeringspolisse wanbetaal, het gedurende die laaste ses maande met 260% toegeneem.

Die webwerf Thinkmoney se bestuurshoof, Mike Kann, sê die ontleding is gebaseer op mense wat lewensverskeringspolisse deur hulle verskeringsvennote uitgeneem het. Kann sê die normale neiging vir wanbetaling oor 'n periode van twee jaar, was tussen 15 en 20%  maar dit het nou tot 40% toegeneem.

Dit is 'n verstommende vermeerdering van 260%. Kann sê teen die agtergrond van die huidige ekonomiese klimaat, is dit nie verbasend dat mense nie hulle paaiemente betaal nie. Hy stel egter voor dat mense na meer bekostigbare polisse kyk in stede daarvan om heeltemal daarmee uit te skei.

светильник на шинопроводе tlv proДанильченко Харьков

Spanje se plan met immigrantearbeid

Image

Marokkaan in Spanje

17:31:17 Spanje se nuwe “Plan van vrywillige terugkeer”, wat Maandag in werking tree, maak dit nou moontlik vir wettige immigrante wat hul werk verloor het om hul werkloosheidsvoordele in ‘n enkelbedrag te kry, solank as wat hulle instem om die land te verlaat.

Deelnemers aan die program moet hulle werksvisums ingee, asook hulle werkspermitte, en dan mag hulle ook nie binne drie jaar na Spanje terugkeer nie.

In ruil daarvoor kry hulle 40 % van hulle werkloosheidsvoordele in een bedrag, voordat hulle vertrek en die uitstaande 60 % as hulle in hul tuislande aangekom het.

Dit is ‘n geskatte gemiddelde bedrag van net meer as 40 000 dollar in totaal.

Dié maatreël is een om te probeer om Spanje se werkloosheidsprobleem hok te slaan. Met die werkloosheidskoers wat op ‘n 15-jaarhoogtepunt staan van 11,3 %, voel die land se 4 miljoen immigrante die knyp aan die sak ernstig.

Werkloosheid onder die groep het gestyg met 67,1 % teenoor 2007. Tussen April en Augustus hierdie jaar het die hoeveelheid immigrante wat werkloosheidsvoordele ontvang, gestyg van 165 217 tot 280 298.

Die plan van vrywillige terugkeer verteenwoordig ook ‘n verandering in Spanje se voorheen sagte immigrasiebeleid. Drie jaar nadat werk en verblyfspermitte aan 750 000 mense uitgereik is, het eerste minister Jose Rodriguez Zapatero dit in die openbaar gestel dat hy die Europese unie se kontroversiële beleid van terugkeer ondersteun.

Die beleid laat toe dat onwettige immigrante vir tot 18 maande in aanhouding mag bly. Sy regering begin ook nou om meer hulpbronne daaraan toe te sê om bote vol onwettige immigrante te keer voordat hulle aan Spanje se kus kan land. Hulle kyk ook na strenger wetgewing om ouers en hul kinders onder die ouderdom van 18 weer saam te voeg. (Tans laat die wet toe dat grootouers en skoonouers ook by hulle families mag kom aansluit.)

Politici reageer op publieke stemme, het Federico Winer gesê. Winer is ‘n joernalis wat artikels oor immigrasie skryf vir ‘n aanlynkoerant wat gemik is op Spanje se Latyns-Amerikaanse gemeenskap. Volgens hom dui die mense al hoe meer aan dat die grense nou gesluit moet word.

“Tot onlangs, terwyl die ekonomie ‘n bloeitydperk beleef het, was immigrante die oplossing,” het Kamal Ramhouni, president van die vereniging van Marokkaanse Immigrantewerkers in Spanje gesê. Volgens hom is dit asof daar nou gesê word dat immigrante die probleem is. Die Plan vertel vir die samelewing dat immigrante die oorsaak is van die ekonomiese krisis.

Ecuadoriaanse burgers maak die tweedegrootste groep immigrante in Spanje uit, maar sover het slegs 186 mense van die groep gesê dat hulle sal teruggaan na hul tuisland. Marokkane, wat die grootste groep immigrante in Spanje uitmaak, is self nog maar versigtig. In ‘n opname wat gehou is, het slegs 8 % gesê dat hulle hul visums sal ingee en terugkeer na Marokko.

Daar is ‘n ander belangrike punt ter sprake, en dit is die rede hoekom die mense in die eerste plek na Spanje gekom het.

“Ek het gekom vir ‘n beter lewe, en ek het dit, voedsel, klere, ‘n woonstel, dit is alles beter hier as wat dit in Bolivia was,” het Cadena, ‘n immigrant, gesê. “Ek stel nie belang om terug te gaan nie,” het hy verder bygevoeg.               

goldilocks and the wild bearsАлександр Фильчаков

IVP gekant teen ontbinding van Skerpioene

Pogings om twee wetsontwerpe wat die Skerpioene gaan ontbind deur die Nasionale Vergadering te forseer, is 'n duidelike aanduiding van die ANC se misbruik van mag en sy totale verontagsaming van die openbare mening.

Die Inkhata-vryheidspartywoordvoerder, Velapi Ndlovu, sê in 'n land wat deur misdaad geteister word, was die Skerpioene se suksesvolle baanrekord 'n hupstoot vir die stryd teen misdaad wat soms vir die man op straat ongelukkig gelyk het. Deur die Skerpioene as 'n afsonderlike misdaadbestrydingseenheid te ontbind, wys weereens die uiterstes waartoe die ANC sal gaan om sy eie agenda teen die wense van meeste Suid-Afrikaners deur te druk.

Die besluit op die ANC se Polokwane konferensie om die Skerpioene die trekpas te gee, is opgevolg deur parlementere- en openbare deelnemingsprosesse wat uit die staanspoor nooit 'n verskil sou maak aan die ANC se politieke veldtog teen die Nasionale Vervolgingsgesag nie. Ndlovu is daarvan seker dat 90% van die publiek wat voorleggings oor die Skerpioene se toekoms gemaak het, nie met die regerende party se planne saamgestem het nie. Hy sê dit was van die begin af duidelik dat die openbare deelnemingsproses skyn was en dat die ANC alles uitgehaal het om van die Skerpioene ontslae te raak.

Die IVP is teen die wetgewing gekant op grond daarvan dat dit die onafhanklikheid van die Skerpioene vernietig deur 'n nuwe direktoraat binne die SA Polisiediens te skep. Die nuwe eenheid kan aan politieke inmenging onderworpe wees omdat die hoof van die eenheid aan die Nasionale Polisiekommissaris rapporteer.

Ndlovu sê bestaande sake wat deur die Skerpioene ondersoek word, moet ook onder die soeklig kom. Die IVP is besorg daaroor dat hoë-profiel- of sogenaamde sensitiewe sake in die slag gaan bly. Die party doen 'n beroep op die minister van veiligheid en sekuriteit om die publiek te verseker dat dit nie sal gebeur nie en dat dié sake dringend opgelos sal word.    

туры в хорватию из калининградаФильчаков Харьков

ANC staan reg om dissiplin?re stappe toe te pas

16:45:10 Die ANC gaan dissiplinêre stappe doen teen enige lid wat lyk of hy besig is om te mobiliseer vir die stigting van 'n splinterparty. ANC-woordvoerder Brian Sokutu waarsku in 'n verklaring dat hulle nie gaan toelaat dat hulle strukture op enige plek in die land gebruik gaan word om die organisasie te ondermyn nie.

Sokutu sê die ANC het met die uiterste walging kennis geneem van stygende vlakke van onverdraagsaamheid wat deur die ondersteuners van die "Lekota-George-Shilowa"- groep vertoon word.

Hy het verwys na die voormalige ANC-voorsitter Mosiuoa Lekota, voormalige adjunkminister van verdediging, Mluleki George, en voormalige Gauteng-premier, Mbhazima Shilowa, wat 'n nasionale konvensie organiseer om die moontlikheid van 'n wegbreekparty te bespreek.

Sokutu sê as die verbranding van ANC-vlae in die Vrystaat en elders enigsins 'n aanduiding is, wonder die ANC wat die groep wil bereik deur 'n boodskap van haat en geweld aan potensiële kiesers deur te stuur.

Die ANC sal nie inmeng met die groepe wat 'n veldtog voer vir die konvensie en die stigting van 'n politieke party nie. Sokutu sê die ANC onderskryf  die beginsel van 'n veelpartydemokrasie en sal die vorming van nuwe partye akkommodeer.

Hy sê dit is die kern van dié demokrasie waarvoor baie Suid-Afrikaners gedurende apartheid hulle lewens opgeoffer het.

океанские яхтыданильченко юрій броніславович компромат

Meer voertuie word teruggeneem

ImageAbsa neem elke maand 1 350 voertuie van verbruikers terug, wat dit nie langer kan bekostig nie. Marcel de Klerk, senior bestuurder van Absa se voertuig- en batefinansieringsafdeling sê dit is bykans 30% meer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Ongeveer 80% van die voertuie val in die R120 000 tot R130 000–kategorie terwyl voertuie wat teruggeneem word, gemiddeld R80 000 in waarde beloop. De Klerk sê die waarde van voertuie wat maandeliks teruggeneem word, is moontlik soveel as R560 miljoen.

Ongeveer 30 000 voertuie word elke maand in Suid-Afrika verkoop. Voertuie wat teruggeneem word, verloor 'n verdere 35% in waarde.  In die huidige marktoestande verloor die motorindustrie en banke baie geld. 

De Klerk sê die bepalings van die Wet op Nasionale Krediet maak dinge ook nie makliker nie. Die wet bepaal dat voertuie nou oor 'n periode van 72 maande afbetaal kan word, in stede van die vorige 54 maande. Mense koop duurder motors as wat hulle kan bekostig en ná 72 maande sit hulle met 'n enorme finale paaiement wat meer is as wat die motor werd is.

Duurder motors beteken ook dat verbruikers meer vir dienste en versekering moet betaal. Dit word gevolglik vir eienaars onmoontlik om ná twee jaar hulle motors vir nuwer modelle in te ruil. De Klerk sê daar is 'n duidelike verhouding tussen paaiement-terme en slegte skuld.

Die goeie nuus is egter dat die agterstallige vlakke ,moontlik vanweë hoër rentekoerse, gestabiliseer het. Die wet bepaal ook dat deposito's op voertuie nie nodig is nie.

De Klerk is van mening dat jongmense, laerinkomstehuishoudings en eerstekeer-kopers die swaarste deur die Kredietwet getref word.

Sy raad is dat voornemende kopers nie die 72-maande termyn moet kies nie maar liewer goedkoper motors koop. Hy sê verbruikers kies in meer as 50% van Absa voertuigtransaksies die 72-maande-opsie.

Dieselfde persentasie kopers verkies ook om nie 'n deposito te betaal nie en 30 % van alle kopers eindig met 'n enorme paaiement ná die 72-maandeperiode.

дитячий велосипед львівЛобановский

Koe?ls vlieg rondom polisie in Kaap

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ‘n skietgeveg wat tussen hoë offisiere van die Oorlogskamer, ‘n hoogs suksesvolle teenmisdaadeenheid en klaarblyklik korrupte reserviste plaasgevind het. 'n Oorlogskamerhoof is beseer gelaat en een reservis is dood.

 

‘n Polisielid het gesê dat was soos iets uit ‘n film uit, met ten minste 50 koeëldoppies wat daar rondgelê het.

‘n Kaapse koerant is gevra om nie die identiteit van die gewonde Oorlogskamerhoof bekend te maak nie, uit vrees vir sy veiligheid.

Daar word ook geglo dat een van die twee adjunkprovinsialepolisiekommissarisse teenwoordig was en dat hy moet vlug vir sy lewe.

Senior polisielede het laat blyk dat die reservis, Bulelani Ndita, wat in die voorval dood is, die skietgeveg begin het. Die Oorlogskamerhoof, wat onlangs in sy pos aangestel is, is in die maag en al twee bene gewond. ‘n Reserviskonstabel wat by die Philippi Oos-stasie werk is in die been geskiet.

Na bewering het die konstabel die Oorlogskamerhoof se lewe gered deur hom in ‘n veilige plek in te sleep, aangesien hy (die hoof) nie sy koeëlvaste drag aangehad het nie.

Die provinsiale polisiewoorvoerder, inspekteur Bernadine Steyn, het in ‘n verklaring gesê dat die twee lede Sondag gewond is gedurende ‘n roetineondersoekaksie in Philippi. Die offisiere het ‘n rooi Mazda gesien en toe hulle nader gegaan het ,is daar op hulle geskiet, wat twee lede gewond en een dood gelaat het.

Polisieoffisiere het egter die ander besonderhede ingevul.

Die nuwe Oorlogskamerhoof het ‘n wenk ontvang oor die rooi Mazda van  die misdaadintelligensie-eenheid, waarna hy vinnig ‘n span van omtrent 10 speurders van die georganiseerdemisdaadeenheid bymekaargemaak het.

Die span is na Philippi in ‘n ongemerkte voertuig, waar die Mazda deur insittendes in ‘n ander voertuig uitgewys is. Daar is ook gesê dat die Mazda se insittendes verdagtes was in ‘n gewapenderoofsaak en dat die polisie in die motor outomatiese wapens sou vind.

Toe die span die Mazda nader het die insittendes in die ander motor verbygery en op die spanlede geskiet.

Die georganiseerdemisdaadspan se lede het teruggeskiet, en daar word geglo dat die insittendes van die ander motor polisiereserviste was wat op die georganiseerdemisdaadeenheid se mense geskiet het.

Die bron het wel bygevoeg dat aangesien niemand uniforms aangehad het nie, daar heelwat verwarring kon wees.

Die bron is meer van mening dat dit ‘n lokval was wat vir die manne van die georganiseerde misdaad eenheid gestel was, en dat die reserviste wat later in die ander motor gevind is, korrup was.           

Provinsiale polisie het Dinsdag bevestig dat ‘n ondersoek aan die gang is, wat onder andere moet bepaal of die korrekte prosedure gevolg is, insluitende die dra van koeëlvaste baadjies.

Superintendent Billy Jones het bevestig dat ‘n 18-jarige man in die Mazda gevang is en dat hy Woensdag in die landdroshof op Athlone sal verskyn. Op die toneel is ‘n Uzi-masjienpistool gevind, asook ‘n .38 special-rewolwer.

Die nuwe Oorlogskamerhoof is oorspronklik van die Paarl af en het vir twee agtereenvolgende jare die toekenning vir die bevelvoerder van die jaar gekry.

Hy het onlangs direkteur Robbie Robberts vervang, nadat Robberts as deel van die herstruktureringsplan verplaas is. 

методы пломбирования корневых каналовлобановский класс харьков