Burundi vra doodstraf vir soldate wat burgerlikes dood

'n Militere aanklaer in Burundi het gevra dat vier soldate wat daarvan aangekla is dat hulle 31 burgerlikes in 2006 in 'n militere basis vermoor het, die doodstraf opgelê word. Die vier, waaronder twee senior leeroffisiere, staar aanklagte in die gesig wat spruit uit die moord op burgerlikes wat daarvan verdink is dat hulle bande met die Nasionale Vryheidsmagte, die land se enigste rebellegroep, het.

Een en dertig burgerlikes is summier by die Mukoni-militere basis in Oos-Burundi tereggestel nadat hulle deur die leer aangekeer is. Die aanklaer het ook aanbeveel dat 15 soldate wat die konvooi met burgerlikes na hulle dood begelei het, 20 jaar tronkstraf opgelê word. 'n Plaaslike menseregte aktivis, Pierre Mbonimpa, wat die moorde oopgevlek het, sê dit is jammer dat die vorige leerbevelvoerder, kolonel Vital Bangirinama, uit die land gevlug het en nie gedwing is om in die saak verhoor te word nie.

Mbonimpa sê Bangirinama het  met top verdagtes en verskeie burgerlikes uit die land gevlug. President Pierre Nkurunziza het herhaalde kere Bangirinama se arrestasie, weens sekuriteitsredes, teengestaan. Burundi rys na 14 jaar steeds uit 'n burgeroorlog wat 300 000 lewens geeis het en is ook in 'n verlammende politieke krisis vasgevang.

clue board game onlineЛобановский Харьков

Seerowers bedreig roete tusse Asi? en Europa

Image

Golf van Aden, aan die kus van Somali?

Die Golf van Aden en die ooskus van Somalië word nou gereken as dié plekke waar seerowery die meeste voorkom. Byna ‘n derde van alle aanvalle op skepe die jaar het in die gebied voorgekom, het die Internasionale Maritieme Buro (IMB) op Donderdag gesê.

Die seerowers is ‘n bedreiging vir handelsvaartuie wat op die roete beweeg tussen Asië en Europa, het die IMB gesê, en ook regerings aangemoedig om voorkomende aksie te neem teen seerowers.

Aanvalle van seerowers aan die kus van Somalië is op ‘n ongekende hoë vlak, en dit is duidelik dat die seerowers in die Golf van Aden dink dat hulle ongestraf kan voortgaan met hulle aanvalle op ander vaartuie, het Pottengal Mukundan, direkteur van die IMB gesê vanuit die organisasie se hoofkantoor in Kuala Lumpur.

Die organisasie het gesê dat ‘n totaal van 199 voorvalle van seerowery wêreldwyd plaasgevind het tussen Januarie en September, waarvan 63 gevalle aan die Somaliese ooskus en in die Golf van Aden was.

Wat nou nodig is, is sterk aksie teen die seerowers se moederskepe voordat hulle daarin slaag om ander skepe aan te val, het Mukundan gesê. Hy het ‘n beroep gedoen op regerings om aan hulle vlote opdrag te gee om die aktiwiteite van die seerowers en hulle moederskepe te ontwrig. Hy het bygevoeg dat die liggings en beskrywings van die moederskepe wel bekend is.

Nigerië is geskat as die tweede gevaarlikste plek wat seerowery betref, met 24 insidente, waarvan 20 om Lagos, die hoofstad plasgevind het. Die organisasie sê egter dat die aanvalle om Nigerië net ‘n klein persentasie van die werklike aanvalle verteenwoordig.

Indonesië was derde op die lys, met 23 aangemelde aanvalle, maar die organisasie het gesê die aanvalle is versprei, en almal, behalwe vir twee gevalle was “lae vlak” insidente, wat diefstal van waardevolle goedere en voorrade van skepe af behels het.

Wetteloosheid is vinnig besig om te versprei terwyl Somalië verval in die ergste gevegte in 20 jaar. Dit voed weer ‘n golf van seerowery wat vaartuie in die Golf van Aden, een van die belangrikste waterweë in die wêreld bedreig.

Somaliese beamptes sê die groot lospryse wat deur die skeepseienaars betaal word blaas korrupsie aan, tesame met ‘n opbloeiing in seerowery wat hulle nie tans kan wen nie.

Die verskuiwing van die fokus van die seerowers van die ooskus van Somalië na die golf van Aden plaas ‘n groot bedreiging op die handel tussen Asië en Europa.        

      

стоматологияФильчаков Александр Васильевич

Oostenryk se ontslape regse leier word uit die kas gehelp

ImageOostenryk is geskud nadat dit bekend geraak het dat die regse politikus wat onlangs in 'n motorongeluk oorlede is, Jörg Haider, se navolger ook sy gay minnaar was.

Haider, 58, was lank daarvan verdink dat hy 'n dubbele lewe ly. Hy wou op die aand van die ongeluk glo 'n laaste drankie in 'n gay kroeg saam met Stefan Petzner, 27, geniet. Na wat beweer word het Haider 'n hele bottel vodka afgesluk en homself teen sy minnaar aangevlei voordat hy later na sy vertrek teen 'n hoë snelheid met sy voertuig verongeluk het.

Petzner het intussen die leierskap van die Alliansie vir die Toekoms van Oostenryk oorgeneem. Hy het uit die kas gekom tydens 'n ontbytradio-onderhoud toe hy erg emosioneel geraak het. Hy het gesê hy wou by Haider se liggaam wees nadat hy gehoor het van sy dood en het hom na die hospitaal gehaas.

Petzner het erken dat hy 'n magnetisme van Haider ervaar het en dat hulle verhouding baie dieper as blote vriendskap was. Hy was ook beslis dat Claudia, Haider se vrou, nie gekant was teen hulle verhouding nie. Haider het twee kinders by sy vrou gehad.

Petzner se suster het egter ontken dat Claudia nie omgegee het nie. Sy het vertel dat Haider se vrou jaloers was. Kennelik is die party erg verleë oor die onthullings en het hulle inderhaas probeer om 'n herhaling van die uitsending te keer, sonder sukses.

Die gay partyleier mag homself binnekort uitgesluit sien van sy politieke groepering.

игрушка лунтикДанильченко Юрий отзывы

Oorlogsveterane gaan Tsvangirai vasvat

Die leier van President Robert Mugabe se berugte oorlogsveterane sê hulle het geen ander opsie as om aksie te neem teen die aangewese eerste minister, Morgan Tsvangirai en die Beweging vir Demokratiese Verandering nie.

Jabulani Sibanda, voorsitter van die Zimbabwe Veterane-vereniging het dit gesê nadat Tsvangirai versuim het om by dié week se streeksberaad in Swaziland op te daag. Dié beraad van die politieke- en sekuriteits-driemanskap van die Suider-Afrika Ontwikkelingsgemeenskap is belê om die vyf weke-oue dooiepunt oor die implementering van 'n magsdelingsooreenkoms te bespreek.

Tsvangirai het geweier om die beraad by te woon nadat die Mugabe-regime geweier het om 'n nuwe paspoort aan hom uit te reik en hom slegs 'n tydelike reisdokument gegee het.

сухие строительные смеси производствоФильчаков прокурор

Prinsipaal in Kaapstad geskiet

Die prinsipaal van 'n skool in Mitchells Plein in Kaapstad het met sy lewe daarvan afgekom toe hy tydens die etensuur deur 'n bende gewapende rowers 'n paar meter van die skoolgronde af, geskiet is. Leerlinge by die Lentegeur Hoërskool wat die voorval gesien het, het probeer om tot prinsipaal Aboebakr Frieslaar se hulp te kom, maar hulle het uitmekaar gespat toe die skote begin klap.

Frieslaar, wat in die been gewond is, se toestand is stabiel en hy sterk by die huis aan. Dit is die tweede soortgelyke aanval op 'n skool in die Wes Kaap vanjaar. Mitchells Plein se polisie het bevestig dat Frieslaar die slagoffer van 'n roofpoging was. Inspekteur Ian Williams sê Frieslaar was na 'n bank in die Promenade-winkelsentrum onderweg om geld vir die skool te onttrek.

Toe hy sy motor parkeer, het twee mans hom genader en met 'n vuurwapen gedreig.  'n Ligte struweling het ontstaan en Frieslaar is in die been geskiet. Die twee mans het met leë hande in 'n motor op die vlug geslaan. 'n Lentegeur onderwyser, Jenny Corulus het Donderdag gesê dit gaan goed met Frieslaar. Hy is Woensdagmiddag in die hospitaal opgeneem en later die aand ontslaan.

Corulus sê die skool het net een sekuriteitswag wat die skoolgronde patrolleer maar geen Bambanani-vrywlligers nie. Direkteur Nariman Khan van die Veiliger Skoolprogram sê na 'n waardebepaling van die skool se veiligheidsmeganismes gister, het beamptes bevind dat die skool "taamlik veilig" is. Sy sê egter die skool se veiligheidskomitee en 'n beampte van die Veiliger Skoolprogram sal Donderdag bymekaar kom om veiligheidsmaatreels te bespreek.

Khan sê ofskoon dié skool nie een van die 109 hoë-risiko skole in die provinsie is nie, sal daar met die Department van Gemeenskapsveiligheid oorleg gepleeg word om Bambanani's by die skool te ontplooi. Die plaaslike polisie het beloof om polisiepatrollering in die omgewing van die skool op te skerp. Williams wou nie kommentaar lewer oor die moontlikheid dat personeel van die bank die verdagtes 'n wenk gegee het oor Frieslaar se onttrekking nie.

Hy het bevestig dat die Promenade-winkelsentrum sekuriteitskameras het maar kon nie bevestig of Frieslaar en die insittendes van die motor deur die kameras opgeneem is nie. Die St Cyprian-skool in Oranjezicht was vroeër vanjaar die toneel van 'n soortgelyke voorval. 'n Beampte van die skool is vanaf 'n bank na die Gardens-sentrum agtervolg en deur vier mans van R10 000 op die skoolterrein beroof.  

www euro comФильчаков прокуратура харьков

Wapentransaksie se prys klim met meer as die helfte

Suid-Afrika se kontroversiële wapentransaksie kan nou meer as 47 miljard rand kos, byna 17 miljard meer as wat oorspronklik geskat is, het die departement van Verdediging onthul.

In ‘n geskrewe antwoord op ‘n parlementêre vraag van die VF Plus, het die ministerie gesê dat die waarde van die strategiese verdedigingspakket ten tyde van die kontrak net meer as 30 miljard rand werd was, gemeet in 1998 se randwaarde.

Gedurende 2000 het die projek se waarde gegroei tot 43.82 miljard, gebaseer op die fluktuasie van die wisselkoers teen daardie tyd.

‘n Totaal van 36.114 miljard is tot op hede spandeer op die strategiese verdedigingspakket.

Programme wat nog afgehandel moet word sluit in die Gripen en Hawk vliegtuie en die Augusta A 109 helikopters.

Die duikbote en korvette programme is byna afgehandel, het die ministerie gesê.

Die 2008 geprojekteerde koste vir die afhandeling van die strategiese verdedigingspakket is 47.525 miljard.

Vryheid Front Plus LP, dr. Pieter Groenewald het gesê die ekstra koste van die transaksie is kommerwekkend.

КонструкторыЛобановский

Obama reg vir groot oorwinning

Barack Obama blyk om op pad te wees na ‘n groot oorwinning oor John McCain. Daar is toenemende konsensus onder Demokratiese en Republikeinse voorspellers oor die saak.

Tot op hede het geen kandidaat met so groot voorsprong so laat in die verkiesingstryd ‘n presidensiële verkiesing verloor nie.

Selfs Republikeinse analiste was Woensdag pessimisties oor McCain se kanse om die stryd te kan omkeer.

Analiste het Woensdag voorspel dat Barack Obama meer as 350 stemme kan kry, heelwat meer as die 270 wat nodig is om in die Withuis te kan land. Die syfer is omtrent gelyk aan wat Bill Clinton is 1992 en 1996 behaal het.

Daarmee saam is daar ook ‘n duidelike verhoging in vroeë stemme in deelstate soos Florida en Ohio, wat kan help om Obama te insuleer teen ‘n vernouing in die getalle in die laaste paar dae.

Dinge lyk selfs nog slegter vir McCain in die groot arena, met Obama wa duidelik voorloop in Pennsilvanië, New Hampshire, Colorado, Virginië, Minnesota en Wisconsin.

In Florida, Noord Carolina en Nevada is daar met die vroeë stemme tot dusver twee demokratiese ondersteuners geregistreer vir elke een Republikeinse ondersteuner.       

free slot play onlineдепутат лобановский

Ysland voel nou ekonomiese krisis

ImageYsland se ekonomiese krisis dreig nou om heelwat immigrante-arbeiders, meeste van hulle van Pole af, terug te laat gaan na hul tuistes. ‘n Aksie wat die eiland se ekonomie verder kan skade doen, het Ray Furlong van die BBC gesê.

Flateyri is net ‘n handjie vol huise en pakhuise wat naby ‘n fjord geplaas is. Op ‘n mooiweersdag skitter die son op die water en is sneeu sigbaar op die berge om die plekkie.

Dit is ver verwyderd van die finansiële krisis in die hoofstad, Reykjavik, maar die storm kan binnekort ook oorspoel na die klein plekkies toe.

Die enigste aktiwiteit in Flateyri, buiten die klein kroeg is die visverwerkingsaanlegte, waar werkers van Pole, Filippyne en Thailand vis verpak, reg om gevries te word.

Dieselfde storie het hom al in hoeveel klein, afgesonderde vissersdorpies afgespeel.

Die jongmense het die plekkies verlaat vir opleiding en werk in Reykjavik, wat die bevolking laat afneem het, tot die neiging die laaste par jaar geswaai het met die invloei van immigrantewerkers, meestal van Pole af. Die probleem is dat die ekonomiese krisis die werkers weer kan laat terugkeer na hul tuislande.

Inflasie was op 14% voor die finansiële krisis, maar die ontstuimige markte het die land se geldeenheid, die Yslandse Kroon op een dag tot 30% van sy waarde laat verloor.

Yslanders het gemengde gevoelens oor die immigrantewerkers, aangesien die land nie veel immigrante gekry het nie.

In verlede jaar se verkiesing het ‘n klein opposisie party, die Liberale, plekke in die parlement gekry deur steun toe te sê aan die vermindering van immigrante.

Magnus Thor Hafsteinsson, een van die LP’s van die party sien die huidige krisis as ‘n bedekte seëning.

Hy het gesê dat die saak van integrasie belangrik is vir die Yslanders, aangesien hulle ‘n klein volkie is.

“Ons is net 300 000 mense wat die taal praat, wat nêrens anders gepraat word nie. Dit is baie belangrik dat ons ons geskiedenis bewaar, ons agtergrond, en ons taal. Dit is dinge wat van ons ‘n volk maak” het hy verder gesê.

In reaksie op die krisis het Ysland ‘n perk geplaas op die hoeveelheid geld wat uit die land geneem kan word. Poolse werkers, was nie in staat was om geld huis toe te stuur nie, wat die hoofsaaklike rede is dat hulle daar is. Die feit dat geld nie meer uit die land gestuur kan word nie, kan die doodsklokke inlui vir besigheidsmense en die klein gemeenskappe wat hulle ondersteun.             

светильникиФильчаков

Straatnaamkwessie ‘n krisis, s? VF Plus

“Die ANC se roekelose hantering van die straatnaamkwessie in Pretoria het nou krisisafmetings aangeneem en verg nou dringend ingryping.”

Dit was die reaksie van die VF Plus se LP en voorsitter in die Groter-Pretoria streek, Willie Spies, op die geweld wat gisteraand in die Pretoria-Noord stadsaal uitgebreek het tussen strydende faksies oor die naamkwessie.

Die geweld het uitgebreek toe 'n swart inwoner 'n wit inwoner, volgens berigte van agter met 'n stoel geslaan het. Tydens die daaropvolgende hewige argumente is 'n wit inwoner gearresteer, terwyl die persoon wat die aanval met die stoel geloods het nie eens aangespreek is nie – hy is trouens later weer deur die organiseerders van die vergadering na die verrigtinge teruggenooi.

Spies het gesê die saak moet nou uit die hande van die plaaslike ANC geneem word omdat die ernstige spanning wat deur hulle aksies geskep word, 'n landswye impak kan hê.  Die party het gesê dat hy sy voorbereiding van regsaksie teen die stadsraad gaan versnel om die proses so gou moontlik onwettig te laat verklaar deur die howe.

аксессуары для баниФильчаков

Verkiesingsveldtog in Nieu-Seeland ‘rassisties’

Lede van ‘n minderheidsgroep van die Nieu-Seelandse regering het ‘n senior regeringsamptenaar van rassisme beskuldig nadat hy neerhalende opmerkings oor Asiese en Stille-Oseaan migrantewerkers gemaak het gedurende ‘n verkiesingsveldtog.

Die National Party se Lockwood Smith, wat wwarskynlik die minister van Immigrasie sal word as sy party die verkiesing op 8 November sou wen, het gesê dat werkers van Stille-Oseaan eilande leiding nodig het om toilette, storte en wasmasjiene te gebruik, en dat die kleiner hande van die Asiërs hulle nuttig gemaak het om druiwe te snoei.

Die Marlborough Express het Woensdag berig dat Smith die opmerkings gemaak het terwyl hy in die wynproduserende Marlborough gebied gepraat het, waar baie seisoenswerkers van Asië en die Stille-Oseaan teenwoordig is.

Smith is soos volg aangehaal, “Asiërs is beter om die wingerder te snoei, aangesien hulle kleiner hande het, en sommige werkgewers van die Stille-Oseaan eilandbewoners moet aan die werkers leiding verskaf om ‘n toilet, stort en wasmasjien te gebruik”  

Tarania Turia, ‘n leier van die minderheids-Maori party wat Nieu-Seeland se inheemse minderheid verteenwoordig, het die opmerkings as rassisties en beledigend beskryf. Maori’s is van Polinesiese afkoms en voel ‘n sterk samehorigheid met die suid-Stille-Oseaan eilandbewoners.

Turia het gesê dit is skandelik dat ‘n senior persoon in die National Party sulke sieninge handhaaf.

Winston Peters, die leier van Nieu-Seeland se First Party, het ook gesê dat die nasionaliste se rasseondertoon duidelik is wanneer immigrasie ter sprake is.

Smith het gesê dat hy eenvoudig die wynprodusente se mening oorgedra het en het sy spyt uitgespreek dat die kommentaar so uit verband uit geruk is.

“Ek kan sien dat die kommentaar wat ek gelewer het dalk mense kwaad gemaak het. Ek is werklik jammer daaroor, aangesien dit nie my bedoeling was nie,” het hy in ‘n kort verklaring gesê.

Die woordewisseling is ‘n onwelkome saak vir die nasionaliste, wat probeer het om stemme te wen onder die Asiese- en Stille-Oseaan eilandbewoners in die laaste paar maande, in ‘n poging om die regerende Arbeiders party te stuit.

John Key, leier van die National Party, het gesê dat die opmerkings as aanstootlik beskou kan word, maar dat Smith se verklaring waarin hy spyt daaroor uitgespreek het daarna, heeltemal toepaslik en billik was.

Eerste minister, Helen Clark het gesê dat Smith “verskriklike en ontoepaslike” dinge gesê het.

Winston Peters se geloofwaardigheid oor die onderwerp is deur sy eie woorde verlede week, ondermyn toe hy gesê het dat Sjinese werkers die poste van Nieu-Seelanders bedreig, en dat immigrante na werk getrek word soos motte na ‘n neonlig.         

wedding jewelleryФильчаков Александр Васильевич