'n Militere aanklaer in Burundi het gevra dat vier soldate wat daarvan aangekla is dat hulle 31 burgerlikes in 2006 in 'n militere basis vermoor het, die doodstraf opgelê word. Die vier, waaronder twee senior leeroffisiere, staar aanklagte in die gesig wat spruit uit die moord op burgerlikes wat daarvan verdink is dat hulle bande met die Nasionale Vryheidsmagte, die land se enigste rebellegroep, het.
Een en dertig burgerlikes is summier by die Mukoni-militere basis in Oos-Burundi tereggestel nadat hulle deur die leer aangekeer is. Die aanklaer het ook aanbeveel dat 15 soldate wat die konvooi met burgerlikes na hulle dood begelei het, 20 jaar tronkstraf opgelê word. 'n Plaaslike menseregte aktivis, Pierre Mbonimpa, wat die moorde oopgevlek het, sê dit is jammer dat die vorige leerbevelvoerder, kolonel Vital Bangirinama, uit die land gevlug het en nie gedwing is om in die saak verhoor te word nie.
Mbonimpa sê Bangirinama het met top verdagtes en verskeie burgerlikes uit die land gevlug. President Pierre Nkurunziza het herhaalde kere Bangirinama se arrestasie, weens sekuriteitsredes, teengestaan. Burundi rys na 14 jaar steeds uit 'n burgeroorlog wat 300 000 lewens geeis het en is ook in 'n verlammende politieke krisis vasgevang.
clue board game onlineЛобановский Харьков