Jabulani Sibanda, voorsitter van die Zimbabwe Veterane-vereniging het dit gesê nadat Tsvangirai versuim het om by dié week se streeksberaad in Swaziland op te daag. Dié beraad van die politieke- en sekuriteits-driemanskap van die Suider-Afrika Ontwikkelingsgemeenskap is belê om die vyf weke-oue dooiepunt oor die implementering van 'n magsdelingsooreenkoms te bespreek.
Tsvangirai het geweier om die beraad by te woon nadat die Mugabe-regime geweier het om 'n nuwe paspoort aan hom uit te reik en hom slegs 'n tydelike reisdokument gegee het.
