Petzner het intussen die leierskap van die Alliansie vir die Toekoms van Oostenryk oorgeneem. Hy het uit die kas gekom tydens 'n ontbytradio-onderhoud toe hy erg emosioneel geraak het. Hy het gesê hy wou by Haider se liggaam wees nadat hy gehoor het van sy dood en het hom na die hospitaal gehaas.
Petzner het erken dat hy 'n magnetisme van Haider ervaar het en dat hulle verhouding baie dieper as blote vriendskap was. Hy was ook beslis dat Claudia, Haider se vrou, nie gekant was teen hulle verhouding nie. Haider het twee kinders by sy vrou gehad.
Petzner se suster het egter ontken dat Claudia nie omgegee het nie. Sy het vertel dat Haider se vrou jaloers was. Kennelik is die party erg verleë oor die onthullings en het hulle inderhaas probeer om 'n herhaling van die uitsending te keer, sonder sukses.
Die gay partyleier mag homself binnekort uitgesluit sien van sy politieke groepering.
