Toe hy sy motor parkeer, het twee mans hom genader en met 'n vuurwapen gedreig. 'n Ligte struweling het ontstaan en Frieslaar is in die been geskiet. Die twee mans het met leë hande in 'n motor op die vlug geslaan. 'n Lentegeur onderwyser, Jenny Corulus het Donderdag gesê dit gaan goed met Frieslaar. Hy is Woensdagmiddag in die hospitaal opgeneem en later die aand ontslaan.
Corulus sê die skool het net een sekuriteitswag wat die skoolgronde patrolleer maar geen Bambanani-vrywlligers nie. Direkteur Nariman Khan van die Veiliger Skoolprogram sê na 'n waardebepaling van die skool se veiligheidsmeganismes gister, het beamptes bevind dat die skool "taamlik veilig" is. Sy sê egter die skool se veiligheidskomitee en 'n beampte van die Veiliger Skoolprogram sal Donderdag bymekaar kom om veiligheidsmaatreels te bespreek.
Khan sê ofskoon dié skool nie een van die 109 hoë-risiko skole in die provinsie is nie, sal daar met die Department van Gemeenskapsveiligheid oorleg gepleeg word om Bambanani's by die skool te ontplooi. Die plaaslike polisie het beloof om polisiepatrollering in die omgewing van die skool op te skerp. Williams wou nie kommentaar lewer oor die moontlikheid dat personeel van die bank die verdagtes 'n wenk gegee het oor Frieslaar se onttrekking nie.
Hy het bevestig dat die Promenade-winkelsentrum sekuriteitskameras het maar kon nie bevestig of Frieslaar en die insittendes van die motor deur die kameras opgeneem is nie. Die St Cyprian-skool in Oranjezicht was vroeër vanjaar die toneel van 'n soortgelyke voorval. 'n Beampte van die skool is vanaf 'n bank na die Gardens-sentrum agtervolg en deur vier mans van R10 000 op die skoolterrein beroof.
