In ‘n geskrewe antwoord op ‘n parlementêre vraag van die VF Plus, het die ministerie gesê dat die waarde van die strategiese verdedigingspakket ten tyde van die kontrak net meer as 30 miljard rand werd was, gemeet in 1998 se randwaarde.
Gedurende 2000 het die projek se waarde gegroei tot 43.82 miljard, gebaseer op die fluktuasie van die wisselkoers teen daardie tyd.
‘n Totaal van 36.114 miljard is tot op hede spandeer op die strategiese verdedigingspakket.
Programme wat nog afgehandel moet word sluit in die Gripen en Hawk vliegtuie en die Augusta A 109 helikopters.
Die duikbote en korvette programme is byna afgehandel, het die ministerie gesê.
Die 2008 geprojekteerde koste vir die afhandeling van die strategiese verdedigingspakket is 47.525 miljard.
Vryheid Front Plus LP, dr. Pieter Groenewald het gesê die ekstra koste van die transaksie is kommerwekkend.
