Die National Party se Lockwood Smith, wat wwarskynlik die minister van Immigrasie sal word as sy party die verkiesing op 8 November sou wen, het gesê dat werkers van Stille-Oseaan eilande leiding nodig het om toilette, storte en wasmasjiene te gebruik, en dat die kleiner hande van die Asiërs hulle nuttig gemaak het om druiwe te snoei.
Die Marlborough Express het Woensdag berig dat Smith die opmerkings gemaak het terwyl hy in die wynproduserende Marlborough gebied gepraat het, waar baie seisoenswerkers van Asië en die Stille-Oseaan teenwoordig is.
Smith is soos volg aangehaal, “Asiërs is beter om die wingerder te snoei, aangesien hulle kleiner hande het, en sommige werkgewers van die Stille-Oseaan eilandbewoners moet aan die werkers leiding verskaf om ‘n toilet, stort en wasmasjien te gebruik”
Tarania Turia, ‘n leier van die minderheids-Maori party wat Nieu-Seeland se inheemse minderheid verteenwoordig, het die opmerkings as rassisties en beledigend beskryf. Maori’s is van Polinesiese afkoms en voel ‘n sterk samehorigheid met die suid-Stille-Oseaan eilandbewoners.
Turia het gesê dit is skandelik dat ‘n senior persoon in die National Party sulke sieninge handhaaf.
Winston Peters, die leier van Nieu-Seeland se First Party, het ook gesê dat die nasionaliste se rasseondertoon duidelik is wanneer immigrasie ter sprake is.
Smith het gesê dat hy eenvoudig die wynprodusente se mening oorgedra het en het sy spyt uitgespreek dat die kommentaar so uit verband uit geruk is.
“Ek kan sien dat die kommentaar wat ek gelewer het dalk mense kwaad gemaak het. Ek is werklik jammer daaroor, aangesien dit nie my bedoeling was nie,” het hy in ‘n kort verklaring gesê.
Die woordewisseling is ‘n onwelkome saak vir die nasionaliste, wat probeer het om stemme te wen onder die Asiese- en Stille-Oseaan eilandbewoners in die laaste paar maande, in ‘n poging om die regerende Arbeiders party te stuit.
John Key, leier van die National Party, het gesê dat die opmerkings as aanstootlik beskou kan word, maar dat Smith se verklaring waarin hy spyt daaroor uitgespreek het daarna, heeltemal toepaslik en billik was.
Eerste minister, Helen Clark het gesê dat Smith “verskriklike en ontoepaslike” dinge gesê het.
Winston Peters se geloofwaardigheid oor die onderwerp is deur sy eie woorde verlede week, ondermyn toe hy gesê het dat Sjinese werkers die poste van Nieu-Seelanders bedreig, en dat immigrante na werk getrek word soos motte na ‘n neonlig.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.