Wit mans gaan verdwyn in Pretoria

09:07:19 Die ANC-stadsraad van Pretoria het besluit om sy rasseteikens op te skuif om van die oorblywende blanke mans in die

Image

Pretoria… binnekort sonder wit mans

munisipaliteit ontslae te raak.

Voorheen het die sogenaamde "Tshwane"-metroraad 'n rassekwota van 60% gehad waaraan die munisipale administrasie moes voldoen. Intussen het die stadsraad blankes so vinnig afgedank dat die rassekwota inderdaad reeds teen Oktober 2006 oortref is. Op daardie stadium het die stadsraad reeds 68,37% swartes in diens gehad, uit 'n totaal van 12 500 werknemers.

Die teiken van 60% sou eers in 2011 bereik gewees het, volgens ondernemings van die stadsraad. Maar nou het die burgemeesteres wat ook straatname wil verander, dr. Gwen Ramakgopa, besluit dat die rassekwota verder verhoog moet word na 80%.

Hierdie teiken is by 'n onlangse raadsvergadering voorgelê. 'n ANC-burgemeesterskomiteelid, Gabriel Twala, meen daar is nog nie genoeg swartes in diens nie en dat "daar baie ruimte vir verbetering is".

Die ANC het veral sy mes in vir wit mans en meen daar behoort meer vroue en gestremdes aangestel te word. Volgens Twala, "is net 3 000 van ons amper 13 000 werknemers vroue".

Uit die 13 topbestuurders by die stadsraad, is 11 swart, oftewel 84,61%. Hierdie posisie is reeds in Oktober verlede jaar bereik.

Op middelbestuursvlak hou 'n aantal blankes egter nog uit en word 304 uit 535 poste deur hulle beklee, iets waarmee die stadsraad glad nie gediend is nie.

Volgens mnr. Conrad Beyers, VF Plus-lid van die stadsraad, kan die grootskaalse reiniging van bankes uit poste onwettig wees. "Ons wil kyk na die wettigheid van die situasie. Daar is nie met al die rolspelers geraadpleeg nie. Die kwota van 60% wat aan die CEEF voorgelê is, is eensydig verhoog. Die burgemeesteres en haar bestuurders het nie die bevoegdheid om dit self te verhoog nie en ons wil die saak verder ondersoek."

Volgens Beyers "voel die wit personeel ontredderd en totaal magteloos. Hulle moet toekyk hoe hulle ander moet oplei wat hulle gaan vervang. Die moreel van blanke werknemers is baie laag. Omdat hulle die mense met kundigheid is, moet hulle die stad dra op dié stadium, maar die administrasie wil hulle juis uitskop."

Op sekere posvlakke bestaan daar wel tekorte, maar die stadsraad erken dit net as dit tot meer swart aanstellings sal lei. Volgens Conrad Beyers is dit "blatante diskriminasie. Waar teikens reeds bereik is op hoër en laer posvlakke, is daar nie 'n probleem nie. Teoreties as daar 100% swartes is, sal daar geen tekort wees nie."

In die finansiële departement byvoorbeeld is daar geen geoktrooieerde rekenmeesters nie en word verslae teen verskriklike hoë koste opgestel deur ouditeursfirmas van buite. Die hoof van finansiële dienste, 'n swart vrou, is nie gekwalifiseer vir die pos nie. Blykbaar heers daar chaos in die finansiële afdeling.

Conrad Beyers van die VF Plus sê verder: "Selfs die ANC is ontevrede, maar hulle ideologie maak hulle blind daarteen dat dienste nie meer gelewer word nie. Hulle sal eerder die kwotas volg as wat die stadsraad 'n goed geoliede masjien het."

станок для шиномонтажаФильчаков прокурор харьков

Waterkrisis kom

Dr. Tony Turton van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) reken die besoedeling van die land se damme en Image riviere is so erg dat dit op 'n krisis afstuur. Hy het Vrydag as deel van ’n bewusmakingsessie by die Loskopdam gesê die dam is deurtrek van siaanbakterie wat chemies net so giftig soos die rinkhalsgif is.

Die siaanbakterie in die Loskopdam het 'n negatiewe impak op die Groblersdalvallei, wat as die land se kosmandjie bekendstaan. Van die land se grootste uitvoer-boere in sitrus, druiwe, groente, katoen en tabak gebruik die Loskop-besproeiingskema.

Verskeie vrektes as gevolg van die siaanbakterie onder die Olifantsrivierkloof se krokodilbevolking, witrenosters, buffels en bokke en duisende visse is reeds 'n probleem. Daar is slegs twee krokodille in die Loskop oor.

Turton dink dat die waterbesoedeling selfs tot die gebied se hoë voorkoms van kankergevalle kan bydra. Die siaanbakterie kan nie doodgekook word nie. Dit tas die lewer, niere, hart en vel aan. Langdurige blootstelling kan DNS verander wat lei tot misvormde babas en spontane aborsies, sê dr.Turton in sy verslag.

Volgens James Harris, DA-verteenwoordiger, moet munisipaliteite wat ongesuiwerde riool in riviere stort, hof toe gevat word omdat hulle waterwetgewing oortree.

Hy sê sowat 270 van die 284 munisipaliteite se rioolwerke funk-sioneer ongelisensieerd en dus onwettig sedert 1998. Hulle voldoen nie aan die Waterwet van 1998 nie en ook nie aan die nodige vereistes van die vorige waterwet nie.

Die siaanbakterie word veral aangetref in ’n chemiese konkoksie van mynboubesoedelde water, steenkoolafvalwater, riool, swaar metale en nitrate, en selfs gifstowwe soos vanadium en radio-aktiewe stowwe wat in die riviere gestort word.

пескоструйный компрессорАлександр Фильчаков Васильевич

Wegbreekparty sukkel met naam

Kort nadat die ANC-wegbreekgroep aangekondig het hulle sal as die South African Democratic Congress (Sadec) bekend staan, is daarop gewys dat hulle verkose naam reeds by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geregistreer is.

 

Die South African Democratic Congress (Sadeco) is ’n wegbreekgroep van die National Democratic Convention (Nadeco), wat van die IVP afgestig het.

Intussen het die ANC-jeugliga 'n klag teen Terror Lekota by die Menseregtekommissie (MRK) aanhangig gemaak omdat die hy gereeld na  Julius Malema, jeugliga-leier, se “moor vir Zuma”-stellings verwys.

Malema beweer dat Lekota sê die jeugliga moet “letterlik mense doodmaak wat nie vir die ANC stem nie”.

Malema sê hy het reeds onderneem om nie weer die woord “moor” te gebruik nie.

бурениеданильченко юрій Харків

Obama die gunsteling in rekordvroe?stemmery

07:33:53 'n Rekordaantal Amerikaners het reeds hule stemme uitgebring in sleutelstate in die VSA op die vooraand van vandag

Image

Barack Obama en John McCain

se verkiesing, met meningsopnames wat aandui dat vele van die vroeë kiesers die Demokraat Barack Obama ondersteun.

Met lang toue by stembusse, het 28,9 miljoen Amerikaners reeds in deelstate dwarsoor die land gestem. Volgens beskikbare inligting van navorsers is verskeie rekords verbeter in bepalende deelstate – waaronder Georgië, Iowa en Noord-Carolina – en gaan daar waarskynlik nog rekords opgestel word in die hele land, vergeleke met die vorige verkiesing vier jaar gelede, het Michael McDonald, medeprofessor by die George Mason-universiteit in Virginië gesê.

"Tienmiljoene mense het reeds hul stemme in die 2008-presidentsverkiesing uitgebring," skryf McDonald op sy webwerf.

"Die vraag bly of dit beteken dat 'n groter deel van die 2008-stem vroeg uitgebring gaan word, of – soos ek vermoed – dat 'n kombinasie van dié twee faktore 'n rol speel."

Omtrent 121 miljoen mense het in 2004 gestem, en vanjaar se vroeëkieseropkoms verteenwoordig reeds 'n kwart van daardie totaal. Maar McDonald en ander verkiesingsdeskundiges sê dat hulle 'n hoër algehele stempersentasie vir die 2008-verkiesing voorspel, en hulle meen dat die patroon van vroeë stemme die hoogste stempersentasie in die Amerikaanse geskiedenis voorspel.

Syfers toon dat meer Demokrate as Republikeine vroeg gaan stem het en meningsopnames oor die afgelope week het aangedui dat Obama 'n voorsprong oor sy Republikeinse mededinger John McCain onder vroeë stemmers geniet, waaronder vele Afro-Amerikaners.

"Ons sien dat Obama-ondersteuners meer geneig is om vroeg te gaan stem as McCain-ondersteuners, wat ook in die meningsopnames opduik en in die partyregistrasiesyfers," het McDonald Maandag gesê in 'n aanlynbespreking op die Washington Post se webwerf.

In Ohio toon amateurvideo's wat op die web geplaas is hoe lang toue rondom verskeie straatblokke in Cleveland oor die naweek gestrek het tydens vroeë stemmery oor die naweek.

Universiteitstudente in Colombus wat vir die eerste keer stem, het meer as ses ure lank tougestaan om hul stemme uit te bring.

Met omtrent 1,4 miljoen mense wat reeds in die Middewesterse staat gestem het – 'n tradisionele strydperk in presidensiële verkiesings – geniet Obama reeds 'n voorsprong bo McCain onder vroeë stemmers, volgens verskeie meningsopnames, waaronder 'n koerantopname deur die Columbus Dispatch.

In Florida – 'n staat wat deur beide partye begeer word – het omtrent 4,1 miljoen mense reeds vroeg gestem, hetsy in lewende lywe, hetsy in posstemme. Amptenare sê dis gelykstaande aan omtrent die helfte van die staat se verwagte aantal stemme.

Obama se veldtogbestuurder David Plouffe het verlede week gesê die Demokrate het 'n 200 000-voorsprong bo McCain in Florida, teenoor die 2004-verkiesing toe vroeë stemme ten gunste van die Republikein George W. Bush was.

Omtrent 45 persent van vroeë stemmers in Florida is geregistreerde Demokrate teenoor 37 persent Republikeine, volgens die webwerf.

Terwyl party-affiliasie nie noodwendig eenvormige steun vir elke party se kandidaat beteken nie, toon verskeie meningsopnames dat Obama 'n voorsprong bo McCain geniet onder vroeë stemmers in sleutelstate wat die verkiesing se uitslag gaan bepaal, waaronder Colorado, Indiana, Nevada en Noord-Karolina.

Die voorloper Obama gaan poog om die land se eerste swart president te word en sy verkiesingspan meen hy het reeds 'n stewige voorsprong in die vroeë stemmery opgebou wat dit moeilik vir McCain gaan maak om op verkiesingsdag in te haal.

Die opkoms van Afro-Amerikaners wat vroeg gestem het, word as "ongehoord" bestempel, volgens McDonald.

"Indien dié syfers ook op verkiesingsdag gaan geld, gaan hulle opkoms dié van blanke kiesers oortref," het McDonald Maandag tydens 'n aanlynbespreking op die Washington Post se webwerf gesê.

"Die aandeel van Afro-Amerikaanse vroeë stemmers loop tans omtrent agt persentasiepunte hoër as in die 2004-verkiesing."

In Noord-Carolina, waar omtrent 2,6 miljoen mense hul stemme voor verkiesingsdag uitgebring het, het swartes 26,6 persent van die vroeë stemmers verteenwoordig, terwyl swartes slegs 21 persent van alle geregistreerde stemmers in die staat uitmaak, het die webwerf gesê.

Vroeëstemuitslae het tot dusver nie 'n toename in jonger kiesers wat hul na die stembus wend getoon nie, in weerwil van voorspellings dat Obama se kandidatuur ongekende belangstelling onder jong stemmers gaand gemaak het, het McDonald gesê.

"Ons sien nie jongmense wat vroeg gaan stem nie – en dit volg trouens 'n patroon wat ons oor die afgelope twintig jaar reeds opmerk, dat die vroeë stemmers ouer is as diegene wat op verkiesingsdag gaan stem," het hy gesê.

Maar hy het bygevoeg dat die finale syfers 'n opwelling van jong kiesers tydens vroeë stemmery kan aantoon of dat die totale opkoms vir alle ouderdomsgroepe kon verhoog.

винтовые компрессоры remezaданильченко юрій броніславович компромат

Goudmynbedryf in Zimbabwe ’totaal vernietig’

17:47:37 Zimbabwe se goudmynnywerheid, wat nege jaar terug die derde grootste in Afrika was, is op die randjie van totale

Image

‘n Myn in Zimbabwe

ineenstorting omdat die land se sentrale bank weier om te betaal vir die goud wat dit koop van die myne af, het ‘n verteenwoordiger van die myne Maandag gesê.

In ‘n sterk bewoorde verklaring deur die Kamer van Mynwese is die Reserwebank van Zimbabwe (RBZ) daarvan beskuldig dat hulle opsetlik die mynbou vernietig.

Goudmynmaatskappye word deur wetgewing verplig om hulle goud aan die Reserwebank te verkoop, maar vir die afgelope twee jaar het die bank agter geraak met paaiemente, wat volgens ooreenkoms vier dae ná aflewering betaal moet word.

Die bank skuld nou die myne, waarvan die meeste deur die buiteland besit word,  meer as $30 miljoen. Sommige myne is meer as ‘n jaar terug betaal, het die Kamer van Mynwese gesê.

Jaarlikse produksie het gedaal van 30 metrieke ton in 1999 tot ‘n voorspelling van minder as 3 metrieke ton vanjaar.

“Dit het gebeur omdat die RZB nie vir die goud betaal het nie, wat tot gevolg het dat myne nie kan volhou met produksie nie. Die industrie is nou vernietig,” het die Kamer gesê, en die situasie ‘n bespotting van reg en geregtigheid genoem.

Die RBZ-goewerneur, Gideon Gono, een van Mugabe se sleutelfigure, het herhaalde versoeke van die Kamer van Mynwese waarin hulle vra vir ‘n vergadering, verwerp.

Gono het Reserwebankgeld gebruik om duisende trekkers en ander plaastoerusting in te voer wat dan amper verniet aan van Mugabe se getroue volgelinge versprei word.

Drie maande gelede het regters reuseplasmaskermtelevisiestelle ontvang, en senior staatsdokters het topkwaliteit ingevoerde sedans gekry.

Die land verkeer in ‘n versnellende ineenstorting, met inflasie wat  miljoene persent haal, ‘n geldeenheid wat gedaal het tot ‘n breukdeel van sy waarde binne drie maande en ‘n geskatte drie miljoen mense wat voedselhulp nodig het, tesame met ‘n cholera-uitbraak in Harare, die hoofstad.

Gono se beleid om geld te druk om die staatskoffers aan te vul, word beskou as ‘n belangrike faktor in die ineenstorting van die ekonomie.

Zimbabwiërs het gehoop dat Mugabe se instemming tot ‘n regering van nasionale eenheid met die MDC buitelandse hulp en investering sou teweegbring, maar sewe weke later het die twee partye steeds nie ooreengekom omtrent die samestelling van die kabinet nie.

Die Kamer van Mynwese het gesê “dit is onverstaanbaar, dat op ‘n tydstip soos dié, wanneer die regering soveel buitelandse valuta as moontlik moet bekom, die goudsektor, wat baie buitelandse kapitaal kan genereer, opsetlik geruïneer is.”

Sonder die betalings was die myne nie in staat om werk vol te hou nie, het die Kamer bygevoeg. Meeste myne is nou nie in staat om salarisse te betaal aan hulle werknemers nie, het die verklaring verder gelui.

Eksplorasie het heeltemal tot stilstand gekom, en meeste ondergrondse myne is oorstroom, aangesien hulle nie die water kan uitpomp nie.     

осушитель дляДанильченко Харьков

5,5 miljoen toeriste besoek SA in 7 maande

Image

Marthinus van Schalkwyk

16:41:00 Bykans 5.5 miljoen toeriste het Suid-Afrika gedurende die eerste sewe maande vanjaar besoek. Die minister van toerisme, Marthinus van Schalkwyk, sê dit verteenwoordig 'n 7,8-persentvermeerdering teenoor die vorige jaar.

Van Schalkwyk sê hy is trots daarop om bekend te kan maak dat die jongste beskikbare aankomsyfers bykans 5,5 miljoen aankomelinge ( 5 495 904)  gedurende die eerste sewe maande vanjaar toon in vergelyking met die net meer as 5,1 miljoen  (5 100 268)  in 2007.

Hy sê as die syfers vir Januarie tot Julie vanjaar in detail  ontleed word, word gesien dat die groei in aankomelinge uit Suid-Afrika se tradisionele markte steeds sterk bly en aangestoot word deur 'n baie positiewe vermeerdering van aankomelinge uit nuwe markte. Aankomelinge uit Noord-Amerika het met 11,7 persent in die eerste sewe maande van vanjaar toegeneem.

Europese aankomelinge het met 7,3 persent gegroei met Frankryk wat 'n vermeerdering van 16,8 persent toon. Aankomelinge uit Australië het met 10,9 persent gegroei en uit Asië met 6,5 persent. Van Schalkwyk sê Suid-Afrika het in 2007 meer as 9 miljoen buitelandse toeriste ontvang in vergelyking met die net minder as 600 000 in 1994.  

Toerisme se bydrae tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk het na raming vanaf R137,6 miljard in 2006 tot R159,6 miljard in 2007 gegroei. Dit het meer as 940 000 direkte en indirekte werksgeleenthede in 2007 geskep wat 5 persent meer is as in 2006.  

 

светильник настенно потолочныйлобановский класс харьков

Obama vereer in Keniaanse musiekblyspel

Image15:04:36 Barack Obama, die Amerikaanse presidentskandidaatgunsteling se lewe word nou in ‘n Keniaanse musiekblyspel uitgebeeld in die laaste paar dae voor die verkiesing in Amerika. Obama se grootouers kom van dié Afrikarepubliek af.

"Obama, the musical", het Sondag in die Keniaanse nasionale teater in Nairobi geopen en sal tot Woensdag aanhou speel.

Die vertoning gebruik ‘n mengsel van sang, dans en vertelling om die senator se lewe te volg.

George Orido, die skrywer en regisseur van die stuk het aan The Daily Nation gesê, “Ek wil nie net met die vertoning Obama se storie vertel nie, maar ek wil Keniaane verenig.”

Die vertoning het Sondag geopen met luide applous van die Keniaanse gehoor,  maar een korrespondent wat dit gesien het, het dit met ‘n poppespelteater vergelyk.

Die openingsvertoning het geëindig met die gehoor wat lustig saamgesing het aan “Obama be thy name”, ‘n reggae-nommertjie deur ‘n Keniaanse kunstenaar, Makadem.

Senator Obama se pa was van Kenia afkomstig, waar hy as 'n held beskou word.

Sy ouma, Sarah Obama, woon steeds in ‘n klein dorpie, Kogelo, in die weste van Kenia.

Juigende ondersteuners het die roete wat hy op sy laaste besoek gevolg het volgestaan, en ‘n BBC-opname het bevind dat hy daar sowat 80% van die mense se ondersteuning geniet.

Obamakoors het die land deurtrek in die laaste paar dae voor die Amerikaanse verkiesing, en groot skares word in die stad Kisumu, naby aan Kogelo verwag, waar die BBC se Swahili-diens van Maandagaand af dekking van die verkiesing op ‘n groot skerm gaan uitsaai.

игры конструкторыдепутат лобановский

Huispryse bly laag, s? Standard Bank

Image14:55:02 Nadat huispryse liggies geklim het in September, het Standard Bank se huisprysgemiddeld in Oktober met 2,5 % gedaal, het die bank bekend gemaak.

Die gemiddelde huisprys in gelyke terme was 580 000 rand gewees, dieselfde as in Augustus.

“Daar word verwag dat die indeks weer gaan daal, of negatief gaan groei in die komende maande. Die 2,5%-verlaging in pryse stem dus ooreen met ons verwagtinge. Die mark vir wooneiendomme sal dooierig bly tot die markte ‘n sterk omkeer maak,” het Standard Bank gesê.

Die verminderde bekostigbaarheid van behuising, aangehelp deur hoër verbandrentekoerse, hoë kos- en brandstofpryse en ‘n vertraging in die ekonomie, het gelei tot ‘n vermindering in die vraag na wooneiendomme en ‘n redelike daling in huispryse.     

no depositлобановский александр игоревич класс

Obama geniet sterk ondersteuning in suidelike Irak

14:37:07 Afstammelinge van swart rebelle in die suidelike Irakese stad, Basra, ondersteun Obama onvoorwaardelik in Dinsdag

Image

Barack Obama

se Amerikaanse verkiesing, hoewel party van hulle vrees dat rassisme sal verhoed dat hy wen.

“Ek dink nie hy sal wen nie, omdat hy swart is en Amerika is rassisties. Indien hy wen, sal swartmense regoor die wêreld daaruit voordeel trek en ek hoop Europa volg dieselfde roete,” het Sami Nassir, ‘n hawewerker in die stad, gesê.

Hy is ‘n afstammeling van honderde slawewerkers wat tussen 869 en 883 teen die Abassid-regering gerebelleer het.

Grondeienaars in die suide van Irak het die slawe van Oos-Afrika af gebring, waar Obama se familie oorspronklik vandaan is, om op die arbeidsintensiewe landgoedere te werk.

Najem Abud, ‘n 38 jarige onderwyser, bid ook dat Obama moet wen in die verkiesing. “Ek hoop hy wen, dat hy die eerste swart Amerikaanse president word, en dat die wêreld sal verstaan dat swartmense ook die wêreld kan regeer,” het hy gesê.

Die sogenaamde “Zanj-rebellie” – Zanj is ‘n neerhalende woord vir swartmense – het in 869 begin, geïnstigeer deur Ali ibn Mohammed, wat beweer het dat hy ‘n afstammeling was van Ali, die vierde kalief.

Afstammelinge van die Zanj-rebelle verteenwoordig sowat 15 tot 20% van die Bassastreek se 2,5 miljoen inwoners.

“Oorwinning vir Obama sal ‘n teken wees dat rassisme verby is en ‘n bron van trots vir swartmense regoor die wêreld,” het Suhail Hamid Ahmad, ‘n 22 jarige geskiedenisonderwyser, gesê.

“Indien die sterkste land in die wêreld deur ‘n swartman regeer word, sal ons voel dat swart Afrika-inwoners die wereldleiers geword het,” het Nawaf Wahid Mohammad, ‘n polisieman, gesê.

“Dit sal 'n ware oorwinning vir swartmense wees, omdat ons deur die eeue swaargekry het en gevoel het dat Obama naby aan die Arabier staan,” was die siening van Khalil Ibrahim Jassim, ‘n pensionaris.

для сауныФільчаков Олександр Васильович прокурор

Hoe s?, s? Britse troepe

Honderde soldate wat van Afghanistan af terugkeer ly aan permanente en erge gehoorskade as gevolg van die oorweldigende geraas van intense gevegte.

Byna een uit tien soldate van een regiment het gehoorprobleme wat hulle uit die voorste linies kan hou en hulle burgerlike werksvooruitsigte kan benadeel, het die Times vasgestel.

Die hoeveelheid gehoorprobleme is een van die onbekende stories van die Britse deelname aan die oorlog, wat vergelykings laat ontstaan met die donder van die oorlog in die twee wêreldoorloë en die Koreaanse oorlog.

Baie van die soldate wat betrokke was in die gevegte met die Sjia milisie in Irak gedurende 2004 en 2005, het ook met permanente gehoorskade teruggekom. Maar in Afghanistan het bomme wat langs die pad afgaan, hewige gevegte met die Taliban en 500-pond bomme wat deur koalisievliegtuie gegooi is, gebarsde oordromme, tinnitus en in sommige gevalle totale doofheid veroorsaak.

Die koninklike Britse legioen het gesê in die laaste drie jaar het hulle 1195 eise van gehoorverlies teen die ministerie van verdediging gehad.

Die inligting is deur ‘n reeks versoeke vir Vryheid van Inligting ontdek, het die Times gesê.

Die Grenadier Guards, wat normaalweg 580 soldate moet hê, en tans slegs op sterkte van 411 staan weens ernstige mannekrag tekorte, het 37 gevalle van ernstige gehoorprobleme.

Byna 240 van 691 soldate van die 1ste bataljon, die Royal Anglians, wat verlede Oktober van ‘n ses maande dienstyd in Afghanistan terug gekom het, het gehoorprobleme ontwikkel, 35 is gekategoriseer as onindiensneembaar of indiensneembaar met beperkte potensiaal.

Die 2de bataljon, die Mercian regiment (Worchesters en Forresters) wat ook verlede Oktober teruggekeer het, het 34 soldate uit 555 met gehoorprobleme.

Twee Koninklike Mariniers eenhede het ook gehoorprobleme aangemeld.     

типы парусных судовтопкарго развод