Waterkrisis kom

Dr. Tony Turton van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) reken die besoedeling van die land se damme en Image riviere is so erg dat dit op 'n krisis afstuur. Hy het Vrydag as deel van ’n bewusmakingsessie by die Loskopdam gesê die dam is deurtrek van siaanbakterie wat chemies net so giftig soos die rinkhalsgif is.

Die siaanbakterie in die Loskopdam het 'n negatiewe impak op die Groblersdalvallei, wat as die land se kosmandjie bekendstaan. Van die land se grootste uitvoer-boere in sitrus, druiwe, groente, katoen en tabak gebruik die Loskop-besproeiingskema.

Verskeie vrektes as gevolg van die siaanbakterie onder die Olifantsrivierkloof se krokodilbevolking, witrenosters, buffels en bokke en duisende visse is reeds 'n probleem. Daar is slegs twee krokodille in die Loskop oor.

Turton dink dat die waterbesoedeling selfs tot die gebied se hoë voorkoms van kankergevalle kan bydra. Die siaanbakterie kan nie doodgekook word nie. Dit tas die lewer, niere, hart en vel aan. Langdurige blootstelling kan DNS verander wat lei tot misvormde babas en spontane aborsies, sê dr.Turton in sy verslag.

Volgens James Harris, DA-verteenwoordiger, moet munisipaliteite wat ongesuiwerde riool in riviere stort, hof toe gevat word omdat hulle waterwetgewing oortree.

Hy sê sowat 270 van die 284 munisipaliteite se rioolwerke funk-sioneer ongelisensieerd en dus onwettig sedert 1998. Hulle voldoen nie aan die Waterwet van 1998 nie en ook nie aan die nodige vereistes van die vorige waterwet nie.

Die siaanbakterie word veral aangetref in ’n chemiese konkoksie van mynboubesoedelde water, steenkoolafvalwater, riool, swaar metale en nitrate, en selfs gifstowwe soos vanadium en radio-aktiewe stowwe wat in die riviere gestort word.

пескоструйный компрессорАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae