Die South African Democratic Congress (Sadeco) is ’n wegbreekgroep van die National Democratic Convention (Nadeco), wat van die IVP afgestig het.
Intussen het die ANC-jeugliga 'n klag teen Terror Lekota by die Menseregtekommissie (MRK) aanhangig gemaak omdat die hy gereeld na Julius Malema, jeugliga-leier, se “moor vir Zuma”-stellings verwys.
Malema beweer dat Lekota sê die jeugliga moet “letterlik mense doodmaak wat nie vir die ANC stem nie”.
Malema sê hy het reeds onderneem om nie weer die woord “moor” te gebruik nie.
