Wit mans gaan verdwyn in Pretoria

09:07:19 Die ANC-stadsraad van Pretoria het besluit om sy rasseteikens op te skuif om van die oorblywende blanke mans in die

Image

Pretoria… binnekort sonder wit mans

munisipaliteit ontslae te raak.

Voorheen het die sogenaamde "Tshwane"-metroraad 'n rassekwota van 60% gehad waaraan die munisipale administrasie moes voldoen. Intussen het die stadsraad blankes so vinnig afgedank dat die rassekwota inderdaad reeds teen Oktober 2006 oortref is. Op daardie stadium het die stadsraad reeds 68,37% swartes in diens gehad, uit 'n totaal van 12 500 werknemers.

Die teiken van 60% sou eers in 2011 bereik gewees het, volgens ondernemings van die stadsraad. Maar nou het die burgemeesteres wat ook straatname wil verander, dr. Gwen Ramakgopa, besluit dat die rassekwota verder verhoog moet word na 80%.

Hierdie teiken is by 'n onlangse raadsvergadering voorgelê. 'n ANC-burgemeesterskomiteelid, Gabriel Twala, meen daar is nog nie genoeg swartes in diens nie en dat "daar baie ruimte vir verbetering is".

Die ANC het veral sy mes in vir wit mans en meen daar behoort meer vroue en gestremdes aangestel te word. Volgens Twala, "is net 3 000 van ons amper 13 000 werknemers vroue".

Uit die 13 topbestuurders by die stadsraad, is 11 swart, oftewel 84,61%. Hierdie posisie is reeds in Oktober verlede jaar bereik.

Op middelbestuursvlak hou 'n aantal blankes egter nog uit en word 304 uit 535 poste deur hulle beklee, iets waarmee die stadsraad glad nie gediend is nie.

Volgens mnr. Conrad Beyers, VF Plus-lid van die stadsraad, kan die grootskaalse reiniging van bankes uit poste onwettig wees. "Ons wil kyk na die wettigheid van die situasie. Daar is nie met al die rolspelers geraadpleeg nie. Die kwota van 60% wat aan die CEEF voorgelê is, is eensydig verhoog. Die burgemeesteres en haar bestuurders het nie die bevoegdheid om dit self te verhoog nie en ons wil die saak verder ondersoek."

Volgens Beyers "voel die wit personeel ontredderd en totaal magteloos. Hulle moet toekyk hoe hulle ander moet oplei wat hulle gaan vervang. Die moreel van blanke werknemers is baie laag. Omdat hulle die mense met kundigheid is, moet hulle die stad dra op dié stadium, maar die administrasie wil hulle juis uitskop."

Op sekere posvlakke bestaan daar wel tekorte, maar die stadsraad erken dit net as dit tot meer swart aanstellings sal lei. Volgens Conrad Beyers is dit "blatante diskriminasie. Waar teikens reeds bereik is op hoër en laer posvlakke, is daar nie 'n probleem nie. Teoreties as daar 100% swartes is, sal daar geen tekort wees nie."

In die finansiële departement byvoorbeeld is daar geen geoktrooieerde rekenmeesters nie en word verslae teen verskriklike hoë koste opgestel deur ouditeursfirmas van buite. Die hoof van finansiële dienste, 'n swart vrou, is nie gekwalifiseer vir die pos nie. Blykbaar heers daar chaos in die finansiële afdeling.

Conrad Beyers van die VF Plus sê verder: "Selfs die ANC is ontevrede, maar hulle ideologie maak hulle blind daarteen dat dienste nie meer gelewer word nie. Hulle sal eerder die kwotas volg as wat die stadsraad 'n goed geoliede masjien het."

станок для шиномонтажаФильчаков прокурор харьков