Etniese konflik teister Limpopo opnuut

Malamulele is nou reeds twee weke lank die brandpunt van etniese konflik in Limpopo tussen Vendas en Tsongas. Laasgenoemde groep eis ‘n afsonderlike munisipaliteit.

Inwoners van Malamulele in Limpopo het intussen paaie wat na die stat lei met brandende bande en klippe versper.

Die Malamulele-taakspan sê dit is duidelik dat die afbakeningsraad, wat Vrydag sy verslag oor die kwessie bekend maak, nie in hulle guns gaan beslis nie.

Die hernude geweld volg nadat die taakspan besluit het om voort te gaan om dienste in die gebied te ontwrig, nadat ‘n vergadering met nasionale ministers misluk het.

Hulle sê besighede, skole en openbare vervoer sal verder gesluit bly word alhoewel inwoners sonder noodsaaklikhede sit.

Winkels, banke, poskantoor en vulstasies is gesluit en informele handelaars is uitgesluit uit die sentrale sakegebied.

Limpopo se skole sal heropen vir die 2015 akademiese jaar, maar nie in Malamulele nie.

Mense wat in die nabygeleë Giyani en Thohoyandou woon, kan nie gaan werk nie, aangesien motors nie toegelaat word om die gebied binne te gaan of te verlaat nie.

Daar is drie paaie vanaf die R81 wat toegang tot Malamulele verleen, maar hulle word 24 uur per dag beman word deur vyandige jong Tsongas. Sommige van die “wagte” dra T-hemde wat lui: “100% Malamulele Munisipaliteit”.

Honderde polisiebeamptes is reeds na Malamulele ontplooi om die vrede te bewaar, en twee polisiebeamptes is verlede week in die hospitaal opgeneem met ernstige beserings.

Hul voertuig het omgeslaan nadat hulle ‘n massiewe staalpyp wat Mavembe-inwoners gebruik het om die pad te versper, sowat 3km buite Malamulele getref het en die voertuig het daarna uitgebrand.

Malamulele, waar daar oorwegend Tsongas woon, se munisipaliteitskantore is Thohoyandou, in Venda, oor ongeveer 35 km ver is.

In een week, tydens die soveelste vlaag opstande in 2013, is R40 miljoen se eiendom vernietig.

President Jacob Zuma se besoek aan die gebied voor verlede jaar se nasionale verkiesing het niks opgelewer nie en hy is uitgejou deur die skares.

Die taakspan het later verduidelik dat mense onsteld was dat Zuma nie met inwoners in hul moedertaal Sjangaan gekommunikeer het nie, en in plaas daarvan die taal van die vyand, Engels gepraat het.

China sal soldate in Suid-Soedan ontplooi

’n Woordvoerder van die Verenigde Nasies (VN) se sending in Suid-Soedan sê China sal na verwagting ongeveer 700 vredesmagsoldate na Suid-Soedan ontplooi.

Dit sal deel vorm van die VN se Veiligheidraad se 2013-plan om militêre teenwoordigheid in dié land te verhoog.

Joe Contreras, woordvoerder, het Woensdag gesê die soldate het nog gearriveer nie en ’n finale besluit oor presies waar hulle ontplooi sal word, is nog nie geneem nie.

Ongeveer 350 Chinese militêre personeellede – meestal ingenieurs – dien reeds in die VN se sending in Suid-Soedan.

Suid-Soedan word sedert Desember 2013 deur etniese geweld geteister wat talle ontwortel het en die land se oliebronne bedreig.

Zoeloe-treffer teen Indiërs gemik

Mbongeni Ngema se liedjie AmaNdiya [Indiërs] het in 2002 vir ‘n opskudding gesorg. Twaalf jaar later hou die Zoeloes nog ewe min van die Indiërs en nog ‘n treffer Umhlab ‘Uzobuya [Terug na die grond] verwys ook neerhalend na Indiërs.

Hulle is ‘n “ou-ou probleem” en moet “terug oor die see” of hulle gaan “aksie” sien, kletsrym die Zoeloe.

Die anti-Indiese Mazibuye Africa Forum in Durban draai nie doekies om nie. Hulle blameer die Guptas, Shaiks, Moodleys en Reddys vir die probleme in die land.

In Durban se lokasies en elders is dit ‘n gegewe dat die Indiërs meer rassisties as ander etniese groepe is. Gerugsteun deur statistiek, argumenteer Zoeloes voorts dat Indiërs in KwaZulu-Natal oorverteenwoordig in die regering en sakeondernemings is, en voordeel trek uit regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging.

Hulle glo dat wanneer dit kom by die herstel van ‘n hiërargie van wie die meeste gely het, is swartes bo-aan.

In die ou hiërargie van etniese groepe se voorregte, is swartes seker minder verdra as Indiërs, maar dat hulle nou voordeel wil trek uit sogenaamde regstelling, is gewis.

As die gewilde Durban-lobby sy sin kry, sal die Indiese sakelui dadelik uitgesluit word van ekonomiese bemagtiging en regeringstenders.

Die ANC sukkel om xenofobiese aanvalle teen Somaliese winkeleienaars in lokasie aan te pak, en daar was reeds ‘n beleidsvoorstel om te verhoed dat buitelanders spazawinkels besit.

In die openbaar, veroordeel ANC-leiers soos KwaZulu-Natal se premier, Senzo Mchunu en provinsiale sekretaris Sihle Zikalala anti-Indiese retoriek, maar sulke uitsprake is ongewild by hul kiesers.

Sport Minister Fikile Mbalula, vir een, begryp dit goed. Hy het een keer in die openbaar die aantal Indiese studente in KwaZulu-Natal tersiêre instellings veroordeel, en gesê dié kampusse lyk soos Mumbai.

Terwyl hy nog die ANC-jeugliga se leier was, het Malema onder groot toejuiging in die openbaar die neerhalende woord “makula” vir Indiërs gebruik.

Die krake in die reënboognasie begin wys.

Veiligheidsraad dreig Suid-Soedan met sanksies

lykeDie Verenigde Nasies se Veiligheidsraad oorweeg sanksies teen Suid-Soedan.

Die Veiligheidsraad het dié skerp waarskuwing gerig na die massaslagting verlede week in Bentiu toe rebellemagte honderde burgerlikes vermoor het nadat hul etnisiteit of nasionaliteit glo eers vasgestel is.

Die Veiligheidsraad sal ondersoek instel na sanksies indien aanvalle op burgerlikes en buitelanders in die land voortduur.

Dié verwikkling kom nadat president Salva Kirr, en die voormalige adjunkpresident Riek Machar asook ander politieke leiers, ‘n ooreenkoms, om vyandelikhede te staak, geïgnoreer het.

Die Veiligheidsraad eis dat die land se leierskap diegene aanspreeklik hou wat vir die konflik verantwoordelik is.

Die ooreenkoms is in Januarie onderteken.

Burgerlikes is intussen vermoor in sogenaamde plekke van veiligheid soos kerke, hospitale en moskees waar hulle skuiling gesoek het.

Die magstryd tussen president Kiir en sy voormalige adjunk, Machar, het tot die etniese botsings tussen die Dinka- en Nuer-stamme gelei.

Die Veiligheidsraad het ook ‘n aanval op ‘n VN-vesting in die dorp Bor veroordeel waar talle mense omgekom het of beseer is.

Roodt blameer ANC vir Terre’Blanche-moord

Dr. Dan Roodt van PRAAG en inligtingshoof van die Vryheidsfront Plus in Gauteng, het die ANC vir die moord op Eugene Terre’Blanche geblameer. “Die ANC, veral sy jeugvleuel, het ‘n klimaat van anti-Afrikanerhaat in Suid-Afrika geskep. Gevolglik bevind Suid-Afrika hom in ‘n laevlak- etniese konflik wat ná ‘n hoëprofielmoord soos dié op mnr. Terre’Blanche noodwendig gaan eskaleer.”

In ‘n verklaring aan die media het Roodt sy meegevoel met Terre’Blanche se gesin uitgespreek ná “‘n weersinwekkende moord wat op ‘n wrede en primitiewe manier gepleeg is. Mnr. Terre’Blanche was ‘n kleurryke politieke en kulturele figuur, asook ‘n egte Afrikaner. Sy politieke styl was dramaties, sy taal dikwels poëties. Hy het groot waardering vir die Afrikanergeskiedenis en -kultuur gekoester, asook ‘n liefde vir die Afrikaanse taal. VIr hom om so ‘n verskriklike dood te sterf, is simbolies van die anargie waarin Suid-Afrika vinnig besig is om te verval.”

Hoewel Eugene Terre’Blanche lief was vir nasionalistiese en selfse neo-fascistiese beelde, het hy hom nooit aan haatspraak skuldig gemaak of die tipe rasgegronde haat wat die ANC tans in Suid-Afrika opstook nie. Hy het swart tale gepraat en hom dikwels ten gunste van vryheid en selfbeskikking vir Afrikavolkere uitgespreek, net soos hy vir sy eie Afrikanervolk nagestreef het.”

Roodt het ‘n beroep op Afrikanereenheid gedoen. “Ongelukkig is die barbaarse moord op Terre’Blanche bloot die jongste in ‘n reeks skokkend gewelddadige voorvalle waarin Afrikaners, oud en jonk, geteiken is met moord, verkragting en ongemotiveerde aanvalle,” het hy gesê. “Die skrif is aan die muur in kolossale letters. Mnr. Julius Malema se onlangse besoek aan Zimbabwe en aanhoudende oproepe tot volksmoord op Afrikaners en Boere het ‘n klimaat vir verdere anargie, grondbesettings van die Zimbabwe-tipe, hongersnood en selfs massamoord geskep. Slegs ‘n vertoning van eenheid en vasberadenheid in die aangesig van dié ernstige bedreigings sal die storm van haat en vergelding wat in die harte en verstand van ons vyande broei kan keer.”

Volgens dr. Roodt verkeer Suid-Afrika tans by ‘n keerpunt “Die huidige klimaat van geweld en onverdraagsaamheid is die gevolg van jare se anti-Afrikanerprogaganda en stereotipering, veral deur die SAUK, wat direk deur die regerende party beheer word. Óf Suid-Afrika gaan die bekende paadjie van vele Afrikalande volg en in etniese konflik en burgeroorlog verval, óf die land gaan daarin slaag op voor die afgrond waaroor dit tans huiwer, weg te kom,” het hy gesê.

Hy het ook ‘n beroep op die internasionale gemeenskap, die VSA, Europese Unie en die Verenigde Nasies gedoen om in te gryp ten einde die bloedbad stop te sit wat tans in Suid-Afrika plaasvind.

цена ремонта квартиры за квадратный метрtopcargo