Boer en vrou met graaf geslaan in plaasaanval

‘n Bekende boer van Nelspruit (Mbombela), mnr. Gerhard Kunneke, word in die intensiewe sorgeenheid van Mediclinic Nelspruit behandel nadat hy gisteraand oorval is op sy plaas in die Kingstonvale-omgewing op die pad na KaNyamazane.

Daar was beurtkrag in die area en die krag het net weer aangekom toe hy na buite is om die kragopwekker af te skakel. Dit was net na 20:00. Hy is toe van agter met ‘n graaf oor die kop geslaan. Volgens mnr. Nico Grobler, operasionele bestuurder van Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit, het hy hom teëgesit en is erg aangerand.

Sy vrou, Lynette, was in die huis, maar kon hoor daar was ‘n geskarrel buite. Sy het ondersoek ingestel en het gesien haar man word aangeval. Sy het die deure gesluit en Hi-Tech ontbied. Een van die aanvallers het die badkamervenster gebreek en só toegang tot die huis verkry.

Lynette is ook oorval en buite na haar man geneem waar sy met draad vasgebind is. “Sy is met die graaf deur die gesig geslaan en gedwing om die kluis se sleutels aan hulle (die swart verdagtes) te oorhandig,” het Grobler vertel.

Die swartes het drie vuurwapens uit die kluis gehaal en te voet gevlug met dit, asook twee televisies, ‘n skootrekenaar en die egpaar se selfone. Hi-Tech se beamptes het op die toneel aangekom en gesien die egpaar is erg beseer. Hi-Tech se ambulans is gevolglik ontbied en die Kunneke’s is na die hospitaal geneem.

Lynette is reeds vanoggend ontslaan. “Mnr. Kunneke is by sy positiewe, maar het bloeding op die brein. Hy en sy vrou het gesê dat daar drie verdagtes was wat almal balaklavas gedra het,” het Grobler bygevoeg.

Bossie’s Community Justice en die polisie was ook op die toneel. Mnr. Jacques Meiring, operasionele bestuurder van Bossie’s, het gesê dat hulle ‘n beloning van R50 000 aanbied vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisname en suksesvolle vervolging van die verdagtes.

Bron: Die Laevelder

Baksteenmisdaad: Seuntjie haal self asem

Die agtjarige seuntjie wat met ‘n baksteen teen sy kop getref is, is van asemhalingsmasjiene ontkoppel.

Die Krugersdorpnuus het vanoggend met Caden Slabbert se ma Andriëtte Cooper, wat oppad na die hospitaal toe was, gesels oor Caden se huidige toestand.

Caden en sy sussie Eden, sou vir die langnaweek by hulle pa gaan kuier het in Alberton toe ‘n swarte ‘n baksteen van ‘n brug af gegooi het en hom deur die kar se ruit getref het.

Caden, wat in ‘n in geïnduseerde koma was is nou van die masjiene af en haal self asem. Sy ma vertel die dokters het gewaarsku dat hy ontrekkingsimptome, hallusinasies en terugflitse mag hê as gevolg van die sterk medikasie wanneer hy wakker geword het.

“Dis aaklig om hom so te sien,” sê sy bedroefde ma.

Sy ogies gaan baie klein oop en hulle kan sien hoe volg hy hulle bewegings en hou selfs hulle hande styf vas.

Cooper meen dat die dokters gelukkig is met Caden se verbetering maar steeds bekommerd is oor sy wond op sy kop waar die linkerkantse deel van sy skedel verwyder was en gaan weer geherkonstruktief terug gesit word.

Wanneer Caden ten volle wakker word sal die dokters die nodige toetse kan doen om te bepaal of hy enige breinskade in die insident op gedoen het.

“Daar is beslis positiewe verbetering in sy toestand en ons is baie dankbaar vir al die gebede vir Caden. Sy herstelling is beslis ‘n wonderwerk.”

Die swart krimineel is nog steeds op vrye voet en die plaaslike polisie in die omgewing is skynbaar opsoek na ‘n onstabiele man wat naak op die hoofweg loop en bakstene en klippe vanaf die brûe rondom The Glen-winkelsentrum gooi.

Keniane vrees etniese geweld as leiers by Strafhof in Den Haag verskyn

ethnickenyaKenia se president en sy adjunk is onderweg na Den Haag terwyl kommer toeneem dat wrywing weer sal opvlam in gemeenskappe wat uitmekaar geskeur is deur ‘n post-verkiesingsbloedbad meer as vyf jaar gelede.

Adjunkpresident William Ruto gaan die beskuldigdebank by die Internasionale Strafhof staan vir misdade teen die mensdom, gevolg deur President Uhuru Kenyatta in November, terwyl lede van hul twee onderskeie etniese groepe vrees dat dit ou wonde kan oopmaak .

Hul oorwinning in vanjaar se vreedsame verkiesing onder die Jubilee Alliance het nog min gedoen om die etniese haat te genees op die grond tussen Kenyatta se Kikoejoe en Ruto se Kalenjin stamme, wat ná ‘n betwiste 2007-uitslag, die saak met geweld wou besleg.

Dit laat Oos-Afrika se grootste ekonomie op hete kole, waar stamlojaliteite ‘n deurslaggewende rol in politiek speel en geweld dryf . Dit bekommer ook die Weste, wat ‘n stabiele Kenia as noodsaaklik vir die plaaslike veiligheid en die stryd teen militante Islam beskou.

Vir die Internasionale Strafhof, is dit die eerste verhoor waarby ‘n sittende president aangekla word en sy grootste toets tot dusver as instelling wat in 1993 gestig is. Die ISH kry toenemende opposisie uit Afrika, waar dit gesien word as ‘n bevooroordeelde instelling wat slegs swartes uitsonder.

Die alliansie tussen Kenyatta en Ruto het tyd gekoop sê inwoners van die westelike stad van Eldoret, naby die plek waar ongeveer 30 Kikoejoes tot die dood verbrand is in ‘n kerk deur ‘n Kalenjinbende aan die brand gesteek is.

Ná ‘n parlementêre stemmery verlede week is geëis dat Kenia onttrek van die Den Haag-hof se jurisdiksie wat ontleders laat glo dat Nairobi politieke dekking bou vir die twee mans om hul deelname in die verhoor stop te sit, maar diplomate sien so ‘n skuif as onwaarskynlik.

Kenyatta (51) ​​en Ruto (46) het lank belowe dat hulle sal voortgaan om saam te werk om aanklagte van misdade teen die mensdom te weerlê. Daarbenewens sal enige besluite in Kenia ‘n jaar neem om te implementeer en die komende hofsaak nie kan stuit nie.

“Die twee glo hulle kan wen by die verhoor,” sê Macharia Munene , ‘n universiteitsdosent in Nairobi . “Die hof het ook ‘n swak rekord van skuldigbevindings, ” het hy gesê , met verwysing na die Kongolese krygsheer Thomas Lubanga . – Reuters

VSA waarsku dat geweld Kenia weer kan teister

Kenia het na afloop van die vorige verkiesing in 2007 moes reken met etniese konflik wat ten minste 1 300 se lewens geëis het, en nog 300 000 mense haweloos gelaat het.

Die geweld het Kenia se reputasie as ‘n vreedsame Afrikaland en gunsteling toeristebestemming, groot skade berokken.

Intussen is ‘n koalisieregering gevorm, maar die regering kon die afgelope paar jaar min uitrig te midde van interne geskillle.

Reuters berig dat die VSA Dinsdag gewaarsku het dat Kenia dalk weer onder geweldadige konflik kan deurloop indien langverwagte beleidsveranderinge nie plaasvind nie en dit selfs voor dié land se presidensiële verkiesing in 2012, 

“Die meeste Keniane stem saam die tyd om betekenisvolle verandering teweeg te bring sal uitloop teen die einde van vanjaar, so die koalisieleiers moet met mening en meer dringendheid optree,” het Michael Ranneberger, die Amerikaanse ambassadeur in Kenia, in Nairobi by ‘n byeenkoms vir sakelui gesê.

Daar is reeds ‘n reisverbod op sekere senior Keniaanse amptenare om na die VSA te reis deur Washington ingestel en dit mag uitgebrei word volgens Ranneberger.

 

 

камин дома своими рукамиАлександр Фильчаков Васильевич

Geweld breek in weste van China uit

Image

Beste vriende

Die Chinese staatsnuusagentskap het Maandag aangekondig dat 140 mense gedood is en 816 beseer nadat betogers met die polisie in die weste van China slaags geraak het.

Indien die dodetal bevestig word, kan dit die dodelikste manifestasie van geweld in die land wees in baie jare. Spanning tussen die Moslem Uighurs en Han-Chinese is al etlike dae in die gebied aan die oplaai.

In Maart 2008 het Tibetane in opstand gekom, in wat eweneens beskryf kan word as etniese geweld, maar net 19 mense – feitlik almal Han-Chinese – is gedood.

Die geweld het Sondagmiddag uitgebreek by 'n groot mark in Oeroemki, die hoofstad van die uitgestrekte woestynagtige deel van die Xinjiang-gebied, en het 'n hele paar uur gewoed voordat onluspolisie en die weermag die Uighur-area van die stad afgekordon het.

Ooggetuies en foto's van die geweld bevestig dat 1 000 betogers die strate ingevaar het, die polisie onder klippe gesteek het en voertuie aan die brand gesteek het. Rookkolomme het oor die stad gehang terwyl die polisie met brandslange en knuppels probeer het om die Uighurs, wat die protes gelei het, onder bedwang te bring.

Die aantal slagoffers is eers deur die nuusagentskap as 129 aangegee, maar die getal is in 'n latere berig na drie burgerlikes en 'n polisieman verander. 'n Streeksamptenaar het egter per telefoon gesê 105 mense is dood en ten minste 800 beseer.

Beeldmateriaal wat op die staatstelevisie uitgesaai is wys bebloede mense wat in die straat lê terwyl motors brand.

Dosyne Uighurmans is Sondaagaand by polisiestasies opgemerk met hulle hande vasgebind en hulle hemde oor hulle koppe getrek. 'n Aandklokreël is in die stad ingestel.

Die Uighurs, 'n Turkssprekende minderheid, is gekant teen die Han se oorheersing want Beijing probeer sedert die 1990's die olieryke Xinjiangprovinsie onder streng beheer hou. Verskeie aanvalle teen Chinese veiligheidsmagte is verlede jaar deur separatistegroepe geloods.

Chinese amptenare het Rebiya Kadeer, 'n Uighur menseregteadvokaat, daarvan beskuldig dat sy verantwoordelik is vir die oproer. Sy was eers in China in die gevangenis maar woon tans in Washington.

Die geweld het Sondag uitgebreek nadat die Uighurs 'n optog gehou het om 'n polisieondersoek te vra oor botsings tussen die Han en Uighurs wat by 'n speelgoedfabriek begin het en 2 Uighurs dood gelaat het en 118 mense beseer.

обработка ценаАлександр Фильчаков Васильевич