Geweld breek in weste van China uit

Image

Beste vriende

Die Chinese staatsnuusagentskap het Maandag aangekondig dat 140 mense gedood is en 816 beseer nadat betogers met die polisie in die weste van China slaags geraak het.

Indien die dodetal bevestig word, kan dit die dodelikste manifestasie van geweld in die land wees in baie jare. Spanning tussen die Moslem Uighurs en Han-Chinese is al etlike dae in die gebied aan die oplaai.

In Maart 2008 het Tibetane in opstand gekom, in wat eweneens beskryf kan word as etniese geweld, maar net 19 mense – feitlik almal Han-Chinese – is gedood.

Die geweld het Sondagmiddag uitgebreek by 'n groot mark in Oeroemki, die hoofstad van die uitgestrekte woestynagtige deel van die Xinjiang-gebied, en het 'n hele paar uur gewoed voordat onluspolisie en die weermag die Uighur-area van die stad afgekordon het.

Ooggetuies en foto's van die geweld bevestig dat 1 000 betogers die strate ingevaar het, die polisie onder klippe gesteek het en voertuie aan die brand gesteek het. Rookkolomme het oor die stad gehang terwyl die polisie met brandslange en knuppels probeer het om die Uighurs, wat die protes gelei het, onder bedwang te bring.

Die aantal slagoffers is eers deur die nuusagentskap as 129 aangegee, maar die getal is in 'n latere berig na drie burgerlikes en 'n polisieman verander. 'n Streeksamptenaar het egter per telefoon gesê 105 mense is dood en ten minste 800 beseer.

Beeldmateriaal wat op die staatstelevisie uitgesaai is wys bebloede mense wat in die straat lê terwyl motors brand.

Dosyne Uighurmans is Sondaagaand by polisiestasies opgemerk met hulle hande vasgebind en hulle hemde oor hulle koppe getrek. 'n Aandklokreël is in die stad ingestel.

Die Uighurs, 'n Turkssprekende minderheid, is gekant teen die Han se oorheersing want Beijing probeer sedert die 1990's die olieryke Xinjiangprovinsie onder streng beheer hou. Verskeie aanvalle teen Chinese veiligheidsmagte is verlede jaar deur separatistegroepe geloods.

Chinese amptenare het Rebiya Kadeer, 'n Uighur menseregteadvokaat, daarvan beskuldig dat sy verantwoordelik is vir die oproer. Sy was eers in China in die gevangenis maar woon tans in Washington.

Die geweld het Sondag uitgebreek nadat die Uighurs 'n optog gehou het om 'n polisieondersoek te vra oor botsings tussen die Han en Uighurs wat by 'n speelgoedfabriek begin het en 2 Uighurs dood gelaat het en 118 mense beseer.

обработка ценаАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae