Philemon Batulekile Baloyi, 48, het in die landdroshof op Acornhoek verskyn waar hy teregstaan op 'n klag van die besit en skending van 'n lyk, het kaptein Leonard Hlathi gesê.
Hy is op 20 Junie in hegtenis geneem nadat hy na bewering gepoog het om die bors en "gemanikuurde linkerhand" van 'n blanke vrou aan aan 'n injanga oftewel tradisionele geneser te verkoop.
Baloyi het na bewering die liggaamsdele van Ben Mongadi, 35, 'n dagloner by Doves-begrafnisondernemers in Lydenburg, aangekoop.
Hlathi het gesê dat Mongadi, wat ook verhoor word, aan die polisie gesê het dat hy die bors en hand van die vrou verkry het wat veras sou word.
Die polisie ondersoek ook 'n bewering deur Baloyi dat hy liggaamsdele aan vyf injangas in die Acornhoekgebied verkoop het.
Baloyi sal weer op 20 Julie in die hof verskyn en Mongadi op 14 Julie.
Albei swartes word steeds aangehou.
