Nkunda waarsku teen SAOG-vredesmagte

Die Kongo se rebelleleier Laurent Nkunda sê hy sal Afrikavredesbeamptes beveg as hulle steun aan regeringsoldate teen hom verleen, terwyl meer streekstate by die poging aansluit om die konflik te beëindig.

Afrikaleiers uit die suide van die kontinent en die Groot Mere-streek het vredesbeamptes aangebied as dit nodig sou wees om die oostelike streek van die Demokratiese Republiek van die Kongo te stabiliseer waar onlangse gevegte derduisende burgerlikes ontwortel het.

Lande in die Suider-Afrika Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het na 'n spitsberaad die naweek gesê hulle sal militêre raadgewers na die oostelike Kongo stuur om die regering van DRK President Joseph Kabila te help.

Die uitvoerende sekretaris, Tomaz Salomao sê die SAOG sal 'n vredesmag na die Kongo stuur "as en wanneer" dit nodig is. Nkunda, wie se Tutsirebelle met die Kongo se regeringsmagte  en hulle Rwanda-Hoetoe rebelle in gevegte betrokke is, sê hy sal Afrikavredesbeamptes  as 'n onpartydige mag verwelkom om vrede in Noord Kivu te herstel.

Die Verenigde Nasies wat reeds die grootste vredesmag in die wêreld – 17 000 man —  in die DRK het, soek nog 3 000 ekstra soldate om sy operasies daar te versterk.

Die VN sê sy bestaande mag is uitgestrek oor 'n gebied so groot soos Wes-Europa, waar dit van gewapende groepe wemel. Dit is nie onmiddellik duidelik of die voorgestelde Afrikavredesbeamptes onder mandaat van die VN of afsonderlik sal opereer nie.

Leiers van die Groot Mere-streek waaronder Rwanda se president Paul Kagame, het Vrydag op 'n spitsberaad in Nairobi vir 'n skietstilstand en 'n politieke skikking in Noord Kivu gevra, maar sê hulle sal vredesbeamptes stuur as dit nodig is.

Die DRK-regering het Angola, sy suidelike buurman wat hom tydens die 1998 tot 2003 oorlog gesteun het, weer om hulp gevra. Die swak en chaotiese Kongolese nasionale weermag het ineengestort teen die gedetermineerde opmars van Nkunda se geharde guerrilla-mag van ongeveer 4 000. Die verskyning van meer gedissiplineerde Portugees-prekende soldate aan regeringskant in Noord Kivu het gerugte laat ontstaan dat Angola reeds soldate na ooste van die DRK gestuur het.

'n Woordvoerder van Angola se departement van buitelandse sake het dit egter ontken. Ondanks beroepe deur die VN en Afrikaleiers vir 'n skietstaking in Noord Kivu, het sporadiese gevegte die afgelope naweek voortgeduur en humanitêre pogings om derduisende vlugtelinge wat skuiling, kos en mediese hulp soek, belemmer. Humanitêre agentskappe het hulle operasies opgeskerp om meer as 200 000 ontwortelde burgers rondom Goma tot hulp te kom.

справку длялобановский александр харьков

Israel het Arafat vergiftig s? neef

Image

Arafat

16:04:39 ‘n Familielid van Jasser Arafat het Maandag aangedring dat Israel die Palestynse leier, wat die week vier jaar gelede dood is, vergiftig het.

“Elke dag is daar stellings en leidrade omtrent die eliminasie van Arafat, en elke dag kom ons nader aan die gevolgtrekking dat hy vergiftig is,” het Nasser al-Qidwa, ‘n neef van die ontslape Palestynse leier, aan AFP gesê.

“Binne ‘n jaar of twee sal die tipe gif wat gebruik is om Arafat dood te maak, asook die manier waarop dit toegedien is, bekend wees,” het al-Qidwa, die hoof van die Arafat-stigting gesê.

“In elke geval is Israel verantwoordelik vir sy dood. Daar was voorbereidings om van die politieke leierskap van die Palestynse mense ontslae te raak.”

Die presiese oorsaak van sy dood op 11 November 2004 is steeds onbekend, maar verskeie Palestynse leiers is oortuig daarvan dat hy deur Israel vergiftig is, iets wat ten sterkste deur Israel ontken word.

Duisende mense gaan na verwagting deelneem aan die seremonie wat die vierde herdenking van Arafat se dood gedenk in Ramallah, op die Wesoewer.

тамбов разъемы,лобановский александр дочь

Rwanda in oproer oor ho? se arrestasie in Duitsland

Die Rwandese regering het Maandag oproepe gedoen vir demonstrasies en protesaksies teen die arrestasie in Duitsland van een van president Paul Kagame se top beamptes.

Voertuie het deur die hoofstad Kigali gery en ‘n regeringsverklaring uitgelees oor luidsprekers dat regeringskantore teen 14:00 dal sluit en ‘n oproep gedoen op staatsamptenare om by die optog aan te sluit.

“Dit is ‘n optog om teen die arrestasie van mev. Rose Kabuye te protesteer” het die boodskap gelui.

Kabuye, die president se hoof van protokol, is in Duitsland gearresteer onder ‘n Franse lasbrief vir haar beweerde betrokkenheid in die sluipmoord op Rwanda se vorige president. Die insident word wyd beskou as die katalisator wat die 1994 volksmoord in Rwanda begin het.

как подобрать расширительный бак для системы отоплениялобановский александр

Ekonomiese krisis knou internasionale kunsmark erg

Image‘n Groot veiling van meesterstukke het min kopers gehad, wat bevestig het dat die globale finansiële krisis die kunsmark hard getref het.

Die veilingkamer by Christie’s in New York was baie bedeesd terwyl 85 stukke impressionistiese en moderne kuns onder die hamer beland het, met 44% van die items wat nie kopers gekry het nie.

Daar is wel nog geld in die hoë kringe van internasionale kunsversamelaars, maar nie soveel soos wat ’n jaar gelede ernstige bieëry tot gevolg gehad het, met hoë pryse en groot winste vir die verkopers nie.

Christopher Burge, wat die veilig bestuur het, het gesê “ons is duidelik wêreldwyd in ‘n moeilike tyd”.

Een van die top items, Pablo Picasso se surrealistiese “Deux personanages (Marie-Therese et sa soeur lisant) watvan 1934 dateer, het $18 miljoen gehaal, die laer vlak van die voorveilingskatting wat so hoog as $25 miljoen geraam is.

Van die werke wat wel verkoop het, het 11% vir meer as hulle geskatte waarde gegaan.

Een van die werke was Juan Gris se “Livre, pipe et verre” wat in 1915 geskilder is en $20,8 miljoen gehaal het. Die geskatte prys was $12,5- tot $18,5 miljoen gewees.

“Improvisation” deur Wassily Kandinsky, die ekspressioniste meester, het vir $17 miljoen verkoop, terwyl skatting die prys tussen $15- en %20 miljoen geplaas het.

Ander groot werke wat na verwagiting goed sou doen het ook baie teleurstellend gedoen op die veiling.

Die skildery, “Pont d’Argenteuil et la Seine” deur Gustave Caillebotte het vir $8,4 miljoen verkoop, nader aan die lae skatting vir sy prys. ‘n Giacometti standbeeld van drie stokkiesfigure het vir $11,5 miljoen verkoop waar die verwagtinge die prys op $14 miljoen geplaas het.

Maandag het die teenstaanders Sotheby’s ook ‘n moeilike verkoping ervaar van die impressioniste en moderne werke.         

купить футболку для девочки без рисункалобановский александр

Nuwe Volkskongres wen blykbaar veld in KZN

Image

Terror Lekota

Die nuwe Volkskongres (VK) beweer dat hulle in KwaZulu-Natal, ‘n sterk deel van Zuma se steunbasis, begin om veld te wen.

 

“Meer senior kamerade van KwaDukuza gaan na verwagting vandag by die VK aansluit”, het provinsiale koördineerder Nhlanhla Buthelezi gesê.

Voormalige eThekwini-ANC-lede, Phillip Mhlongo en Sphelo Nkinkqa, het ook ‘n nuwe politieke tuiste gevind by die VK, wat gelei word deur voormalige ANC-voorsitter Mosiuoa Lekota en Voormalige Gauteng-premier Mbhazima Shilowa.

Buthelezi het gesê dat die ANC besig is om sy monopolie op die Suid-Afrikaanse politiek te verloor.

“Rome is aan die brand en die vuur is onhoudbaar. Óf mens tref voorsorgmaatreëls om jou lewe te beskerm, óf mens sterf hulpeloos in wanhoop, onherkenbaar.”

“Die regerende party het vryheid, demokrasie en regspreking geweldig bedreig.”

Intussen het SAPA berig dat Fikile Mbalula, ‘n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, gister gesê het “dat die ANC steeds wag vir die ware leiers van die nuwe party om hulle gesigte te wys.”   

как правильно пломбировать зубФільчаков прокурор

ANC kla oor SABC

Die nuwe ANC-leierskap het die SAUK die leviete voorgelees, aldus media verslae.


SABC se uitvoerende beamptes is na Luthulihuis geroep om daar aan die ANC-leier hulle skynbare politieke vooroordeel te verduidelik, het die Sunday Independant gister gesê.

“Ons wil nie die SABC as ‘n ANC-mondstuk hê nie, ons wil hê hulle moet objektief wees in die dekking van die hele Suid-Afrika” het Jessie Duarte, woordvoerder van die ANC volgens die koerant gesê.

“Ons het sake aangespreek, byvoorbeeld die dekking van Jacob Zuma, wat of hy of van landbou of ekonomie praat, gewys word waar hy buite die hooggeregshof in Pietermaritzburg dans” het sy bygevoeg.

Verlede week het die Progressiewe Jeug Alliansie (PJA) wat organisasies soos die ANC jeugliga en jong kommuniste liga insluit, die SAUK daarvan beskuldig dat hulle die ANC-splinterparty ondersteun met hulle verslaggewing.

“Die PJA wil sy kommer lug oor die SABC se uitsaai van ‘n advertensie deur Terror Lekota, wat politiek van aard is, en wat die ANC-geleide alliansie en sy leierskap aanval” het die verklaring gelui.

Die PJA het Snuki Zikalala, die nuushoof by die SAUK uitgesonder as sou hy agter die veldtog wees om die regerende party te laat sleg lyk.

“Ons kan nie dat die Shikota span en Zikalala die SABCvir hulle eie persoonlike en politieke oogmerke aanwend nie” is daar verder gesê.

Dit is nie die eerste keer dat die SABC van politieke bevooroordeeldheid beskuldig word nie.

Gedurende die Nasionale Konvensie, het UDM-eier, Bantu Holomisa uit ‘n lewendige uitsending uitgeloop, toe dit onderbreek is deur die vertoon van ‘n ANC-saamtrek in Soweto.

Die DA het ook die SABC al beskuldig van pro-ANC uitsendingsvoorkeure.              

архитектурное светодиодное освещениеОлександр Васильович Фільчаков

‘Babaplase’ in Nigeri

Bure was agterdogtig oor die stilte wat oor die algemeen geheers het by ‘n geboortekliniek, behalwe saans, wanneer daar tekens van lewe was, maar hulle het nooit vermoed dat die plek in die geheim babas geteel het om te verkoop nie.

Onlangse polisieklopjagte het ‘n hele netwerk sulke klinieke, ook bekend as “babaplase” of “babafabrieke” in die pers oopgevlek, wat mense nou dwing om van nuuts af na mensehandel in Nigerië te kyk .

By die hospitaal in Enugu, ‘n groot stad in Nigerië  se suid-ooste, is 20 tienermeisies gered toe polisie in Meimaand toegeslaan het op wat vermoedelik een van die grootste mensehandelsindikate in dié Wes-Afrika land was.

Die dubbelverdieping gebou in ‘n stowwerige straat in Enugu se Uwanidistrik, staan nou verlate, toegemaak.

Bure het aan AFP gesê dat hulle iets bisar gevind het aan die plek, waar daar bedags byna geen aktiwiteit was nie.

Die dokter wat aan beheer was en nou aangekla word, het na bewering swanger tienermeisies gelok na die kliniek met beloftes dat hy sal help met aborsies.

Dan is hulle daar opgesluit tot hulle babas gebore is, waarna hulle gedwing is om die babas op te gee vir ‘n bedrag van ongeveer 20 000 naira ($170).

Die babas is dan verkoop vir enige iets tussen 300 000 en 450 000 naira ($2500 en $3800) elk, volgens ‘n staatsliggaam wat teen mensehandel in Nigerië optree, die Nasionale Agentskap vir Voorkoming in Mensehandel (NAVMH).

Die ginekoloog, wat klaarblyklik in sy 50's is, se geluk het gedraai toe ‘n vrou aan wie hy ‘n dagoud baba verkoop het deur die Nigeriese sekuriteit en burgerlike verdedigingsdiens (NSBVD) gevang is toe sy die baba oor die grens na Lagos wou neem.

Statistiek oor die voorkoms van die teel van babas om te verkoop is moeilik beskikbaar, maar anti-mensehandelgroepe sê dit is wydverspreid en word deur goedgeorganiseerde sindikate beheer.

“Ons glo dat die voorkoms van die verskynsel baie wyer is as wat ons van weet” het Ijeoma Okoronkwo, hoof van NAVMH gesê.

“Dit het reeds ‘n tyd lank gebeur, maar ons  het nie geweet nie. Die eerste indikasie wat ons gekry het was in Desember 2006, toe ‘n NRO ons laat weet het dat babas verruil word vir kontant, en dat ‘n paar hospitale daarby betrokke was” het sy aan AFP gesê.

Rituele met heksere blaas ook die babahandel aan, maar kenners beweer dat ander motiewe van meer belang is.

Gemeenskappe is steeds negatief jeens kinders wat buite die huwelikgebore is, en kinderloosheid in ‘n huwelik word steeds as ‘n vloek vir vroue beskou.               

игр детскиеДанильченко Юрий Харьков

SAOG-vredesmagte dalk na DRK

Suider-Afrika is gereed om hulp aan die vredesmagte in die DRK te stuur, en ook om vredesmagte te stuur, het die hoof van die streeksblok Sondag gesê.

Tomaz Salomoa, voorsitter van SAOG het aan verslaggewers gesê dat die streek versoeke vir ‘n vuurstaking  en die daarstelling van ‘n humanitêre korridor steun.

“SAOG behoort onmiddellik hulp aan die gewapende magte van die DRK te verleen” het hy gesê, toe hy die byeenkoms se verslag gelees het.

“SAOG sal nie toesien dat destruktiewe dade van geweld deur gewapende groepe gepleeg word nie….en sal indien nodig vredesmagte stuur” het hy gesê.

Salomoa het gesê dat ‘n militêre adviesspan onmiddellik in DRK ontplooi gaan word om die DRK se gewapende magte te help, en dat ‘n militêre span  gestuur gaan word om die situasie te evalueer om te bepaal watse hulp daar nodig is.

‘n Militêre moniteringskomitee gaan ook gestuur word om die grens van Kongo met Burundi, Rwanda en Oeganda te monitor.

Salomoa het gesê dat die DRK se gewapende magte hulp moet kry om die land se soewereiniteit en streeks ntegriteit te beskerm.

Hy het gesê dat die streek die VN gaan vra om die mandaat van sy vredesending, bekend as MONUC, uit te brei, aangesien hulle nie toegelaat word om aktief deel te neem aan skermutselings in die DRK nie.

“Ons posisie is dat ons die sekretarisgeneraal van die VN gaan versoek om die mandaat en verwysingsraamwerk van MONUC te verander” het Salomoa gesê.

“Kom ons wag en sien hoe die optrede en gedrag van MONUC op die grondvlak is, waarna ons verdere besluite kan neem oor die ontplooiing van vredesmagte in die SAOG-streek. Ons is wel bewus daarvan dat ons ‘n tragedie in die gesig staar, en dat tyd nie aan ons kant is nie” het hy gesê.

Salomao het berigte ontken dat Angolese soldate reeds in die DRK ontplooi is, maar het gesê dat hulle vinnig ingestuur kan word.

“Indien nodig sal hulle vinnig ingestuur kan word, gebaseer op die verslag wat deur die militêre kenners ingedien word” het hy gesê.

“Die sekuriteitsituasie in die DRK affekteer die vrede en stabiliteit in die SAOG en Groot Mere gebied” het hy gesê.

Pro-regerings soldate is in gevegte betrokke met rebelle van die Nasionale Kongres vir die Verdediging van die Mense NKVM wat gelei word deur die wegbreek Tutsi-generaal, Laurent Nkunda.

Die VN en humanitêre groepe het gesê die laaste rondte gevegte het 253 000 mense ontwortel sedert September en ten minste 100 dood gelaat.     

happy townалександр лобановский харьков

ANC se gunstelingsangeres sterf

Miriam Makeba, die Suid-Afrikaanse sangeres wat in haar loopbaan 'n simbool vir haar swart landgenote geword het in die stryd teen apartheid, is na wat berig word op 76-jarige ouderdom oorlede.

Die Ansa-nuusagentskap berig Makeba het gesterf nadat sy siek geword het ná 'n konsert vir die skrywer Roberto Saviano – wat al deur die Mafia met die dood gedreig is – naby Napels.

Sy is na 'n kliniek in Castel Volturno geneem waar sy weens 'n hartaanval dood is.

Makeba is op 4 Maart 1932 in Johannesburg gebore. online casino noАлександр Фильчаков прокурор

Ons het baie stemme nodig, s? Zuma

ANC president, Jacob Zuma, het ‘n vierdaaagse besoek aan die Wes-Kaap afgesluit met ‘n byeenkoms by Langa Stadion.

Zuma, wat in Engels en Zoeloe gepraat het, het die skare van sowat 2000 mense wat na hom gaan luister het aangemoedig om volgende jaar in groot getalle op te daag vir die verkiesing.

“Dit is belangriker as enige ander tyd, gegewe die uitdagings wat almal in die gesig staar” het Zuma gesê.

Zuma het gesê dat die ANC besluite geneem het wat 'n groter getalleoorheersing sal nodig hê om te implementeer.

Met ‘n klaarblyklike verwysing na die ANC-wegbreekparty het hy herhaal dat die party politieke uitdagings in die gesig staar.

Die ANC-leier het op Donderdag in die Wes-Kaap aangekom en die laaste vier dae gespandeer aan sogenaamde “openbare gesprek”, wat hom onder andere na Mitchells Plein  en die Paarl geneem het.

медицинскую справкулобановский александр дочь