“Elke dag is daar stellings en leidrade omtrent die eliminasie van Arafat, en elke dag kom ons nader aan die gevolgtrekking dat hy vergiftig is,” het Nasser al-Qidwa, ‘n neef van die ontslape Palestynse leier, aan AFP gesê.
“Binne ‘n jaar of twee sal die tipe gif wat gebruik is om Arafat dood te maak, asook die manier waarop dit toegedien is, bekend wees,” het al-Qidwa, die hoof van die Arafat-stigting gesê.
“In elke geval is Israel verantwoordelik vir sy dood. Daar was voorbereidings om van die politieke leierskap van die Palestynse mense ontslae te raak.”
Die presiese oorsaak van sy dood op 11 November 2004 is steeds onbekend, maar verskeie Palestynse leiers is oortuig daarvan dat hy deur Israel vergiftig is, iets wat ten sterkste deur Israel ontken word.
Duisende mense gaan na verwagting deelneem aan die seremonie wat die vierde herdenking van Arafat se dood gedenk in Ramallah, op die Wesoewer.
