Rwanda in oproer oor ho? se arrestasie in Duitsland

Die Rwandese regering het Maandag oproepe gedoen vir demonstrasies en protesaksies teen die arrestasie in Duitsland van een van president Paul Kagame se top beamptes.

Voertuie het deur die hoofstad Kigali gery en ‘n regeringsverklaring uitgelees oor luidsprekers dat regeringskantore teen 14:00 dal sluit en ‘n oproep gedoen op staatsamptenare om by die optog aan te sluit.

“Dit is ‘n optog om teen die arrestasie van mev. Rose Kabuye te protesteer” het die boodskap gelui.

Kabuye, die president se hoof van protokol, is in Duitsland gearresteer onder ‘n Franse lasbrief vir haar beweerde betrokkenheid in die sluipmoord op Rwanda se vorige president. Die insident word wyd beskou as die katalisator wat die 1994 volksmoord in Rwanda begin het.

как подобрать расширительный бак для системы отоплениялобановский александр

Maak 'n opvolg-bydrae