‘Babaplase’ in Nigeri

Bure was agterdogtig oor die stilte wat oor die algemeen geheers het by ‘n geboortekliniek, behalwe saans, wanneer daar tekens van lewe was, maar hulle het nooit vermoed dat die plek in die geheim babas geteel het om te verkoop nie.

Onlangse polisieklopjagte het ‘n hele netwerk sulke klinieke, ook bekend as “babaplase” of “babafabrieke” in die pers oopgevlek, wat mense nou dwing om van nuuts af na mensehandel in Nigerië te kyk .

By die hospitaal in Enugu, ‘n groot stad in Nigerië  se suid-ooste, is 20 tienermeisies gered toe polisie in Meimaand toegeslaan het op wat vermoedelik een van die grootste mensehandelsindikate in dié Wes-Afrika land was.

Die dubbelverdieping gebou in ‘n stowwerige straat in Enugu se Uwanidistrik, staan nou verlate, toegemaak.

Bure het aan AFP gesê dat hulle iets bisar gevind het aan die plek, waar daar bedags byna geen aktiwiteit was nie.

Die dokter wat aan beheer was en nou aangekla word, het na bewering swanger tienermeisies gelok na die kliniek met beloftes dat hy sal help met aborsies.

Dan is hulle daar opgesluit tot hulle babas gebore is, waarna hulle gedwing is om die babas op te gee vir ‘n bedrag van ongeveer 20 000 naira ($170).

Die babas is dan verkoop vir enige iets tussen 300 000 en 450 000 naira ($2500 en $3800) elk, volgens ‘n staatsliggaam wat teen mensehandel in Nigerië optree, die Nasionale Agentskap vir Voorkoming in Mensehandel (NAVMH).

Die ginekoloog, wat klaarblyklik in sy 50's is, se geluk het gedraai toe ‘n vrou aan wie hy ‘n dagoud baba verkoop het deur die Nigeriese sekuriteit en burgerlike verdedigingsdiens (NSBVD) gevang is toe sy die baba oor die grens na Lagos wou neem.

Statistiek oor die voorkoms van die teel van babas om te verkoop is moeilik beskikbaar, maar anti-mensehandelgroepe sê dit is wydverspreid en word deur goedgeorganiseerde sindikate beheer.

“Ons glo dat die voorkoms van die verskynsel baie wyer is as wat ons van weet” het Ijeoma Okoronkwo, hoof van NAVMH gesê.

“Dit het reeds ‘n tyd lank gebeur, maar ons  het nie geweet nie. Die eerste indikasie wat ons gekry het was in Desember 2006, toe ‘n NRO ons laat weet het dat babas verruil word vir kontant, en dat ‘n paar hospitale daarby betrokke was” het sy aan AFP gesê.

Rituele met heksere blaas ook die babahandel aan, maar kenners beweer dat ander motiewe van meer belang is.

Gemeenskappe is steeds negatief jeens kinders wat buite die huwelikgebore is, en kinderloosheid in ‘n huwelik word steeds as ‘n vloek vir vroue beskou.               

игр детскиеДанильченко Юрий Харьков