“Meer senior kamerade van KwaDukuza gaan na verwagting vandag by die VK aansluit”, het provinsiale koördineerder Nhlanhla Buthelezi gesê.
Voormalige eThekwini-ANC-lede, Phillip Mhlongo en Sphelo Nkinkqa, het ook ‘n nuwe politieke tuiste gevind by die VK, wat gelei word deur voormalige ANC-voorsitter Mosiuoa Lekota en Voormalige Gauteng-premier Mbhazima Shilowa.
Buthelezi het gesê dat die ANC besig is om sy monopolie op die Suid-Afrikaanse politiek te verloor.
“Rome is aan die brand en die vuur is onhoudbaar. Óf mens tref voorsorgmaatreëls om jou lewe te beskerm, óf mens sterf hulpeloos in wanhoop, onherkenbaar.”
“Die regerende party het vryheid, demokrasie en regspreking geweldig bedreig.”
Intussen het SAPA berig dat Fikile Mbalula, ‘n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, gister gesê het “dat die ANC steeds wag vir die ware leiers van die nuwe party om hulle gesigte te wys.”
