SABC se uitvoerende beamptes is na Luthulihuis geroep om daar aan die ANC-leier hulle skynbare politieke vooroordeel te verduidelik, het die Sunday Independant gister gesê.
“Ons wil nie die SABC as ‘n ANC-mondstuk hê nie, ons wil hê hulle moet objektief wees in die dekking van die hele Suid-Afrika” het Jessie Duarte, woordvoerder van die ANC volgens die koerant gesê.
“Ons het sake aangespreek, byvoorbeeld die dekking van Jacob Zuma, wat of hy of van landbou of ekonomie praat, gewys word waar hy buite die hooggeregshof in Pietermaritzburg dans” het sy bygevoeg.
Verlede week het die Progressiewe Jeug Alliansie (PJA) wat organisasies soos die ANC jeugliga en jong kommuniste liga insluit, die SAUK daarvan beskuldig dat hulle die ANC-splinterparty ondersteun met hulle verslaggewing.
“Die PJA wil sy kommer lug oor die SABC se uitsaai van ‘n advertensie deur Terror Lekota, wat politiek van aard is, en wat die ANC-geleide alliansie en sy leierskap aanval” het die verklaring gelui.
Die PJA het Snuki Zikalala, die nuushoof by die SAUK uitgesonder as sou hy agter die veldtog wees om die regerende party te laat sleg lyk.
“Ons kan nie dat die Shikota span en Zikalala die SABCvir hulle eie persoonlike en politieke oogmerke aanwend nie” is daar verder gesê.
Dit is nie die eerste keer dat die SABC van politieke bevooroordeeldheid beskuldig word nie.
Gedurende die Nasionale Konvensie, het UDM-eier, Bantu Holomisa uit ‘n lewendige uitsending uitgeloop, toe dit onderbreek is deur die vertoon van ‘n ANC-saamtrek in Soweto.
Die DA het ook die SABC al beskuldig van pro-ANC uitsendingsvoorkeure.
