Paris Hilton, die Amerikaanse sosiale vlinder, het haarself verdedig as 'n redder wat inkopies doen vir 'n groter saak in taai ekonomiese tye.
In Sydney, Australië, die gasheer vir 'n eksklusiewe Nuwejaarsdanspartytjie, het die 27-jarige erfgenaam van die Hilton-hotelfortuin vandeesweek erge kritiek uitgelok met haar inkopie-uitstappie, waarin sy in 40 minute sowat 5 560 Australiese dollar geblaas het.
Plaaslike welsynsorganisasies het haar van genadelose oordadigheid beskuldig, maar Hilton het haar uitgawes verdedig.
"Ek is in Australië, ek dink dit is belangrik om uit te help weet jy, die ekonomie hier, orals ter wêreld," het sy aan verslaggewers voor haar nuwejaarsfunksie gesê.
"En wat is fout daarmee om bietjie inkopies te doen? Dit is Nuwejaar, en ek het 'n rok nodig vir die Nuwejaarsfunksie."
Die waarnemende Australiese eerste minister, Julia Gillard, wat Dinsdag ondervra is gedurende die perskonferensie, het die sosiale vlinder geloof daarvoor dat sy Australië se waarde as 'n mode- en inkopiebestemming raaksien.
"Ek het gehoor dat 'n politikus dit gesê het," het Hilton gesê, "en ek het gedink dat dit nogal oulik en baie waar is."
Hilton gaan deur die partytjie se promotors 100 000 Australiese dollar betaal word vir haar verskyning in Sydney en het belowe om in die loop van die geleentheid voor middernag vir 'n paar veranderings van kostuum te sorg.

'n Taxibestuurder is Dinsdag doodgeskiet in Primrose, Germiston in wat polisie glo 'n voorval voortslepende taxigeweld was.
'n 45-jarige man het na bewering sy ma met 'n assegaai vermoor in Willowvale, Queenstown, het die Oos-Kaapse polisie Dinsdag gesê.