'n Taxibestuurder is Dinsdag doodgeskiet in Primrose, Germiston in wat polisie glo 'n voorval voortslepende taxigeweld was.
'n Polisiewoordvoerder, kaptein Owen Mlumbi, het gesê gewapende mans het in 'n voertuig langs die taxi ingetrek en die bestuurder (50) doodgeskiet en twee passasiers gewond.
Die passasiers is in die hospitaal opgeneem.
Mlumbi het gevra dat enige iemand wat inligting het omtrent die skietvoorval met die naaste polisiestasie in verbinding tree.
